Lys van NG gemeentes wat hulle verband met die algemene sinode opgeskort het

Die volgende gemeentes het hulle verband met die algemene sinode opgeskort:

  1. Tafelberg (Kaapstad, Wes-Kaapland) – 22 Jun 2023
  2. Leeuwberg (Vrystaat) – 14 Aug 2023
  3. Vanstadensrus (Vrystaat) – 16 Nov 2023
  4. Kestell (Vrystaat) – 3 Des 2023
  5. Kempton Krag (Kemptonpark) – 5 Des 2023
  6. Mooifontein (Kemptonpark) – 17 Des 2023
  7. Die Strand (Wes-Kaapland) – 18 Jan 2024
  8. Hluhluwe (Natal) – 6 Feb 2024
  9. Eendracht (Hoëveld) – 20 Feb 2024
  10. Goedehoop (Hoëveld) – 26 Feb 2024
  11. Karatara en Sedgefield (Wes-Kaapland) – 11 Mrt 2024
  12. Goedgegun (Swaziland) – 5 April 2024
  13. Charl Cilliers (Hoëveld) – 14 April 2024

Die hele streeksinode van Namibië het ook op 8 November 2023 hulle verband opgeskort.

Bron

2 thoughts on “Lys van NG gemeentes wat hulle verband met die algemene sinode opgeskort het”

  1. Dit bly my pla dat die een gemeente na die ander in die NGK van dolering na vrymaking gaan deur die weg van opskorting van verband, sonder enige poging om na ‘n Ring in Streeksinode Suidwes-Afrika te skuif, en eers dan gesamentlik (eerder as independendisties) en ordelik (in grootste moontlike hoeveelheid) tot afstigting (eerder as opskorting) oor te gaan. Nou sien ek Streeksinode Suidwes-Afrika het reeds 8 November verlede jaar ook verband opgeskort, met die gevolg dat met die uitsondering van die eerste twee gemeentelike opskortings (Tafelberg-Kaapstad en Leeuberg-Bloemfontein) al die ander vrymakings nie die opsie van aansoek vir skuif na ‘n Ring in Streeksinode Suidwes-Afrika gehad het nie. My vermoede is dat die Koinonia Kategoriale Sinode dit duidelik gestel het na Tafelberg-Kaapstad se vrymaking, dat gemeentelike opskorting van verband die beste medisyne is. Die beredenering lyk steeds erg independentisties (elke gemeente op sy eie) enersyds, en andersyds halfhartig (opskorting eerder as afstigting) wat die proses van uiteindelike afstigting in breedste moontlike beweging ten beste vertraag en ten slegste kortwiek.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui