Magspel kelder teologiese gesprek oor die NGK

Kyk Koinonia en die NGK: Skeuring is al oplossing (Daniel Louw, 4 Apr 2024) wat op die artikel hieronder reageer.

Inhoud

*******

Magspel kelder teologiese gesprek oor die NGK | Netwerk24

Jan Greyvenstein, Bloemfontein

27 Maart 2024

Met die praktiese deel van Daan Nortier se brief “Gesprek, nie hof, enigste oplossing vir kerktwis” (25.03) stem ek volmondig saam.

Sy siening is: “. . . litigasie is futiel. Dit verdiep die skeur, is onbetaamlik duur (gegewe lidmate se bydraes betaal daarvoor) en los niks op nie. Dit veroorsaak bitterheid.”

Hoe waar is dit nie!

Die NG Kerk is na my beskeie mening, as ’n dolerende (treurende) lidmaat in ’n groot gemors. Soos wat ek die Koinonia-debat in die koerante volg, word dit vir my dag ná dag duideliker dat hier geen soeke na ’n oplossing onder die huidige algemene sinodale moderamen is nie.

Daan Nortier stel gesprek voor. Ek stem saam. Maar gesprek kan net plaasvind waar daar met integriteit deur albei partye ’n werklike soeke is om ’n probleem op te los. En dit is hier waar my simpatie met die Koinonia-groepering groei.

Ek het oor ’n tydperk van twee jaar, in ’n saak waarin my belang hoegenaamd nie figureer nie, my bes gedoen om met ds. Jan Lubbe, in sy hoedanigheid as moderator van die Vrystaatse sinode, sinvolle gesprekke te hê in ’n poging om ’n bepaalde Vrystaatse NG Kerk-verwante onreg reg te stel.

Oor die onreg wat plaasgevind het, was hy dit met my eens. Ten spyte daarvan het Lubbe, wat ek 41 jaar ken en in wie se gemeente ek was, géén ooreenkoms of belofte nagekom nie. Uiteraard kan ek dit bewys deur middel van WhatsApp-boodskappe en e-posse.

Die modus operandi van die NG Kerk is tans die volgende, soos ook in verskillende skrywes na vore kom: Vertraag die proses so ver as moontlik. Win duur regsadvies in, want jy betaal nie self nie. Hou duur lekgotlas in eksotiese bestemmings met professionele fasiliteerders, want liggelowige lidmate betaal. Hou almal aan ’n lyntjie. Die oomblik wat iemand jou aanvat, word jy die ewigdurende slagoffer, neem jy kennis en “betreur die inhoud, trant en implikasies daarvan” en belowe om later volledig te reageer. Dit gebeur net nooit nie. Lubbe en sy vertrouelinge se optrede wek vrae.

Die enigste verloorder is die NG Kerk as instituut. Van Christenskap is hier nie sprake nie, ook nie van ’n teologiese gesprek nie, maar net van ’n magspel.

Jy is reg, Daan Nortier, dit veroorsaak net bitterheid en ’n diepe aversie.

*************

Jan Greyvenstein se Facebook plasing

Jan Greyvenstein het die volgende op Facebook, 31 Maart 2024, geplaas:

Tot voor 24.03.2024 en die publisering van my brief Magspel kelder teologiese gesprek oor die NG-kerk, in Volksblad se briewekolom, het ek my in die media uit lands-en kerk politiek gehou. Die oomblik wat ek bogenoemde brief toe op my Facebook bladsy plaas, was daar interessante reaksie. Die reaksie van Jan Lubbe se swaer, Charles Smith, bekroonde joernalis van Media 24 en Nuusredakteur van Volksblad, nogal, was insiggewend en ‘n uitsonderlike bonus. Sonder dat hy hom van enige feite vergewis het, soos ‘n goeie joernalis seker sou betaam, het hy my onmiddellik verguis en op verskillende maniere begin beledig. Sy woorde:

“Hierdie is absoluut kleinlik, kleingeestig en selfs meer as dit. Ook totaal onwaar. Ek het lanklaas suiwer regse haat gesien en dit van ‘n regsman wat van beter moet weet… Jy is ‘n openbare verskoning verskuldig, Jan. Dit is werklik swak smaak” en dan in reaksie op Johan Vorster se plasing: “Hierdie is beslis inkriminerend en dit van ‘n regsman. Die brief drup van kleinlikheid. Regses wil slegs praat as hulle self op die agenda plaas, verder knou, konkel en skinder hulle” Op sy eie Facebook-muur het hy laat waai met “Fascisme kom in baie vorms. Die vlieg moet eers die eier lê sodat die wurm kan uitbroei. Dit begin altyd met kleiinlikheid (sic), nydigheid en word iets groter en uiteindelik neem die wurm die lyf oor. Die rugstekers en afbrekers begin mekaar opsteek. Een so stukkie kleinlikheid is ‘n brief vandag waar die kleinlikheid deur ‘n gesiene persoon jou verstom laat. Dis dan Trump daardie-in suiwer Afrikaans” Sy suster Hanneke Lubbe, tweede vrou van Jan Lubbe skryf “Kleinlik, kwetsend en naar – dis hoe gesiene mense ander aanval. Verstommend… “waarop Chrales Smith antwoord: “Hanneke Lubbe Ek is absoluut woedend oor die brief. En die ou is hier op my Facebook. Skaamteloos.”

Ek het in verbasing weer my Volksblad-brief aandagtig gaan lees. Regtig? Regse haat? Fasicme? Kleinlikheid? Hoe kon die progressiewe Volksblad dan so ‘n walglike brief in die eerste plek plaas? In sy haas om my ten alle koste te diskrediteer het Charles Smith alle etiese en joernalistieke reëls verkrag. Maak hy toe wilde aannames op ‘n saak waar hy duidelik geen idee het wat aangaan nie. So leer ons almal toe ook vir Charles Smith, die befaamde nuusredakteur, beter ken. Hy en die pastoriemoeder spoel hul mond uit terwyl hulle géén idee het waaroor alles gaan nie. Prof Fanie Snyman, voorheen van die teologiese fakulteit, betreur toe my “persoonlike aanval” op Jan Lubbe en vind my opsomming van die NG-kerk se modes operandi “eensydig en oorvereenvoudig”. Ek het prof Snyman op Facebook geantwoord. Hy het tot op hede nie daarop gereageer nie. Intussen dink ek dat dit ‘n goeie idee sal wees as Prof Snyman en ander kommentators hulself eers heeltemal op hoogte bring met die feite van die bepaalde aangeleentheid en die bepaalde rede waarom ek uit radeloosheid vir beide Jan Lubbe en die NG-kerk in die openbaar aanvat. Of is beide bo kritiek verhewe? As ewige optimis sal ek ook ex post facto ‘n verskoning aanvaar.

Ek gaan nou kortliks poog om die kwessie uiteen te sit. Om ‘n lesersbrief in ‘n koerant geplaas te kry is baie moeilik. Om binne 360 woorde jou standpunt so volledig te stel dat die brieweredakteur dit sal verstaan en ‘n mens darem ‘n boodskap deurstuur aan Jan alleman, is ‘n kuns opsigself. Uiteraard lê die kuns in so ‘n brief om reaksie te ontlok.

1. Dié saak handel oor Chris Erasmus. Hy was ‘n NG-kerk predikant en sy eerste gemeente was te Lady Grey (ongeveer 1997 -2009). Ons het sedert 1989 ‘n vakansiehuis aldaar en het sodoende hom goed leer ken aangesien ons elke maand ‘n diens van hom bygewoon het.

2. Hy het toe ‘n beroep na Dealesville aanvaar. Daar het sy huwelik ongelukkig op die rotse geloop. Daar is wyd in die media hieroor berig en dit was waarskynlik ‘n traumatiese gebeurtenis vir almal betrokke. Sy eksvrou was ‘n gewaardeerde kollega van my se dogter gewees.

3. In sy Dealesville tyd was hy ‘n paar keer by ons aan’t huis in Bloemfontein om Lady Grey mense se familie te ondersteun wat in die hospital was.

4. Gedurende COVID-19 kom Chris Erasmus een aand in 2020 by ons aan. Kwalik herkenbaar. So ontvou die feite. Op ‘n vraag wie agter die hele kwessie sit het hy aanvanklik gesê hy weet nie, want hy het so goed met al sy kollegas oor die weg gekom.

5. Met die tyd, met my aanmoediging en pertinente vrae, het hy egter agter die kap van die byl gekom. E-posse ontleed, opnames van kerkraadsvergaderings gekry ens.

6. Dit blyk toe dat daar ‘n wanvoorstelling deur een van sy kollega was wat ‘n e-pos verander het, en ‘n spul prosedurele foute in die Dealesville gemeente se kerkraadsvergaderings.

7. Ek nader toe vir Dr Dewyk Ungerer, aktuaris van die Algemene Sinode direk as ‘n besorgde lidmaat. Hy en Chris Erasmus was toe al vir ‘n geruime tyd ook in kommunikasie met mekaar.

8. In 2021 beveel Dr Dewyk Ungerer aan dat beide die Dealesville gemeente asook die ring van Bultfontein vir Chris Erasmus ‘n proses moet begin om vir Chris Erasmus in sy amp te herstel. Uiteraard gebeur daar niks.

9. Chris Erasmus nader toe later in 2021 die Vrystaatse Hooggeregshof met ‘n dringende aansoek om sy status te herstel. Die regter was egter van mening dat die saak weens die 3 jaar tydsverloop nie meer dringend was nie, en op die normale hofrol moet kom. Erasmus loop toe ‘n R142 000 kostebevel, danksy die liewe NG-kerk op die lyf. Hy betaal dit tans teen R2000 per maand af.

10. Met Jan Lubbe se aanstelling as Moderator van die Vrystaatse NG-kerk aan die begin van 2022 wens ek hom op my WhatsApp groep “Sake van die dag” geluk. Hy rig ‘n ope uitnodiging aan ons om sake op die groep met hom te bespreek. Ek dink hy het die kerk se huidige kwessies in gedagte gehad. Opportunisties nader ek hom toe met die Chris Erasmus-probleem.

11. Van die eerste vergadering in Lejit was daar konsensus dat Chris Erasmus so spoedig moontlik gehelp moes word. Ek het ook vir Jan Lubbe ingelig oor die beweerde bedrog en ernstige prosedurele tekortkominge wat daar in die proses was. My voorstel aan hom was om of die saak self te ondersoek of dit te laat ondersoek.

12. ‘n Maand of wat later in 2022 nader die kerk Chris Erasmus met ‘n colloquim doctum-aanbod. Dat sou hy bereid wees om weer deur die letigimasie proses te gaan, hy voor jaareinde geletigimeer kon word. Na onafhanklike gesprekke tussen hom en sy regspan en ook later met my, besluit Chris Erasmus dat hy bereid is om die minste te wees en weer die akademiese toetsing te deurloop.

13. Die plig is toe op die Vrystaatse sinode om ‘n akademiese afbakening aan Chris Erasmus te gee sodat hy kan voorberei vir sy 2022 letigimasie. Vandag 01.04.2024 is die afbakening steeds nie aan Chris Erasmus verskaf nie. Dit is een van die tipies Stalingrad-metodes wat die kerk in hierdie proses gevolg het.

14. Dr. Johann Nel, ‘n Hervormde predikant in diens van die Vrystaatse NG-kerk, stel ‘n sielkundige verslag op wat nie aan Erasmus of sy mentor, dr. Danie van Tonder, bekend gemaak word nie. Daarna versoek die kerk in 2023 ‘n tweede sielkundige mening. Madeleen Steenkamp bring toe ‘n positiewe verslag uit. Die Moderamen is egter steeds ontevrede en versoek ses konsultasies met Erasmus alvorens sy haar finale verslag skryf. Op 18.09.2023 vermeld sy: “Dit is my professionele aanbeveling dat Chris se bevoegdheid so gou moontlik herstel word, sodat hy weer sy lewe kan hervat en hierdie swaar ervaring agter hom kan sit. Die feit dat die hele proses so lank geneem het en gedraal het tot nou toe, is onmenslik en ek vra dat u asseblief dringende aandag daaraan skenk, om verdere trauma te vermy”.

15. Sedert die datum tot op hede is daar géén vordering met die saak nie.

16. Mbt my eie betrokkenheid kan ek net stel dat ek in Julie 2022 n skrywe aan Jan Lubbe gerig het, wat hy eers twee maande later op gereageer het. Wat n besige man. Ons het uiteindelike toe dit nou duidelik was dat Chris Erasmus se 2022 letigimasie ‘n hersenskim was, het Jan Lubbemop 24.11.2022 vir my by ons huis kom sien. Die slag was my goeie vrou ook teenwoordig gewees.

17. Die gesprek was so hartlik soos kan kom. Ons het oor geen aspek verskil nie. Inteendeel, Jan Lubbe het saamgestem dat daar “Buite die boks” gedink moet word aan n oplossing. Hy het my verseker dat hy Chris Erasmus se her-letigimasie ten volle ondersteun.

18. Hy noem toe dat die kerkorde vir hulle n probleem is. Ek stel dit toe aan hom dat dit die minste van hulle probleem is. Hulle huiwer nooit om regsonkostes aan te gaan nie, soos hierbo duidelik blyk, en kan dan die Hooggeregshof nader vir n verklarende hofbevel.

19. Die volgende dag som ek ons gesprek vir hom op en hy belowe om my teen Maandag 28.11.2022 te antwoord. Tot vandag toe het hy my nie geantwoord of selfs n verskoning of n rede daarvoor aangevoer nie. In ‘n professionele omgewing is dit onaanvaarbaar.

20. Nadat ons padgee uit die Berg-en-Dal gemeente het ek n brief aan drie van ons vriende gestuur wat enersyds die situasie uiteensit en andersyds ook ons onderneming om nooit in sosiale kontak met hulle aan enige gesprek oor Jan Lubbe deel te neem nie. Bloemfontein is n klein dorpie.

21. ‘n Gesprek tussen my en Jan Lubbe word toe deur een van die vriende gefasiliteer vir Sondag 09.12.2024 om 15:00. ‘n Ander vriend sou die gesprek medieer. Vrydagaand 07.12.2023 maak ek toe n fout om dokumente wat reeds in my en Jan Lubbe se besit was, soos Madeleen Steenkamp se sielkundige verslag asook Dr Ungerer se 2021 aanbeveling, ook aan die ander twee persone deur te stuur. In die regte en in onderhandelinge noem ons dit blootlegging. Saterdagaand omstreeks 22:15 onttrek Jan Lubbe toe eensydiglik uit die gesprek, en opper hy bepaalde besware vir die eerste keer.

22. Na deeglike besinning het ek in Februarie 2024 aan die fasiliteringsvriend dit gestel dat ek enige tyd sal praat, maar dat ek nie die gesprek tussen my en Jan Lubbe beëindig het nie en dat ek ander opsies soos die media oorweeg om die saak te berde te bring. Dit was dan die formele einde van die mislukte Desember 2023 gesprek.

Opsommend

1. Uit bogenoemde is ek van mening dat ek alles in my vermoë gedoen het om die saak in die gees van Christenskap, versoening en billikheid buite die media op te los.

2. Chris Erasmus is nou vir 6 jaar ‘n werklose man. Gedoem deur kollegas uit die NG-kerk. Dieselfde NG-kerk wat ‘n enorme predikante probleem het.

3. Jan Lubbe in sy hoedanigheid as moderator van die Vrystaatse NG-kerk, is nou vir twee jaar daarmee gemoeid. Hy is ook bewus van die ernstige beweringe van bedrog en onreëlmatighede, wat die aanvanklike proses vooraf gegaan het. Ek het hom geadviseer om die bedrog beweringe te ondersoek of te laat ondersoek. In terme van die King 4 verslag lê aanspreeklikheid vir hierdie hele proses ten minste vanaf 10.03.2022 nou net by Jan Lubbe. Ek is oortuig dat hier geen formele ondersoek plaasgevind het nie. En dan plaas dit Lubbe onmiddellik in ‘n baie slegte lig.

4. Die laaste gesprek tussen my en Jan Lubbe was op 24 November 2022 waar my vrou teenwoordig was. Sedertdien het hy my vermy. Selfs nie eers ons bedanking as lidmate van die NG-kerk Berg-en Dal gedurende Septeber 2023 kon hierdie groot leier beweeg om met ons in gesprek te tree nie. Is dit normaal? Of was die skuldige gewete te groot?

5. Dieselfde geld vir die gemeente. Ek verstaan dat ek vir hulle as lidmaat geen punte tel nie. My vrou het egter met toewyding haar plig as ouderling vervul. Dit plaas onmiddellik die gemeente in dieselfde kategorie as Lubbe. Of was haar teenkanting teen die Belhar belydenisskrif fataal? Lubbe duld nooit teenstand nie. Is Belhar ook Chris Erasmus se swart bal?

6. Ek het in my brief melding gemaak van die feit dat Lubbe beloftes en ooreenkomste verbreek het. Ek plaas hieronder die volledige WhatsApp kommunikasie tussen ons. Elkeen kan vir hom- of haarself besluit of dit so is al dan nie. Let asseblief op na my reaksietyd teenoor syne.

7. Interessantheidhalwe het Lubbe my by verskeie geleenthede aangemoedig om Chris Erasmus behulpsaam te wees. Hy het byvoorbeeld nooit dit aan my gestel dat ek nie locus standi het of eerder nie betrokke moes wees nie.

8. Ek het ongelukkig geen respek vir Lubbe oor nie. Soos blyk uit die aangehegte kommunikasie het ek hom deurgaans met respek hanteer tot ten minste September 2023. Daarna het ek my misnoë met hom in geen onduidelike taal uitgespreek. Kan iemand my kwalik neem? Ek het dit toe ook aan hom gestel dat hy eerder as Moderator moes bedank en my redes daarvoor verskaf.

9. As ek my eie ondervinding met hom as maatstaf moet gebruik, voorsien ek swarigheid vir almal wat met die NG-kerk of met hom moet onderhandel. Vandaar die vermelding van die Koinonia-groep.

10. Ek was deurgaans bereid gewees, om ter wille van Chris Erasmus, die minste te wees en weer te probeer praat. Lubbe wil duidelik sedert 28.11.2022 nie met my praat nie. Sedertdien sloer die hele Chris Erasmus kwessie onbepaald voort. Wanneer gaan die NG-kerk dit regstel?

11. Ek is steeds oop vir gesprek. Selfs met Jan Lubbe en enige professor of predikant. Tot tyd en wyl die kwessie met Chris Erasmus nie na behore opgelos is nie, gaan ek nie wegraak nie. Ek verwag erge persoonlike aanvalle van almal binne en buite die kerk. Veral die wat nie ‘n idee het waaroor die geskil gaan nie. Julle is welkom. Wys vir my julle Christenskap in aksie. Almal is so hulpverlenend teenoor die armes in die land. Is daar niemand in die NG-kerk wat ‘n gevoel oor het vir Chris Erasmus nie?

WhatsApp kommunikasie met Jan Lubbe tussen 10.03.2022 en 14.09.2023

Ek praat nou bykans 4 jaar met die NG-kerk oor die Chris Erasmus-kwessie. Hiervan twee jaar met tans die magtigste man in die NG-kerk, nl Jan Lubbe. Ek plaas my kommunikasie met Jan Lubbe in die tydperk 0.03.2022 tot 14.09.2023 om agtergrond te gee van die verloop van die gebeure

[2022/03/10, 22:45:18] Jan Greyvenstein: Chris Erasmus. 10.03.2022.docx • 1 page document omitted

Goeiemore Jan,

Weereens, baie geluk met jou verkiesing tot Moderator. Ek kan dink dat dit op ‘n persoonlike vlak, met inagneming van die verlede, vir jou besondere betekenis moet hê. Die nuus het my Dinsdag onverwags deur middel van die WhatsApp-groep bereik. Ek deel Kobus Schoeman se opmerking deur vir jou baie sterkte toe te wens. Dit is nie ‘n maklike werk en taak nie.

Ek is reeds vir ‘n geruime tyd in ‘n enorme stryd met myself oor die NG-Kerk gewikkel. Toe Chris Erasmus, een aand in 2020, na my en Sannette gekom het, as ‘n gebroke mens, was ek verstom. Soos die storie daarna ontvou het, het my wrewel en argwaan gegroei. Christen-kollegas?

Ons ken Chris Erasmus baie goed van die tyd toe hy leraar van die gemeente op Lady Grey was. Daar het ons beleef hoe ‘n toegewyde predikant hy is. Hy het daarin geslaag om die hele gemeenskap te bedien en te verenig, ongeag taal, kultuur of ras. Hy is ‘n uitstekende prediker, ‘n mens-mens en het vir ons en soveel ander, soos Johan Hattingh, op ‘n persoonlike vlak ontsettend baie beteken. Dit beteken egter nie dat ons noodwendig met al Chris se standpunte saamstem nie.

Ek is nie die wêreld se voorste Christen of lidmaat van die kerk nie. Ek probeer dit ook nie wees nie. Daar is ook ‘n goeie rede hoekom ek nie bereid is om ooit weer op ‘n kerkraad te dien nie. Uit ‘n predikant se oogpunt is ek derhalwe nutteloos. Ek HAAT egter onreg. Wanneer onreg en gewaande christenskap begin bedmaats word, raak ek buite myself. Dan begin lidmaatskap ‘n beginselsaak raak. Daar is niks in die lewe wat my meer irriteer as manipuleerders en skynheiliges nie. Veral dié met ‘n christelike hoed op.

Dit wat Chris se ringskollegas aan hom gedoen het, is onverskoonbaar en laakbaar. Ek verneem dat ds Johann Nel, van die Hervormde kerk nogal, besig is met mediasie. Ons ken hom ook en het soveel vertroue in sy integriteit. Chris Erasmus is uit sy amp bedrieg. Dit moet reggestel word. Basiese billikheidsbeginsels moet geld. Ek het ‘n groot probleem met ten minste een van die predikante. Om die bewoording van ‘n e-pos van Chris te verander en dan verder aan te stuur, is suiwer bedrog. Hier moet die gereg sy loop neem. Uit ‘n etiese perspektief moet ten minste een predikant deur die kerk (sinode?) geskors word, hangende ‘n interne en/of kriminele ondersoek. Die onreg wat hier gepleeg is, moet nou ook voor die deur gelê word van elkeen wat daarvan bewus was en anderkant toe gekyk het. Ek weet presies wie betrokke was.

In die regte moedig ons debat en gesprek aan. Spoedige hantering van die saak kan maak dat hy ten minste sy naam in die hoed kan gooi vir ‘n vakante leraarspos in Bloemfontein-Noordgemeente. Jy is nou in ‘n posisie om in een mens se lewe ‘n groot verskil te maak. Doen asseblief wat reg, billik en sekerlik christelik is. Die feit dat die saak hof toe geneem word, strek nie die NG-Kerk tot eer nie. Inteendeel. Verder beteken dit ook nie dat die aangeleentheid sub judice is en jy nie daarby betrokke kan of mag raak nie. In die regte sê ons altyd dat ‘n goeie skikking beter as ‘n hofsaak is.

Groete

Jan Greyvenstein

[2022/03/11, 07:28:02] Jan Lubbe: Jan, dankie. Ek laai af en sal lees; ek weet iets van die agtergrond, maar het nie alle inligting – sal dus opvolg met jou. Intussen, baie geluk ook met Wimpie se graad, ek is baie bly en dankbaar. Ons moet iewers gaan koffiedrink. Of wat van: Jou meningsgroep van selfstandige oud-dienende denkers kom een keer per maand byeen vir koffie?

[2022/03/11, 07:35:19] Jan Greyvenstein: Dankie, vir die reaksie en die gelukwensing met Wim. Waardeer. As iemand Chris se dilemma spoedig kan oplos is dit jy.

Ek drink graag koffie. Ons gaan volgende Vrydag vir n week weg.

[2022/03/25, 14:22:41] Jan Lubbe:

Op die blad van n Facebook vriend Amos van die Westhuizen die volgende:

Andries Venter “As kerk skop ons nie mense uit nie, juis die wat geval reik ons na uit en probeer herstel wat gebreek het” (met drie laggende emoji’s)

“Dis n goeie een ek moet hom onthou. Het jy nog sulke grappies in jou mou?”

Jan Greyvenstein: “Andries Venter ja swaer, watter kerk is jy? Die NG-kerk in die Vrystaat deel nie jou siening nie”.

Jan Lubbe: Jan, middag. Dis alweer Vrydag…Dalk is julle weg vir vakansie? Rus lekker. Iemand vestig my aandag op dié gesprek, en jou opmerking oor die NGK Vrystaat, en toe wonder ek hoe hoe ek dit moet verstaan” (Met n emoji)

[2022/03/25, 14:35:26] Jan Greyvenstein: Hallo Jan, ons is inderdaad met vakansie.

Met betrekking tot bogenoemde dink ek n letterlike uitleg sal werk. Die stelling: “As kerk skop ons mense nie uit nie” het betrekking. Chris Erasmus is op n bedrieglike wyse uitgeskop. Maw die teenpool van die ou se stelling bestaan tans in die Vrystaat.

Jy was nie deel daarvan nie. Ek hoop steeds ons kan praat. Ek hoop die “kerk” het n bietjie medemenslikheid ook. Ek is maar net teen onreg en skynheiligheid.

Miskien moet ek eerder die vraag vra: As die NG kerk in die Vrystaat bewus is van n onreg wat gepleeg is/word, hoe gaan daar uitgereik word om dit wat gebreek is te herstel?

Of verwag ek te veel?

[2022/03/25, 15:26:14] Jan Lubbe: Nee, Jan, dit is regso, ek stem saam. Het gewonder of jou opmerking Chris in gedagte gehad het. Dankie. Ons is besig om die “saak” te hanteer en kyk of ons deur mediasie by ‘n spoediger oplossing en herstel kan uitkom. Dalk moet ons in elk geval gaan koffiedrink wanneer jy (en ek, 4/4) terug is. Groete intussen, en rus goed.

[2022/03/25, 16:06:45] Jan Greyvenstein: Hallo Jan, ek is steeds in op ons koffie afspraak. Ons keer Sondag al ongelukkig terug. Ek is baie bly as julle die “saak” ondersoek. Ek skram nooit van konflik weg nie en doodgoeie logika dikteer dat daar gewoonlik ook goeie interne oplossings vir probleme gevind kan word.

Groete

[2022/06/11, 12:28:47] Jan Lubbe: Jan, dagsê. Ek hoop jy geniet ‘n rustige naweek. Is jul in Bloemfontein? Wou graag hoor of ons mekaar dalk Maandag of Dinsdag kon sien – Maandag tussen 12:00 en 14:00 is ek oop; Dinsdag 07:30-08:30 of 11:00-13:00… Ons het Woensdag vergadering vd dagbestuur van die Moderamen, waar ons Chris se herstel van bevoegdheid in konstruktiewe rigting wil stuur. Ek het jou perspektief en advies nodig, asb.

[2022/06/11, 14:18:07] Jan Greyvenstein: Hallo Jan, baie dankie. Dit klink positief. Dinsdag pas my die beste. Ek het nie n hofrol nie. Lejit? Groete Jan.

[2022/06/11, 14:19:34] Jan Lubbe: Regso. Dan 11:00 asb?

[2022/06/11, 14:19:50] Jan Greyvenstein: Heeltemal reg.

[2022/06/11, 14:20:10] Jan Lubbe: Dankie Jan.

[2022/06/11, 14:20:31] Jan Greyvenstein: Sien dan. Geniet die naweek. Groete

[2022/06/11, 14:20:56] Jan Lubbe: Daar ook.

[2022/06/15, 14:16:25] Jan Greyvenstein: Middag Jan, ek moet sê ek is verstom. Groete Jan

[2022/06/15, 14:25:56] Jan Lubbe: Hallo Jan. Ons moet asb weer praat.

[2022/06/15, 14:33:49] Jan Greyvenstein: Vanmiddag?

[2022/06/15, 14:46:24] Jan Greyvenstein: Niks maak sin nie.

[2022/06/15, 14:49:40] Jan Greyvenstein: Ek het in gister se gesprek net geluister.

[2022/06/15, 14:50:53] Jan Greyvenstein: In die hele sage sukkel ek om die element van “Christelikheid” te identifiseer.

[2022/06/15, 14:52:43] Jan Greyvenstein: Op die feitelike is daar bykans geen dispuut nie.

[2022/06/15, 14:53:48] Jan Greyvenstein: In effek bly n arme mens met uitmuntende eienskappe werkloos.

[2022/06/15, 14:54:41] Jan Greyvenstein: Hoekom wag vir Desember?

[2022/06/15, 14:56:41] Jan Greyvenstein: Hierdie is n siek besluit. Ek hoop jy het jou teenstem genotuleer.

[2022/06/15, 15:49:18] Jan Lubbe: Ons moet gesels. Bg. is nie korrek. Proses sou dadelik kon begin.

[2022/06/15, 15:55:04] Jan Greyvenstein: Jan, ek is bitterlik teleurgesteld. “Ons moet gesels” Wanneer?

[2022/06/15, 15:56:33] Jan Lubbe: Vrydag?

[2022/06/15, 15:56:51] Jan Lubbe: Ek bel jou later vanmiddag.

[2022/06/15, 15:58:25] Jan Greyvenstein: Ek is ongelukkig dan al weg vir die langnaweek. Ek moet net gou werkers betaal. Ek sal vanaf 17:00 gereed wees.

[2022/06/15, 17:10:24] Jan Lubbe: Kan ek skakel?

[2022/06/25, 19:05:21] Jan Lubbe: Geniet die reis na Oberammergau……. ✈️

[2022/06/26, 04:35:19] Jan Greyvenstein: Dankie, Jan. Vanaand Eisenach, môre Wittenberg…

[2022/06/26, 07:41:34] Jan Lubbe: Dink aan my in Wittenberg, wanneer jul in die Schlosskirche is…

[2022/07/30, 19:13:14] Jan Greyvenstein: Naand Jan, jammer om te pla. Ek het nou, op n Saterdag, twee oproepe van Lady Grey gekry ivm Chris Erasmus. Waar staan die proses? Kan ons verder praat? Groete Jan

[2022/07/30, 19:45:58] Jan Lubbe: audio omitted

Jan, ek hoop nie jy gee om dat ek n stemboodskap stuur nie. Ons het n bietjie gebraai en ek is nou te moeg om te tik so ek gaan sommer vir jou so…, goed Jan, Chris het vir my n brief van die kerkraad van Lady Grey gestuur waarin hulle nou bietjie verslag doen oor en uhm wat hy daar gedoen het en hoe hulle kontrak of verhouding of ooreenkoms nou ook met hom is. Hy moet ook n brief van die kerkraad Bloemfontein Noord waar hy ook n lidmaat is moet hy ook nog vir my gee en daarvoor wag ek nog. Ek en hy het vroeër die week vinnig oor en weer boodskappe verwissel so hy weet hy moet daardie brief vir my kry. Die 23ste Augustus dink ek, ek is nou nie seker nie, maar ek dink dit is daar rond die datum ontmoet die kuratorium se dagbestuur nou want kyk hy moet nou die colloquim doen en dan as ons die ander brief ook het kan die proses maar gewoon net die loop neem. Dit gaan nog n tydjie neem, want hy moet nou deur die proses hy moet nou die ouens wat die akademiese evaluering doen Deon- hulle sal nou ook met hom skakel maar ek wag nou vir die brief van Klipkerk af. So die oomblik wat ek dit het gee ek dit deur. Administratief kan die wiele rol en as ek dit nou nie mis het nie die 18de Augustus moet die ATP, die ouens wat bevoegdheid hanteer, en ons het reeds ook vir hulle geskryf oor Chris so, ja die proses is aan die loop. As daar iets anders is wat jy onder my aandag wil bring is dit goed, miskien net ook van my kant af en dit sê ek nou net teenoor jou, jy het in ons gesprekke ook opgemerk dat daar een of twee goed is wat jy nou nie noodwendig met Chris saamstem in terme van standpunte nie. As jy dit met my wil deel, dan kan ek dit ook ondervang, want daar gaan uiteindelik n finale gesprek met hom wees wat meer evaluerend sal wees maar dan is hy ten minste daarvan bewus. Intussen loop, of is dit veronderstel dat die pastorale proses loop by Dokter Johann Nel. Ek het nig nie weer daaroor, of daar afsprake was gehoor nie. Maar goed 23.08. behoort ek n goeie update te kry van al die fasette van die proses waar dit loop en trek. Ek probeer maar sover ek nou kan die papierspoor en sorg dat dokumentasie in plek kom. Orraait as daar nog iets is laat weet my maar. [ My notering- daar mag hier en daar n woord volgorde verkeerd wees]

[2022/07/30, 21:57:38] Jan Greyvenstein: Dankie, Jan. Klink goed. Mbt moontlike verskille: Ek dink nie dis noodwendig relevant nie. Wat ek eintlik stel is dat ek nie n klakkelose navolger is van Chris nie. As n vriend van hom sal ek, en het ek reeds, my opinie oor sekere kwessies gelug. In my en jou gesprek het ek ook een aangeraak. In breë verband werk Johann Nel ook met hom.

Ek het vanaand n lang gesprek met die hoofouderling in Lady Grey gehad. Soos sekerlik ook uit die brief aan julle blyk, is hulle baie tevrede met sy werk en die invloed wat hy op die gemeente het. Hulle ondersteun hom 100%. Ongelukkig is die predikante van Burgersdorp en Aliwal- Noord besig met n Ring-missie van hul eie. Iewers in NG- kerk geledere, onder sommige predikante, is daar ernstige skroewe los. Ek kry die idee dat christenskap 101 vir hul n vreemde konsep is, en dan raak dit vinnig donker.

Ek vertrou jou egter in die hantering van die kwessie in Vrystaat-verband. Ek hoop billikheid seëvier. Jammer vir die Saterdagaand kommunikasie. Groete Jan

[2022/09/17, 18:33:25] Jan Greyvenstein: Goeienaand Jan,

Ek moet sê ek is verstom oor die jongste Chris Erasmus-verwikkelinge. Iewers mis ek iets. Ek is jammer om dit te sê maar ek kry n idee dat die NG-Kerk nou soos wafferse politici speletjies speel. Ek kan dit krasser stel. CE is aan geen oortreding van landswette of kerkregulasies skuldigbevind nie. Hy is nie eers aangekla nie…?! Op die meeste het hy lomp opgetree ten tye van n uitmergelende egskeidingproses in n Klein-Klein dorpie. Ek lees vandag dat Cor Potgieter predikant in Jagersfontein is. Toevallig my een-dag-‘n-week hofdorp. Vra hom bietjie hoe ons sy egskeiding in Kerkraadsverband hanteer het. Jou eie egskeiding is ook goed hanteer? Jy behoort maw die proses baie goed te verstaan? Emosionele bolemakiesies ensovoorts. Chris sin was walglik.

Waartoe jy jou in ons gesprek uitgespreek het, het in effek dadels van gekom. Inteendeel. Of mis ek iets?

Ek HAAT onreg. En manipulasie. En skynheiligheid. En narsiste…

Wat ek die afgelope drie jaar van (sommige) van die NGK se leierskap ervaar het, is betreurenswaardig. Tragies blyk dit dat die een basiese element wat afwesig is Christelike-geregtigheid is. Medemenslikheid? Bid julle nog regtig vóór en na vergaderings?

Jy bekleë n magtige posisie in die NGK. Wat oor is van die NGK, soos ons hom geken het, is natuurlik n ander vraag.

Volgende op jou uitnodiging op WhatsApp, na jou aanstelling as moderator, het ek my vertroue in jou geplaas deur betrokke te raak. Jou in my vertroue te neem op n saak wat my na aan die hart lê.

Beskaam die hoop?

Ek sluit af. Sou n prokureur om een of ander rede van die rol geskrap word, op eie versoek of weens n tegniese skuldigbevinding, kan so n persoon weer op die rol geplaas word sonder om weer die raadseksamen te moet oordoen.

Ek staan verstom. Ek luister by die radio.

[2022/09/17, 21:44:23] Jan Lubbe: Jan, naand. Jou boodskap gelees en ek sal graag môre daarop antwoord. Groetnis.

[2022/09/23, 18:38:00] Jan Lubbe: Jan, goeiemiddag. Ek hoop dat jou week goed verloop het en daar ‘n rustige naweek op jul wag.

Ek het nie verlede Sondag by ‘n antwoord op jou boodskap uitgekom nie; die oggend was dit die Lentelofprysing by die kerk en met my Ma se verjaarsdag en familie hier was die dag verdee vol.

Maar, miskien ook goed so. Die afgelope week was Chris saam met ‘n ander klompie kandidate vir legitimasie op ‘n retreat te Menuha en dit was goed om hom daar tussen die ander te beleef. Hopelik het hyself dit ook geniet. En, het ons vanoggend by die Interimkomitee van die Moderamen ook amptelik die terugvoer van die Steunspan oor sy colloquium doctum ontvang en die proses bespreek. Die uitkoms daarvan is alreeds in ‘n e-pos na hom gestuur.

Jan, ek kan jou verseker dat sedert die nuwe Moderamen Chris se aansoek hanteer, daar met billikheid teenoor hom opgetree is en binne die bepalinge van die Kerkorde. Ek het nie persoonlik magte om buite ‘n bepaalde orde ten gunste van iemand op te tree nie, maar het wél waar ek kon die deur vir hom probeer oopmaak. Ander sal dit kan bevestig. Ek weet ook van niemand in bogenoemde vergaderings en gesprekke met Chris, wat van “onreg, manipulasie, skynheiligheid of narcisme” beskuldig sou kon word nie. Uiteindelik is die uitkoms van hierdie proses volledig in Chris se eie hande, en soos meermale aan hom gestel, is dit veral die terapeutiese proses en begeleiding wat die deurslag sal gee. Daardie proses word ook professioneel en vertroulik hanteer en nie eers ek is op hoogte van detail nie.

Ek het jou ook in my vertroue geneem, Jan, en meen jy kan ‘n belangrike en positiewe ondersteunende rol vir Chris speel, maar dan moet jy nie jou gevolgtrekkings alleen op Chris se (òf mý!) mededelings laat berus nie. Daar is nog ander aspekte van die pad wat tans met hom geloop word, maar vireers laat ek dit hierby.

Dankie, en ek hoor weer van jou.

Groete vir Sannette.

[2022/09/25, 13:52:13] Jan Greyvenstein: Middag Jan,

1. Dankie vir die antwoord in jou besige program.

2. Elke mens het in hierdie lewe sy eie kruis of kruise. Een van my kruise is om onreg te haat.

3. Ek dink eerlikwaar nie dat die hele proses met Chris Erasmus, op enige stadium, korrek hanteer is nie.

4. Ek het die huidige proses soos volg verstaan:

a. Dat Chris Erasmus nooit van geen oortreding aangekla is of skuldig bevind is nie.

b. Dat hy sy bevoegdheid om as predikant te dien onregmatiglik verloor her.

c. Soos jy dit aan my gestel het, het Bertus Cilliers dit aan jou gestel dat hy ‘n ander aanbeveling sou gemaak het as hy met die nuwe feite gekonfronteer sou word?

d. Dat jy, in jou hoedanigheid as Moderator van die Vrysstatse sinode alles in jou vermoë sou doen om Chris Erasmus se bevoegdheid so spoedig moontlik en meer spesifiek voor November 2022 te herstel.

5. Dit blyk nou dat dit nie gaan gebeur nie. Soos ek dit verstaan, is die volgende van belang:

a. Chris Erasmus gee sy samewerking.

b. Die akademici is blykbaar nie in staat om ‘n bestek van die werk wat hy moet bestudeer vir hom af te baken nie.

c. Die proses nie voor jaareinde gefinaliseer sal word nie.

6. Ek probeer maar op my eie sin maak van alles wat uitspeel. Ek verstaan nie:

a. Hoekom julle nie voorwaardelike bevoegdheid aan hom verleen om weer as predikant te kan werk nie? Dit is so maklik soos om ‘n opskortende voorwaarde soos dat hy voor einde 2003 gelegitimeer moet word?

b. Ek verstaan nie hoekom hy weer ‘n akademiese toets moet deurgaan nie. Sy akademiese bevoegdheid is tog nie ‘n geskilpunt nie. Sou ‘n Prokureur geskrap word van die rol, doen hy tog geen raadseksamen oor nie?

7. Ek sukkel om die beginsels van geregtigheid en versoening raak te sien in die wyse waarop Chris Erasmus hanteer word. Veel eerder sien ek ‘n Stalingrad-benadering waar elke truuk in die boek gebruik word om hom uit die amp te hou.

8. Daar kan tog geen beletsel wees teen sy herlegitimering nie? Die kerk se lomp regulasies kan tog nie in die pad staan van ‘n spoedige regstelling van ‘n onverkwiklike situasie nie. Asseblief?!

Groete

Jan

[2022/11/22, 08:20:43] Jan Lubbe: Jan en Sanette, goeiemôre. Ek hoop dit gaan goed? Weet dit is nou baie kort versoek, maar is dit dalk moontlik dat ek laatmiddag by julle kan kom draai, so 17:30?

[2022/11/23, 17:30:21] Jan Greyvenstein: Middag Jan, stop voor enige garage. 14A. Bietjie verander. Kom by die enkel houtdeur in by die CN Mercedes. Groete

[2022/11/24, 08:27:36] Jan Greyvenstein: You deleted this message.

[2022/11/25, 07:49:49] Jan Greyvenstein: Goeie môre, Jan.

Ek skryf al sedert Donderdagaand aan ‘n dokument wat net langer raak. Ongelukkig het ek nou, weens werksdruk, nie kans om dit na behore te voltooi nie. Ek moet egter kommentaar lewer:

1. Dankie dat jy die gesprek “heropen” het.

2. Ek dink eerlikwaar dat die hele CE-sage maklik oplosbaar is.

3. Alle partye, en na my mening veral die kerk, loop hier die gevaar om erg gesig te verloor.

4. Dit is duidelik dat CE nie versoek het om sy status as predikant te verloor nie.

5. Neem in ag sy emosioneel wipplank tyd, te midde van ‘n uitmergelende klein dorpie egskeiding.

6. Beide die Bultfontein ring en die Dealesville kerkraad se hande is, na my mening, duidelik nie skoon nie. Hier dink ek aan hulle veranderde besluite. Hoe kom hulle daarby uit sonder ‘n formele ondersoek proses?

7. Kyk net ‘n bietjie krities na die kerk se besluitneming en aksies. Of CE op alle vergaderings teenwoordig was, ens. Ek is oortuig dat julle op prosedurele gronde bloedneus gaan loop in ‘n hofsaak.

8. Ek is van mening dat hier nou eerder ‘n regstelling van die kerk se kant af moet geskied.

9. Na elke gesprek tussen ons, was ek onder die indruk dat ek en jy maklik tot ‘n goeie vergelyk sou kon kom. Met ander woorde dat logika en rede maklik kan seevier.

10. Vandaar ons gedagte om “buite die boks” te dink.

11. Ek besef dat dit moeilik is binne ‘n uiters rigiede kerk-omgewing.

12. Billikheid teenoor CE moet tog ‘n rol speel. Neem in ag sy benarde werklose situasie! Vier (4) jaar?!

13. Herstel CE se bevoegdheid. Hy is nooit van enigiets aangekla nie, nooit skuldig bevind nie, ens. Op die meeste het ons ‘n situasie van erg botsende persoonlikhede en ‘n bakleiery wat swak deur almal hanteer is/word.

14. Elke organisie kan tog ‘n duidelik verkeerd besluit ophef. Neem die besluit. As die kerkorde nie daarvoor voorsiening maak nie, nader julle dood eenvoudig die Vrystaatse hoogeregshof om ‘n bevel ter bekragtiging.

15. Die kerk is ‘n organisasie wat (skynbaar/ hopelik?) op Christelike beginsels gefundeer is. Ek sien baie min Christelikheid in almal se optrede. Julle gaan baie sleg lyk as die hele kwessie hof toe moet gaan en weer in die media gaan beland.

16. Tot op hede was ek passief. In my lewe het ek al lankal beginsel besluite teen onreg geneem. Ek het die Grey-sage, vir ‘n dekade tot my eie nadeel, feitlik op my eie beveg. Vandag is daar vrede. Jy en ek weet wat met fluitjieblasers gebeur. Ek het op ‘n persoonlike vlak vrede met die negatiewe. Ek gaan dieselfde voortaan met die aangeleentheid doen.

17. Die NG-Kerk het groter probleme as die CE-sage. Skik hier en beweeg aan.

Om op te som. Die praat en oplossings raak nou dringend. CE speel ‘n ongelooflike rol in die Lady Grey-gemeente. Stel hom in ‘n posisie om kinders te kan doop. Om kerkregtelik te kan funksioneer. Dit is so eenvoudig soos dit. Dink buite die boks en kry ‘n oplossing.

Groete

Jan

[2022/11/25, 08:18:09] Jan Greyvenstein: Jammer, Jan. Die bel is n vingerfout!

[2022/11/25, 08:18:37] Jan Greyvenstein: Ek praat graag verder.

[2022/11/25, 09:14:44] Jan Lubbe: Jan, dankie vir jou saamdink en praat oor die hele aangeleentheid. Dit help baie. Ek sal graag die naweek bietjie in die stilte verder wil besin en kyk wat moontlik is. Ek sal Maandag na na jou terugkom. Groete.

[2022/11/25, 10:01:06] Jan Greyvenstein: Dankie, Jan. Ek is rustig. Daar moet net iewers n gewone oplossing wees. Groete Jan.

[2022/11/25, 10:02:08] Jan Lubbe: Dis wat ek probeer bedink, en veral volhoubaar twv Chris en die kerkverband.

[2022/11/25, 10:02:49] Jan Greyvenstein: ✔️

[2023/03/29, 06:51:31] Jan Greyvenstein: Goeiemôre, Jan. Ek wag nou al sedert 25 November 2022 “rustig” op jou antwoord wat jy my belowe het. Ek verneem graag of ek nog n antwoord kan verwag en of jou stilswye n geimpliseerde antwoord is? Groete Jan.

[2023/03/29, 11:50:30] Jan Lubbe: Jan, dagsê. Nee, my “stilswye” is nie ‘n antwoord. Ek is net nie in ‘n “posisie” of by magte om onverbonde of “buite die boks” ‘n maklike of eenvoudige uitweg te bewerkstellig nie, hoewel ek verlede jaar probeer het om dit te verhaas. Daaroor het ek wéér binne die kerklike struktuur navraag gedoen. Intussen was daar wel die afgelope kwartaal verwikkelinge in die proses rondom Chris se aansoek en hanteer ons die 14e April by die dagbestuur van die moderamen ‘n aantal korrespondensiestukke in die verband, o.a. ‘n skrywe van Chris self. Ek sal daarná met meer duidelikheid op van jou voorstelle van 25 November kan reageer. Groete.

[2023/04/11, 14:45:25] Jan Lubbe: Jan, geluk met jou verjaarsdag! Mag die dag en nuwe lewensjaar mooi en geseënd wees.

[2023/04/11, 18:10:20] Jan Greyvenstein: Baie dankie, Jan. Waardeer!

[2023/04/16, 22:12:32] Jan Greyvenstein: Goeienaand Jan, jammer vir die laatnag whatsapp. Môre het sy eie uitdagings. Ek het ook kennis geneem van julle vergadering. Enige nuus ivm Chris Erasmus? Groete Jan

[2023/04/16, 22:21:45] Jan Lubbe: Jan, naand. Ja, ons het Vrydagmiddag in die vergadering van alle korrespondensie oor Chris se aansoek kennisgeneem, en so vyf punte oor besluit (het nie nou dit presies by my nie) en sal dit hierdie week per brief aan hom oorgedra word; ek vermoed eers ná Woensdag. Groete.

[2023/04/16, 22:46:19] Jan Greyvenstein: Baie dankie, Jan. Ek verneem dan ná Woensdag by hom wat aangaan. Ek wil graag sien in hoe ń mate die 5 punte ons einde 2022 gesprekke, waar Sannette ook betrokke was, reflekteer.

Ten spyte van n 4 maande tydperk wat ek op jou antwoord moes wag- sien hierbo, aanvaar ek dat die kanale tussen ons steeds oop is. Ek aanvaar dat jy steeds verbind is tot n oplossing.

Groete

Jan

[2023/09/12, 14:17:28] Jan Lubbe: Beste Jan en Sannette, middag. Ek hoop dit gaan al beter gesondheidsgewys, en verder ook in die familie. Ek sal graag dat ons (weer) gesels?

[2023/09/14, 16:30:04] Jan Greyvenstein: Middag Jan

Vreemd om van jou te hoor. Ons laaste gesprek, was oor die onreg wat daar teenoor Chris Erasmus gepleeg is. Jy is nou 18 maande daarmee besig. As daar positiewe nuus is praat ons graag.

Groete

Jan en Sannette

[2023/09/14, 16:57:33] Jan Lubbe: Dankie Jan en Sannette. Die enigste pad na “positiewe nuus” ís deur te praat, en van alle kante af die verhaal(e) te hoor. Jul boodskap bevestig dit. Dit sal vir my jammer wees as die vriendskap tussen ons en deel in ‘n gemeente, hieroor in gedrang kom. Ek hoor dus graag weer van julle.

[2023/09/14, 20:14:36] Jan Greyvenstein: Jan,

Hoekom nou ewe skielik bekommerd raak oor “die vriendskap tussen ons” en “deel in die gemeente”? Ons het jou in grόόt vertroue genader oor ‘n saak wat ons baie na aan die hart lê en tot vandag ontsettend ontstel. Toe jy uit ons sitkamer stap, in November 2022, het ons nooit gedink dat jy in effek die gesprek die aand eensydig met ons sou beëindig nie. Evalueer bietjie mooi wat tussen ons gesê en ooreengekom is die aand. Vra jouself af of dit ons of jy is wat “die vriendskap tussen ons” en die “deel in die gemeente” verongeluk het? Ek en Sannette het die gemeente baie geniet. Jy het vir 4 maande nie met ons gekommunikeer, soos wat jy belowe het nie, totdat ek weer met jou kontak gemaak het.

My ”Vreemd om van jou te hoor” hierbo, het ook betrekking. As jy so bekommerd was, sou jy veel vroeër met ons kontak gemaak het. Jy het bloot die verskillende posissies waarin jy jou bevind, opgeweeg en ‘n besluit téén ons geneem. So eenvoudig soos dit. As jy die feitestel vir enige professionele persoon stel, is dit reeds die mees logiese afleiding. Die oomblik wat ‘n mens jou en die Vrystaatse NG-kerk se optrede teenoor Chris Erasmus bykomend in faktor, nadat ons jou genader het, raak dit die enigste redelike afleiding. In effek het jy ons uit Berg-en-Dal en uit die Vrystaatse NG-kerk “geskop”.

Ek is bitter teleurgesteld in jou en jou gebrek aan integriteit. Toe jy ons einde 2022 nie kon antwoord nie, moes jy dood eenvoudig oop kaarte met ons gespeel het. Dan kon die kwessie nog beredder word. Ek het ook in ons laaste gesprek gesê, dat sou my standpunt-inname veroorsaak dat ek “ ‘n vriendskap as gevolg van ‘n beginsel-besluit moet verloor”, dat dit dan sό moet wees. Terloops, ek het jou nie eers op die stadium in gedagte gehad nie. Jan, jy sal ons, met respek, nie mis nie. Jy het waarskynlik iewers ‘n voëltjie hoor fluit, wat veroorsaak het dat jy weer van ons onthou het. En ewe skielik het jy weer my kontak besonderhede gehad!

Ons skryf ‘n ope brief aan die kerkraad, wat ons posisie volledig uiteensit. Ons sal dit ook aan diegene na aan ons, binne en buite die gemeente stuur, sodat almal bewus kan wees waarom ons Berg-en-Dal gemeente verlaat het.

Jan Greyvenstein

[2023/09/14, 20:26:11] Jan Lubbe: Sjoe Jan. Ek het nie woorde nie.

Vrystaatse moderamen reageer

Die volgende is gekommunikeer deur die Vrystaatse moderamen:

AAN ALLE GEMEENTES EN LERAARS VAN DIE NG KERK VRYSTAAT

19 April 2024

Geagte broers en susters, kerkrade en kollegas –

In die lig van onlangse koerantbriewe en opmerkings op sosiale media, maak die Interimkomitee die volgende bekend:

  1. Die lnterimkomitee van die Moderamen het vergader sonder die voorsitter ds. Jan Lubbe.
  2. Die Interimkomitee het met hartseer en ontsteltenis kennis geneem van opmerkings wat in koerantbriewe en op sosiale media gemaak word. Hierdie opmerkings is gerig op die leierskap van die NG Kerk Vrystaat en by name die voorsitter. In die kerk werk ons tog anders en gelowiges word steeds opgeroep om die liefdesweg te loop en mekaar nie in die openbaar verdag te maak nie.
  3. Die Interimkomitee bevestig sy vertroue in die voorsitter.
  4. Die Interimkomitee beklemtoon dat daar meer te sê is oor hierdie saak as wat in die media verskyn het.

Die kerk het bepaalde reëls waarvolgens gewerk moet word. Niemand kan hierdie riglyne sonder risiko verbreek nie. En ja, sekere prosesse neem soms langer as wat ons hoop, maar daar is geldige redes voor.

Die lnterimkomitee roep alle lidmate op om steeds eerder die ampte1ik wee te volg om
vraagstukke aangespreek te kry.

Ons deure staan altyd oop.

Groete

(Geteken)

Dr. Leon M Foot

Skriba: Moderamen van die NG Kerk Vrystaat

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui