Namibië sinode 2022

Die belangrikste besluit wat tydens die Namibiese Sinode (17-19 Maart 2022) geneem is, is:

“Indien die pad van tug en dissipline nie binne die volgende ses maande uitloop op ‘n vaste voorneme om bepaalde besluite van die Algemene Sinode te herroep nie, sal die Namibiese Sinode haar band met die Algemene Sinode losmaak.”

Dus kan ’n mens verwag dat Namibië in September hierdie jaar ’n besluit sal neem.

Die drie hoofredes is die volgende:

  1. die teleurstelling in die Algemene Sinode 2019 se besluit oor selfdegeslagverhoudings;
  2. die onvoldoende kerklike opsig en tug van die Algemene Sinode ten opsigte van teologiese opleiding aan NG Kerk geakkrediteerde opleidingsinstellings;
  3. die gevolglike wantroue wat die verhouding met die Algemene Sinode kenmerk.

Dit het wye reaksie ontlok in die media. Hier volg ’n lys van artikels:

Op 16 en 17 Mei 2022 besoek afgevaardiges van die Namibiese Sinode die ASM. Die ASM besluit om nie op die Namibiese Sinode se ultimatum ag te slaan nie. Hier volg die ASM se terugvoer oor die besluit:

Op 4 Oktober 2022 reik ds Johannes de Koning die volgende video uit:

Op aanbeveling van die Matteus 18 taakspan stel die moderamen van die Namibiese sinode die besluit oor artikel 37 uit tot na die Algemene Sinode in Oktober 2023:

Ds Johannes de Koning reik die volgende persoonlike verklaring uit oor hierdie besluit:

Ferdie Mulder:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui