Rapport werp lig op godsdiensstryd

Kyk ook:

*******

Rapport werp lig op godsdiensstryd | Rapport

31 Maart 2024

Dr. Bernhard Ficker, Somerset-Wes, skryf:

Toe ’n vorige briefskrywer verwys het na die Stellenbosse dominee wat tydens ’n preek Die Bybel én Rapport opgehou het vir die gemeente, het ek gedink dis eienaardig en miskien onvanpas. Maar hoe meer ek Rapport lees, hoe meer besef ek hoe nodig Rapport is vir die gewone gelowige se godsdiens-insig.

In Die Bybel lees ons van die Waarheid, maar in Rapport lees ons van die stryd om die Waarheid; van broers wat ’n vasgelopenheid met mekaar ervaar wanneer hulle hulself teen Die Bybel vasloop en dan met mekaar bots; van dominee-susters wat God wil hergender tot moeder-God; van dolerendes en dwalendes en regsinniges en vrysinniges; van ’n valse kerk en ’n ware kerk; en dan nog die klomp valse profete wat almal wil opkommandeer sodat hulle op hul geld beslag kan lê met valse en on-Bybelse beloftes.

Dan is daar insiggewende skrywes soos dié van ds. Helgard Janse van Rensburg wat vir Neels Jackson reghelp met ’n “Neels, Ek was daar . . .”. En die berigte oor Koinonia wat die NGK van dwaalleer wil red.

Sonder Rapport sou die lewe maar baie vaal wees en die gewone lidmate maar oningelig, want op plaaslike kerkvlak word maar min van al hierdie botsings en geredekawel oor Die Bybel gehoor. Lank leef Rapport!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui