Die NG Kerk in 2023

Hier volg ‘n opsomming van die belangrikste gebeure in die NG Kerk in 2023.

Jan: Peter Nagel skuldig aan leerdwaling

Dr Peter Nagel, ‘n teologiese dosent by die Universiteit van Stellenbosch, verbonde aan die NG Kerk word tydelik geskors oor ‘n artikel waarin hy Jesus se Godheid bevraagteken. Minder as ‘n jaar later (in Desember 2023) word sy predikantsbevoegdheid herstel.

Kyk Opsomming: Peter Nagel aangekla vir leerdwaling.

28 Feb: ASM vergadering

Die Algemene Sinode Moderamen (ASM) van die NG Kerk vergader vanaf 28 Feb tot 3 Mar 2023. Daar is geen teken dat behoudendes in die NG Kerk tegemoed gekom gaan word nie. Die ATR erken ook nie die beplande Koinonia Sinode nie.

Hier volg ‘n paar berigte daaroor:

Mrt: Piet Strauss – homoseksualiteit is ‘n randkwessie

In ‘n onderhoud met Kerkbode se redakteur, Le Roux Schoeman, sê Piet Strauss, vorige moderator van die NG Kerk: “Ek sou sê dat dit nie ‘n kernsaak is nie en om daaroor kerk te skeur sou regtig ‘n bietjie dwaas wees.” – kyk ’n Oggend by prof Piet Strauss (71): Oor taak, groepsgevoel en die individu (15 Mrt 203)

18 Apr: Vrystaat besluit oor Artikel 37

Op 18 April vind Vrystaat se buitengewone sinodesitting plaas. Daar word besluit om soos Namibië te maak en eers weer met die algemene sinode in gesprek te tree in Oktober 2023.

Apr: Boek – Kerk met die verkeerde baas

Dr Gerhard Mahne publiseer sy boek Die kerk met die verkeerde baas.

3-4 Mei: Koinonia Sinode

Kairos Netwerk se Koinonia Sinode vind plaas van 3 to 4 Mei in Vanderbijlpark. Die mees betekenisvolle besluit wat geneem word is dat die ASM weer versoek gaan word om in mediasie te gaan (die ASM het dit reeds voorheen van die hand gewys). Oor die uitkoms wat bereik wou word met so ‘n proses was die leierskap vaag.

8-12 Mei: Sinode van Wes-Kaapland

Die Sinode van Wes-Kaapland vir plaas van Maandag 8 Mei tot Vrydag 12 Mei. Daar word besluit om die Algemene Sinode in Oktober later die jaar te versoek om artikel 44 van die kerkorde te wysig sodat die belydenis van Belhar as ‘n vierde belydenisskrif aanvaar kan word.

11 Jun: Die Strand in gesprek met Wes-Kaaplandse kerkleiers

Op Sondag 11 Junie 2023 vind ‘n gemeentegesprek by Die Strandgemeente plaas tussen lidmate van die gemeente en die moderatuur van die Wes-Kaaplandse sinode. Kyk Die Strand in gesprek met Wes-Kaaplandse kerkleiers (11 Jun 2023)

22 Jun: Tafelberg tree uit NG-verband

Op 22 Junie 2023 besluit Tafelberg gemeente om uit die NG Kerkverband te tree.

Aug: Leeuwberg tree uit NGK

Soos NG gemeente Tafelberg, tree nog NG gemeentes uit die NG-verband:

  • NG gemeente Leeuwberg
  • Ses gemeentes van die Ring van Standerton
  • Strandgemeente skort verbande op met die Ring en Wes-Kaap Sinode hangende die uitkomste van die Algemene Sinode gedurende Oktober 2023

Wat dit presies behels is op hierdie stadium nog nie duidelik nie. Kyk:

Aug: ASM sê nee vir mediasie

Tydens die Koinonia Sinode (3-4 Mei 2023) is besluit dat die Algemene Sinode Moderamen (ASM) versoek gaan word tot ‘n proses van mediasie. Indien die ASM nie sou instem nie, sou die burgelike hof selfs genader word.

In Augustus vergader die ASM en besluit om nie die versoek tot mediasie toe te staan nie.

Aug: ASM praat oor aborsie en intergodsdienstige verhoudings

Tydens die ASM-vergadering word gepraat oor aborsie en intergodsdienstige verhoudings. Geen besluite word geneem nie. Kyk Aborsie en etiese vrae: Klem sal weer op gesprek eerder as besluite val by Algemene Sinode in Oktober.

Okt: Algemene Sinode

As deel van die agenda van die algemene sinode verskyn ‘n verslag van ATLAS waarin gesamentlike aanbidding aanbeveel word.

2023 NGK homoseksuele besluit: Daar word steeds ruimte gelaat vir selfdeslagverhoudings, maar gemeentes kan nou aansoek doen om by ander streeksinodes aan te sluit.

Kyk ook Algemene Sinode 2023.

Nov: Boek – Die geestelike noodtoestand in die kerk

Kobus Visser, ook medeskrywer van Die Trojaanse Perd in die NG Kerk (2010), publiseer die boek Die geestelike noodtoestand in die kerk.

Nov: Namibië tree uit kerkverband

Op 8 November tree Namibië uit die verband met die NG Kerk. Kyk NGK Namibië besluit om moontlik uit kerkverband te tree (8 Nov 2023).

RSG onderhoude

Die volgende RSG-onderhoude vind plaas:

Die NG Kerk in 2022 Die NG Kerk in 2024

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui