5 thoughts on “Kontak ons”

  1. dankie weer vir al jou insette Daniel
    ek is maar n man wat n spade n spade noem
    van die inhoud wat ek lees oor al die “goeters” van die ds. en kerke veral die ngk ontstel my baie !!
    groetnis

  2. Nee, ek sien nou wie op bladsy 1 vra om “attent gemaak te word” – dis seker u, Daniel Louw. Baie dankie dat mens minstens weet met wie jy praat. Die Here seën u

  3. Daniel,
    Ons in die Gereformeerde Kerk is baie bekommerd oor die pad wat die NGK loop.
    Die NG Kerk was altyd die groot kerk en het ‘n belangrike plek ingeneem.
    U uiteensetting van wat in die kerk gebeur was baie ondersteunend.
    Ons hoop en bede is dat daar weer ‘n refomesie kan intree,.

    1. Dries, my opinie is dat die NGK onomkeerbaar is. Dit sal slegs omdraai as die tydsgees in die wêreld draai. Ek sien nie dit gebeur nie. My raad is: Leer uit die NGK se foute en moenie dat dit ook in die GKSA gebeur nie.

  4. *Titel: Want daar sal ‘n tyd wees*

    2 Timoteus 4:3-4 – “Want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar omdat hulle jeukerige ore het, vir hulleself ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeertes; en hulle sal die waarheid verwerp en hulle tot fabels wend.”

    Efesiërs 6:12 – “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van hierdie duisternis, teen die geestelike magte van boosheid in die hemelse geweste.”

    Matteus 24:24 – “Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan en groot tekens en wonders doen om, indien moontlik, selfs die uitverkorenes te mislei.”

    Kolossense 2:8 – “Pas op dat niemand julle as buit wegdra deur filosofie en leë misleiding volgens die oorlewering van mense, volgens die elemente van die wêreld en nie volgens Christus nie.”

    Jakobus 4:4 – “Julle egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.”

    Daar is tans ‘n Nuwe Narratief Netwerk (ook bekend as The Great Reset) aan die werk in die wereld. Die Kerk, en baie van die bedienaars van God se Woord, is grootliks onbewus hiervan. Hulle sien die simptome maar mis die oorsaak en daarom die teenmiddel of medisyne ook. Die sg Great Reset streef daarna om nuwe raamwerke te skep en te versterk wat vreemde waardes en perspektiewe beliggaam, en sodoende die diskoers van sowel gelowiges as ongelowiges in ‘n meer kommerwekkende rigting stuur. Diskoers klink dalk soos ‘n formele of komplekse term, maar dit verwys eintlik na die manier hoe ons kommunikeer en gesprekke voer, veral oor bepaalde onderwerpe of idees; soos die huwelik of ouerlike gesag. Narratief en diskoers is twee woorde wat dikwels gebruik word as ons praat oor stories, gesprekke, en hoe mense kommunikeer, maar hulle beteken nie heeltemal dieselfde ding nie.
    ‘n Narratief is eintlik net ‘n ander woord vir ‘n storie of ‘n vertelling.

    Die impak van die Great Reset op die internet narratief dra al wrange vrugte. Dit lei die burgerlike samelewing om die alledaagse beleefde werklikheid op ‘n vooraf bepaalde manier waar te neem, te organiseer, en daaroor te kommunikeer. Dit word gedoen met ‘n doel wat dikwels nie waargeneem word sonder ‘n kontekstueel relevante hoër gesag nie. Daardie gesag is God se Woord, wat op subtiele maniere ondermyn word, al vir dekades lank, sonder dat ons dit besef. Ons het ‘n gevaarlike blindekol ontwikkel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui