Opsomming: NGK oor formulier vir selfdegeslagverbintenisse

Tydens die NG Kerk se algemene sinode van 2019 word besluit om ruimte te maak vir selfdegeslagverhoudings (SGVs).

As deel van hierdie besluit word ook besluit dat ATLAS (Algemene Taakspan Leer en Aktuele Sake) ’n formulier sal ontwikkel hiervoor:

10. Die Algemene Sinode dra dit aan ATLAS op om ’n formulier te ontwikkel vir die bevestiging van burgerlike verbintenisse tussen persone van dieselfde geslag.

Op 4 Julie 2020 skryf Henrietta Klaasing die volgende brief:

Ongeveer ’n maand later (30 Jul 2020) stuur Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, ’n skrywe uit waarin gesê word dat predikante nou by die Departement Binnelandse Sake aansoek kan doen om homoseksuele huwelike te bevestig.

Kyk ook die volgende artikels wat hieruit voortgevloei het:

Ongeveer ’n jaar later word weer oor hierdie aangeleentheid berig:

Agt maande later, op 17-19 Mei 2022[1] besluit die ASM in Johannesburg dat die opdrag om die formulier te skryf nie uitgevoer kan word nie, aangesien die Algemene Sinode nie ’n prinsipiële besluit ten gunste van SGVs geneem het nie, maar ’n prosesbesluit.

Hierop volg heelwat kritiek van beide liberales en behoudendes.

Op Sondag, 9 Oktober 2022 stel Hennie Pienaar ’n formulier voor:

Voetnotas

[1] Dit is ook tydens hierdie ASM vergadering waarby die Namibiese Sinode hulle saak gaan stel het oor die dwalinge in die NG Kerk. Hulle is egter onverrigter sake daar weg: Kyk Namibië-span vlieg na SA : Maratongesprek om eenheid te behou.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui