Stefan de Klerk

Stefan de Klerk is die derde homoseksuele proponent wat in ’n NG gemeente aangestel is sedert 2019. Die twee persone voor hom was Louis van der Riet (17 Februarie 2019) en Philipp Dietmann (14 Julie 2019). Stefan is op Sondag, 13 Maart 2022 as predikant by NG gemeente Bloubergstrand bevestig.

Tydens sy studentejare het hy tydens die “Liefde is liefde”-demonstrasie by die Teologiese Fakulteit Stellenbosch in Augustus 2018 ‘n prominente rol gespeel.

Hier volg ’n kort onderhoud met hom op kykNET:

‘n Mens kom maar net elke keer weer terug by die gedagte: daar is dinge waarmee elke mens sukkel. Kan mens dit nou sommer net so aanvaar en die Bybel anders interpreteer daaroor? Nee. Ons het die verantwoordelikheid om teen versoekings weerstand te bied en daarteen te veg asof dit ’n saak tussen lewe en dood is (Hebreërs 12:4).

Kyk ook

2 thoughts on “Stefan de Klerk”

  1. Stefan de Klerk is ’n ongelooflike mens en sal so ook ’n ongelooflike predikant maak.

    1. En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid! Het Jesus nie die leraars van sy tyd bestraf met die woorde nie, julle lyk goed aan die buitekant, maar binne is julle so wit soos grafstene. Vir elke kind van God sê ek nou, loop uit daai kerk, want God het nie daai man, Stefan de Klerk aangestel om sy kudde te lei nie. Los jou sonde, vlug van seksuele onreinheid, want God is heilig, en sonder heilgmaking sal niemand die aangesig van God sien nie of die koningkryk van God binnegaan nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui