Die Slegte Nuus van die Evangelie (Johan Retief)

Kyk ook:

Hier volg inligting oor die volgende boek:

Titel: Die Slegte Nuus van die Evangelie

Subtitel: My reis na verlossing

Outeur: Johan Retief

ISBN: 9781776172061

Voorwoord: Ben du Toit en George Claassen

Oor die boek

In die boek worstel Johan Retief met die teodiseevraag: Hoe kan ’n almagtige, liefdevolle God toelaat dat boosheid bestaan?

Omdat daar volgens hom geen bevredigende antwoord op hierdie vraag is nie, kom hy tot die gevolgtrekking dat daar nie ’n skeppergod bestaan nie.

In die boek beskryf hy sy “reis na verlossing sonder ’n god”.

Vir antwoorde hierop, kyk:

Oor die outeur

Johan Retief is op Montagu gebore (1951) en getoë. Hy verwerf sy doktorsgraad in die teologie in 1984 onder prof. Willie Jonker aan die Universiteit Stellenbosch. Hy doseer dogmatiek en etiek in Malawi en Bybelkunde aan die UWK en bedien gemeentes op Swellendam en in Bellville (tussen 1978 en 1989).

Met sy teologiese studies begin hy krities dink en verskeie geloofsaspekte bevraagteken. Hy verlaat die bediening en betree die wêreld van die joernalistiek. Hoogtepunte was:

  • Dosent aan die Departement Joernalistiek by US (2000 en 2001) en
  • Nasionale Persombudsman 2009 – 2019

Kyk ook

Vir ’n lys van artikels wat in die media gepubliseer is oor hom, kyk

 

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui