Die NG Kerk in 2022

Hier volg ‘n opsomming van die belangrikste gebeure in die NG Kerk in 2022.

Vrystaatse Sinode (8-10 Mrt)

Die Vrystaat se streeksinode vir 2022 vind plaas van 8 tot 10 Maart 2022.

  1. SGV: Die sinode wil nie ‘n verslag goedkeur wat sê dat selfdegeslagverbintenisse as sonde beskou word nie.
  2. Artikel 37: Daar word nie oor Artikel 37 gestem nie.
  3. Teologiese opleiding: Die sinode bevestig sy vertroue in die Teologiese fakulteit van die Universiteit van Vrystaat en besluit om die kontrak met nog vyf jaar te hernu.
  4. Vraelys aan dosente: Pieter Prinsloo vra dat die Vrystaatse Sinode versoek dat teologiese dosente ‘n vraelys beantwoord oor hulle teologiese sieninge. Daar word besluit dat Pieter die Algemene Kuratorium in sy persoonlike hoedanigheid moet nader daaroor.

Kyk Vrystaat Sinode 2022.

Stefan de Klerk bevestig by NG gemeente Bloubergstrand

Stefan de Klerk, ‘n homoseksuele proponent, word op 13 Maart 2022 in NG gemeente Bloubergstrand as predikant bevestig.

Kyk Stefan de Klerk.

“Queering the prophet” konferensie

Van 16-18 Maart 2022 bied dosente van die teologiese fakulteit van Stellenbosch ‘n konferensie aan waar profete van die Bybel deur ‘n queer lens beskou word. Hierdie maak heelwat opslae in die media en bied ‘n geleentheid aan behoudendes in die NG Kerk om te wys dat die teologiese fakulteite nie meer teologies vertrou kan word nie.

Kyk Opsomming: Queering the prophet conference, Stellenbosch 2022.

Johannes du Plessis in die media

Leslie van Rooi van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika (VGK) breek ‘n lansie vir Johannes du Plessis, ‘n dwaalleraar in die NG Kerk in die 1900’s. Van Rooi is verbonde aan die Universiteit Stellenbosch en verdedig ook die teologiese opleiding wat predikante ontvang. Hierna volg heelwat briewe in die media. Kyk Só kan NG Kerk by Pienk Piet leer (31 Mrt 2022)

Namibiese Sinode (17-19 Mrt)

Tydens die Namibiese Sinode (17-19 Maart 2022) word besluit dat indien die leierskap van die NG Kerk nie binne die volgende ses maande ‘n vaste voorneme gee om bepaalde besluite van die Algemene Sinode te herroep nie, sal die Namibiese Sinode haar band met die Algemene Sinode losmaak.

Op 16 en 17 Mei 2022 besoek afgevaardiges van die Namibiese Sinode die ASM. Die ASM besluit om nie op die Namibiese Sinode se ultimatum ag te slaan nie.

Kyk Namibië sinode 2022.

Andrew Murraypryse

Die volgende mense ontvang Andrew Murraypryse:

  • Louis Jonker, Jan Botha en Ernst Conradie vir hulle boek, Die Bybel in fokus: Hoe om gelowig én denkend te lees.
  • Andries van Aarde vir sy boek, Jesus, Paul and Matthew.
  • Laurie Gaum vir die fasilitering van werksessies oor menslike seksualiteit.

Kyk Gaum, Smit wen Andrew Murray-pryse (18 Apr 2022).

Noord-Kaaplandse Sinode (9-13 Mei)

Tydens die Sinode van Noord-Kaapland (9-13 Mei 2022) blyk dit duidelik dat die sinode hulle skaar by die Algemene Sinode. Alhoewel daar besluit word om met die algemene sinode in gesprek te tree om die oorsake te identifiseer wat “hartseer en verdeeldheid veroorsaak het”, is dit duidelik dat daar geen begrip is vir die teologiese dwaaling in die NG Kerk nie.

Kyk Sinode Noord-Kaapland 2022.

CRCA breek alle bande met NG Kerk

In Mei 2022 besluit die sinode van die CRCA (Christian Reformed Churches of Australia) om alle bande met die NG Kerk en die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika te verbreek weens hierdie kerke se standpunte oor homoseksualiteit.

Kyk CRCA breek alle bande met die NG Kerk.

Droom Scenario 2030

In Die algemene sinode se sterwensbegeleiding van die NG Kerk (23 Mei 2022) vra ds Dubois du Toit (snr) die vraag of daar ‘n konneksie is tussen die NG Kerk se Droom Scenario 2030 en die VN se “2030 Agenda for Sustainable Development”. Hy spekuleer ook dat hierdie konneksie moontlik die NG Kerk se besluite kon beïnvloed het. Hierdie artikel het ‘n hele paar reaksies tot gevolg gehad.

Algemene Kuratorium: verdagmakery op sosiale media

Die Algemene Kuratorium en die ASM keur ‘n protokol goed vir die hantering van vrae en navrae oor teologiese opleiding in die NGK. Die doel van hierdie protokol is om predikante en ampsdraers van die NGK te verbied om sosiale media-platforms te gebruik om veralgemeende, nadelige en verdagmakende berigte oor Teologiese Opleiding te publiseer.

Kyk Teologiese Opleiding: Só maak mens voorts met navrae (27 Mei 2022) wat ook ‘n lys artikels bevat wat hierop reageer.

Johan Retief word ateïs

Soos Ben du Toit in Oktober 2020 gemaak het, maak Johan Retief met die boek Die Slegte Nuus van die Evangelie. Sy boek ontlok heelwat reaksie in die media in Junie 2022.

Kyk Johan Retief, wat ‘n lys bevat van al die artikels oor die aangeleentheid.

Goudland sinode (21-22 Jun)

Die Goudlandse sinode hou ’n spesiale sinodesitting van 21-22 Junie. Daar is drie punte waarop besluit moet word:

  1. Keur artikel 37 goed
  2. Keer die besluit van 2015 en die verklaarde geskil in 2019, om.
  3. Doen niks.

Daar word besluit om niks te doen nie. Dus geld die Goudlandse sinode se besluit van 2015 steeds: dat selfdegeslagverhoudings nie Bybels verantwoordbaar en aanvaarbaar is nie. Die leergeskil van 2019 met die algemene sinode staan ook steeds.

Kyk Sinode Goudland 2022.

Familiebyeenkoms van behoudende gereformeerde kerke en lidmate (20-21 Jul)

Die Kairos Netwerk reël ‘n byeenkoms vir die Familie van gereformeerde gemeentes (FGG) (20-21 Julie 2022)

Kyk Byeenkoms van Familie van Gereformeerde Gemeentes Julie 2022.

Oostelike sinode (1-2 Aug)

Die Oostelike Sinode (1-2 Augustus 2022) besluit om ’n nuwe streeksinode/kerk te bedink wat moontlik in 2024 formeel tot stand sal kom indien die AS by sy sitting in 2023 met ’n tweederdemeerderheid goedkeuring verleen. Hierdie nuwe tuiste sal bestaan “in assosiasie met Oostelike Sinode”.

Kyk Oostelike Sinode 2022.

Wêreldgemeenskap van Gereformeerde kerke open ‘n permanente kantoor by Vatikaan

Die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde/Hervormeerde Kerke (WCRC) sal ‘n permanente kantoor in Rome open om dialoog en samewerking met die Rooms-Katolieke Kerk te versterk. Dit volg nadat hulle in 2017 ‘n gesamentlike verklaring oor die regverdigmakingsleer onderteken het.

Kyk:

Verklaring van die dagbestuur van NG Kerk se Algemene Sinode

Op 12 Augustus reik die dagbestuur van die NG Kerk se Algemene Sinode ’n verklaring uit waarin hulle die Kairos Netwerk (weereens) van verdagmakery beskuldig.

Kyk Verklaring van die dagbestuur van NG Kerk se Algemene Sinode (12 Aug 2022).

Formulier vir selfdegeslagverbintenisse

Op 17-19 Mei 2022 besluit die ASM dat die opdrag om die formulier vir selfdegeslagverbintenisse te skryf nie uitgevoer kan word nie, aangesien die Algemene Sinode nie ’n prinsipiële besluit ten gunste van SGVs geneem het nie, maar ‘n prosesbesluit. Na heelwat debat in die openbare media, publiseer Hennie Pienaar ’n voorgestelde formulier.

Kyk Opsomming: NGK oor formulier vir selfdegeslagverbintenisse.

Noordelike Sinode (16-20 Okt)

Die Noordelike Sinode wys geensins begrip vir dolerendes nie. Kyk Noordelike Sinode 2022.

Hoëveld Sinode (18-20 Okt)

Alhoewel die Hoëveld Sinode meer tyd daaraan afstaan om oor die Algemene Sinode se 2019-besluit te praat, is daar min hoop dat daar begrip is vir dolerendes. Kyk Hoëveld Sinode 2022.

ASM vergadering (Nov)

Na afloop van ‘n ASM-vergadering (algemene sinodale moderamen) verskyn die volgende artikel in Kerkbode:

Nagmaal saam met homoseksueles

Onlangs het die NG Kerk as ‘n gebaar van versoening ‘n paar homoseksuele mense genooi wat “seergekry” het in die NG Kerk. ‘n Totaal van 20 mans en vroue het vir vier dae in die jubileum-saal in Wellington bymekaar gekom vir “besinning, heiligdom en rus”. Die enigste kriteria was dat persone teologie gestudeer het en hulle ’n roepingsverhaal moes hê in die NG Kerk. Die NG Kerk het almal se koste gedek. Dit is onseker wie die geleentheid gereël het, maar Louis van der Riet het die geleentheid help koördineer. Tydens die geleentheid is ook nagmaal saam gevier. Die gayvlag is oor die nagmaaltafel gedrapeer. Die volgende mense het onder andere die geleentheid bygewoon: Louis van der Riet, Michelle Boonzaaier, Laurie Gaum (?), Pieter Oberholzer, Lulani Vermeulen, Hennie Pienaar en Charlene van der Walt.

Kyk NGK reik hand na gay geestelikes wat nie roeping kon uitleef (14 Nov 2022).

Beplande Koinonia Sinode

In ’n Kairos Netwerk nuusbrief (14 Nov 2022) word aangekondig dat ’n Koinonia Sinode vir behoudendes beplan word voor die volgende Algemene Sinode van 15-20 Oktober 2023.

Namibiese Sinode stel artikel 37 uit

Op 22 November 2022 besluit die moderamen van die Namibiese Sinode om die besluit oor artikel 37 uit te stel tot ná die Algemene Sinode in Oktober 2023. Kyk Moderamen van Namibiese Sinode stel Artikel 37 uit.

Legitimasiediens

In die Wes-Kaap is die legitimasiediens vir afgestudeerde teologiese studente weereens gebruik om kerkeenheid te bevorder. Kyk Legitimasiediens: NGK en VGK, 30 Nov 2022.

Aprilgekgrap van 2016 herleef

‘n Aprilgekgrap in 2016, waarin Dan Roodt valslik beweer het dat die NG Kerk poligamie ingestel het, herleef. Kyk Uit Gustav se pen: Reaksie op ‘kwaadwillige’ kettingbrief wat op sosiale media versprei word (8 Des 2022) en #Aprilgrap2016

Nuwe gelegitimeerdes

22 nuwe gelegitimeerdes word bekend gemaak. Kyk Nuwe gelegitimeerdes 2022.

Jaaroorsig

Christina Landman sluit die jaar af met die artikel Jaaroorsig: Die kerk soek ’n sterk stem na Covid-19 (27 Des 2022).

Die NG Kerk in 2021 Die NG Kerk in 2023

1 thought on “Die NG Kerk in 2022”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui