God skep self die evolusie-proses

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

BRIEWE | God skep self die evolusie-proses | Rapport

Sondag, 21 April 2024

A.S. Alberts, Knysna, skryf:

Die Akademia-professore sê dat hulle evolusie aanvaar. In daardie geval moet hulle aanvaar dat ons drie en ’n half miljard jaar gelede vanuit ’n enkele sel deur middel van natuurlike seleksie geëvolueer het. Mettertyd het ons sagte organismes soos wurms geword, later skelette gekry, en finaal ontwikkel in die magdom dierspesies, plantspesies en biologiese vorms.

Dit alles het gebeur deur toevallige mutasies, natuurlike seleksie van die sterker vorms wat beter aangepas was. Dit is suiwer evolusie, die vindingryke proses van die natuur om ons te skep.

As jy die proses aanvaar, kan jy as ’n evolusionis beskryf word en die proses is evolusionisme. Dis suiwer wetenskap.

Indien jy glo dat evolusie totaal op sy eie gedrewe was, dan is jy ’n ateïstiese evolusionis.

Indien jy glo dat God op ’n manier betrokke was sonder om elke nou en dan in te spring om ’n nuwe spesie te skep en daardeur die natuurwette breek, dan is jy ’n teïstiese evolusionis.

Toe God die heelal geskep het, het hy die aarde ryklik bedeel met alles wat nodig is om spontaan lewe te skep en deur die proses van evolusie vir ons te skep.

Ons hoef nie elke nou en dan by God te gaan aanklop om in te spring en die situasie te red deur self die DNS te vervaardig en mutasies te dryf nie.

Kommentaar

Daniel Louw

Eerstens meng Albert Alberts mikro-evolusie en makro-evolusie.

Tweedens is dit ‘n fout om te sê dat makro-evolusie suiwer wetenskap is. Dit kan nie waargeneem word nie. Kyk Operasionele vs historiese wetenskap

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui