Vrystaat Sinode 2022

Die Vrystaat se streeksinode vir 2022 het plaasgevind van 8 tot 10 Maart 2022.

Hier volg ’n kort opsomming van die sinode:

8 Maart 2022

Op die eerste dag word Jan Lubbe verkies as voorsitter (moderator):

’n Verslag oor selfdegeslagverbintenisse word bespreek. Daar word besluit om ’n taakspan aan te stel om met Vrystaatse gemeentes in gesprek te tree oor losmaking met die Algemene Sinode.

Ferdie Mulder het die volgende video gemaak oor die feit dat Jan Lubbe verkies is as voorsitter:

9 Maart 2022

Kerkbode reik die volgende twee videos uit:

Johan Janse van Rensburg en Juanita Meyer kry die geleentheid om hulle saak te stel oor die Vrystaatse teologiese fakulteit, beter bekend as xxxx:

Die volgende video is ook gespeel tydens die sinode:

10 Maart 2022

Die Vrystaat Sinode besluit om die Algemene Kuratorium te versoek om ’n vraelys van besorgdes in ontvangs te neem, waarop alle dosente die geleentheid kry om op deursigtige wyse te antwoord op vrae van besorgdes:

Die kans dat daar iets hiervan gaan kom is nie baie nie.

11 Maart 2022

Nadat die stof gaan lê het, het Jan Lubbe in ’n onderhoud op 18 Maart 2022 aangedui dat hy baie positief is oor die afgelope sinode:

Opsomming van belangrike besluite

  1. SGV: Die sinode wil nie ’n verslag goedkeur wat sê dat selfdegeslagverbintenisse as sonde beskou word nie. Daar word besluit om ’n “meer gebalanseerde” taakspan aan te stel om voor September 2022 ’n nuwe voorstel te maak.
  2. Artikel 37: Daar word nie oor Artikel 37 gestem nie. Daar word besluit dat daar verder aan ’n verslag gewerk word wat na gemeentes en ringe vir bespreking verwys moet word, met terugvoering na die moderamen voor September vanjaar.
  3. Teologiese opleiding: Die sinode bevestig sy vertroue in die Teologiese fakulteit van die Universiteit van Vrystaat en besluit om die kontrak met nog vyf jaar te hernu. Dit word met ’n sterk meerderheid goedgekeur.
  4. Vraelys aan dosente: Pieter Prinsloo vra dat die Vrystaatse Sinode versoek dat teologiese dosente ’n vraelys beantwoord oor hulle teologiese sieninge. Daar word besluit dat Pieter die Algemene Kuratorium in sy persoonlike hoedanigheid moet nader daaroor.

Kyk ook

Op 30 September 2022 stuur die Vrystaatse Sinode die volgende kommunikasie uit na aanleiding van die besluit om gemeentes te besoek om losmaking met die Algemene Sinode te bespreek:

In November 2022 besoek ’n taakspan die Vrystaatse gemeentes. Die volgende verslag word ingedien voor die besoeke:

Op 18 April 2023 besluit die Vrystaatse sinode oor die uitvoering van artikel 37:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui