Magus Thor’rauna Hoëpriester van Satan in Suid-Afrika: Phil Botha neem Christus aan as Heer

Skrywer: Francis B

Gepubliseer: 2014

Vertaal deur Marcell

Kyk ook die Engelse weergawe:

  • Magus Thor’rauna High Priest of Satan in South Africa: Phil Botha receives Christ as Lord! (2005, Engelse weergawe)

Agterblad

Hierdie is die aangrypende, ontstellende, maar ware lewensverhaal van ‘n Suid-Afrikaanse tienerseun wat letterlik gegaan het waar geen ander mens ooit was nie.

Nadat hy deur ‘n hoërskool-onderwyser mislei is en die ewige lewe belowe is nadat hy ‘n belofte afgelê het tydens sy aanneming as lidmaat, verlaat ‘n ontnugterde Phil Botha die kerk. Verward en steeds ongered beland hy in die kloue van Satanisme en word twee weke later in Pietermaritzburg as Satanistiese priester ingelyf.

Tien jaar lank is hy gedwing om dag en nag elke Satanistiese ritueel en seremonie tot in die fynste detail te bestudeer. As beloning word hy voorberei om die gesogte titel van Magus Hoëpriester te verwerf. Om dit te bereik, moet hy egter binne drie minute met sy liggaam, siel en gees vanaf Johannesburg na Los Angeles teleporteer.

Geen bestaande kennis kan jou voorberei vir hierdie verhaal nie. Phil Botha is die enigste Magus Hoëpriester van Satanisme wat daarin kon slaag om uit die Beweging te ontsnap, Jesus Christus as sy Verlosser aan te neem en daarna meer as tweeduisend hekse en priesters binne die eerste twee jaar van sy bediening na Christus te lei.

OPENBARING 12:11 sê – En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.

“In Francis B se treffende boek besef ‘n mens net weer die krag van hierdie woord en hoe deeglik die vyand verslaan is.” Regardt van den Bergh (Die beste Christelike rolprentvervaardiger in Suid-Afrika)

Kyk ook

1 thought on Magus Thor’rauna Hoëpriester van Satan in Suid-Afrika: Phil Botha neem Christus aan as Heer

  1. Hendaagse christene omarm die duiwel op soveel maniere. Maar die omhelsing só intiem, hul sien hul eie leuenhart eens nie meer.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui