Baraminologie

Baraminologie is ‘n wetenskaplike veld waarin wetenskaplikes probeer vasstel watter spesies behoort tot dieselfde geskape soorte wat God gemaak het.

Die sekerste toets of verskillende diere tot dieselfde geskape soort behoort is wanneer die diere kan voorplant. Byvoorbeeld, ‘n perd en ‘n donkie kan nakomelinge verwek wat beteken dat ‘n perd en donkie van dieselfde soort is.

Twee van elke soorte op die ark

Let daarop dat daar slegs twee diere van elke geskape soort op Noag se ark was behalwe die rein diere en (sekere) voëls.

Genesis 7(2)Van al die rein diere moet jy sewe pare, manlik en vroulik, saamvat en van al die onrein diere net een paar, manlik en vroulik. (3)Ook uit die voëls moet jy sewe pare, mannetjies en wyfies, saamvat. Dit moet jy doen om al die soorte op die hele aarde aan die lewe te laat bly.

Al die verskillende diere wat ons vandag aantref, het deur middel van natuurlike seleksie (deur mikro-evolusie) tot stand gekom.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui