RSG: NG Kerk-twis draai dalk in hof

Datum: 5 Maart 2024

Tema: NG Kerk-twis draai dalk in hof

Agtergrond: Dit wil voorkom of die onenigheid in die NG Kerk dalk op ’n hofsaak kan uitloop nadat die kerk aangekondig het hy het ’n regsmening ingewin oor die regsposisie van die kerk en die groep gemeentes wat hulleself wil losmaak van kerk en die Algemene Sinode (AS). Die beswaardes in die kerk, wat ’n tuiste in die Koinonia-sinode (KS) het, het luidens berigte geruime tyd reeds regsmenings ingewin en ’n handvol gemeentes het hulle reeds losgemaak van die NG Kerk. Ons praat hieroor met die moderator van die NG Kerk, ds. Jan Lubbe, en ’n dagbestuurslid van die Koinonia-sinode, dr. Johann Ernst.

Skakel: rsg.co.za/rsg/omny/ng-kerk-twis-draai-dalk-in-hof/

Opsomming

1:00 Gustav: Hoekom was dit nodig om ’n regsmening in te win?

Jan: Ons het verlede jaar (2023) van twee, drie gemeentes [Tafelberg, Leeuwberg] en van ’n ring [Standerton] aktes van opskorting ontvang. Die ringe waarin daardie gemeentes is en ook sommige lidmate in daardie gemeentes het gevra wat hulle te doen staan as hulle nie saamstem met die opskorting nie.

2:05 Renske: Johann, jy was ’n vorige aktuarius van die NG Kerk. Bedien jy ook die Koinonia Sinode van regsadvies?

Johann: Net ’n korreksie: die NGK het nie ’n moderator en ’n aktuarius nie. Die aktuarius is iemand wat advies aan ’n kerkvergadering gee en ’n moderator is ’n voorsitter van ’n vergadering. Die algemene sinode is tans nie in sitting nie, dus het die NG Kerk nie ’n moderator nie. Ek dien wel as adviseur by Koinonia.

3:16 Gustav: Jan, wat behels die regsmening?

Jan: Opskorting is nie ’n rematige handeling volgens die kerkorde is nie. Buite ooreenkoms. Gemeentes kan aanspreeklik gehou word.

5:00: Renske: Johann, wat sê julle regsmening en waarom verwys jy na die kerkleierskap as “inkwisisiteurs”?

Johann: Die kerkorde maak ook nie voorsiening dat die algemene taakspan regsadvies aan sinodes en aan gemeentes gee nie.

Daar het onlangs ’n verklaring verskyn van predikante van Vrystaatse sinode. Die kerkorde maak ook nie voorsiening daarvoor nie.

Die probleem in die NG Kerk is (want die NGK is nie ’n denominasie nie) nie ’n regsprobleem nie. Die regsadvies het absoluut niks met die probleem te doen nie. Die krisis in die kerk is nie ’n regsprobleem nie. Dit is ’n verhoudingsprobleem. Integriteitsprobleem. ’n Geloofwaardigheidsprobleem. Dit is ’n vertrouensprobleem. Die aktes van opskorting het regsaksie absoluut niks te doen nie. Ek verduidelik met ’n metavoor: Die NGK het ’n baie groot ruim huis geword. In een van hierdie kamers woon ’n man en ’n vrou. Die man was onttrou teenoor sy vrou en nou is hulle verhouding aan die verbrokkel. En nou het sy besluit sy gaan die deur op hom toetrek en in ’n ander kamer gaan slaap totdat daar hard gewerk word om die verhouding te herstel. Daar is ek en Jan presies op dieselfde bladsy. Waar die regsadvies vandaan kom klink vir my soos ’n klein kerklike histerie. Dit help nie jy gaan beroep jou op jou huwelikskontrak en sê dat die kontrak nie voorsiening maak daarvoor dat ’n man uit ’n slaapkamer gesit kan word nie. Dat die vrou steeds verplig is om die wasgoed te was. As mens na die regmening kyk word al die dinge genoem wat die eggenoot moet nakom aan die ontroue eggenoot. So, opskorting van die verband het met ’n regsoptrede niks te doen nie.

8:22 Gustav: Jan wat is jou menig op: dit is nie regsprobleem nie, maar ’n verhoudingsprobleem? Die Koinonia Sinode sê in ’n verklaring dat hulle reeds vier keer gesprekke versoek het met die NGK leierskap, maar die versoeke is summier geweier. Wil julle nie met Koinonia praat nie?

Nie op die manier hoe daar gepraat word nie. Ons kan nie so met mekaar praat nie.

Ons is bereid om te praat, maar dit moet ’n veilige gesprek wees. Dit moet ’n gesprek wees binne die ruimte van ons kerkorde. En tweedens, ons moet mekaar nie beledig met woorde en voorbeelde wat nie die verhouding bou nie.

10:48: Renske: Johann, Neels Jackson het gesê die beswaardes haak allerlei kwessie aan die eintlike probleem wat hulle beswaard maak. Dit is die kwessie van SGV. Jy het nie naweek in reaksie op ’n Kerkbodeberig gesê: dit is ’n teologiese vraagstuk as twee mense van dieselfde geslag hulle kinders in die kerk wil doop. So, is SGV die eintlike probleem vir Koinonia?

Ds Jan verwys na aanvanklike gesprekke wat terloops nie met die Koinonia Sinode gevoer is nie, maar wat ’n opvolg was van die Moreletaberaad. By die tweede gesprek is dokumente aan die ASM se verteenwoordigers oorhandig oor die werklike probleme waarvan SGV ’n klein druppeltjie in ’n baie groot emmer was. Hierdie dokumente is nooit aan die ASM voorgelê nie, maar die ooreenkoms was dat ons ’n pad sal saamloop. Toe het die ATR skielik ’n haas uit die hoed gepluk dat daar nie locus standi aan die Koinonia sinode gegee kan word nie. Julle kan sien dat die kerk op die oomblik ’n opsessie met die hof het, terwyl dit in die kerk daaroor gaan dat ons met mekaar praat ongeag wie en wat. Hierdie gesprekke waarvan gepraat word is nie gesprekke wat op enigiets uitloop nie. … Wat gebeur het met die eerste akte van opskorting is dat die ring van Kaapstad het begin om die leraar van Tafelberggemeente te vervolg. Dit nou ook in Hluhluwe herhaal nog voordat die aktes opgestel is. Die kerkleiding dreig hulle af met artikel 22.3 wat nie eers regsgeldig is nie omdat dit nie in ooreenstem met artike 22.1 van die kerkorde nie.

So het die AS ook nou besluit dat gemeentes nie hulle eiendomme kan vervreem sonder die goedkeuring van die ring nie. Nou waar is die selfstandigheid van die universitas, die gemeente wat so hoog opgegee word in die regsmening?

Dit is nie waar dat dit oor SGV gaan nie. In die beriggie wat ek geskryf het het ek ’n klomp dinge genoem: opleiding by teologiese fakulteite, optredes van predikante, die opmerking wat in die Grootte Kerk in Kaapstad gemaak is oor die vaderskap vir al die nasies.

15:08 Gustav: Jan, hoekom het die ring die leraar in Kaapstad vervolg?

Kommentaar

Daniel Louw

Voor hierdie onderhoud het Johann Ernst die volgende op Facebook gesê:

Die ATR noem die oorblywende lede van ‘n gemeente die universitas. In hul poging om deur kerkskeuring die gemeente vir kerkverband te behou, weet hulle nie eers wat of wie die universitas is nie. Ek wonder wat die twee advokate van hulle uitspraak sal sê. Vir diegene wat wil weet: “A universitas is therefore a separate legal entity that has perpetual succession with rights and duties independent from the rights and duties of its members. …. Being a legal persona, a universitas may sue or be sued in its own name.”

Opmerklik dat die twee senior advokate en die ATR nie aanhaal wat regter Vivier in 1995 in die NGKA vs VGKSA appèlsaak in die uitspraak gesê het nie: “Dat een oorblywende gemeentelid die gemeente kan vorm, moet in die huidige onstandighede, in die lig van die bepalings van die kerkorde waarvolgens die kerkraad die gesagsorgaan is wat namens die gemeente optree, moontlik gekwalifiseer word.”

Heelwat stemme van kritiek het die afgelope tyd vanuit die Koinonia Sinode gekom oor die ATR se regsmening. Johann het die geleentheid gehad om dit aan Suid-Afrika te verduidelik, maar ’n mens is teleurgestel dat hy nie hierdie kwessie beter aangespreek het nie.

Johann se eerste opmerkings dat die NG kerk nie so iets soos ‘n moderator het nie, het nie veel bygedra tot die debat nie.

Die aanvalle op Tafelberg en Hluhulwe is genoem, maar het dit werklik waarde toegevoeg tot die gesprek?

Weereens is die ASM daarvan beskuldig dat hulle nie in mediasie wou gaan nie. Die vraag bly steeds: Wat wil KS bereik met ‘n mediasieproses? Veronderstel ‘n mens kon ‘n 100% objektiewe mediator kry, wat sou KS daarby kon baat?

Dit sou nie kon help om die NGK om te draai nie. Die uitkoms van so ‘n proses sou hoogstens kon wees dat besluit word dat hierdie huwelik onherstelbaar is en dat daar na maniere gekyk moet word om in vrede paaie te skei (te skeur).

My verstaan is ook dat die ASM nie eers vir gemeentes die waarborg kan gee dat hulle kan skeur met behoud van bates nie. My verstaan is dat dit die gemeentelede is wat oorbly wat die gemeente hof toe vat vir die bates. Die ASM kan nie hierdie lidmate verhoed om ‘n gemeente hof toe te vat nie. Die ASM kan hoogstens onderneem om dit nie aan te moedig nie en ook nie om hofsake teen skeurders te help finansier nie.

Die ATR se regsmening lyk vir my op die oog af heeltemal akkuraat en ek het dit nie as ‘n dreigement ervaar nie. Dit is hoe die universitasbeginsel nog altyd verstaan is en hoe dit lyk my in die verlede toegepas is.

Op Facebook lyk dit of Johann die universitasbeginsel bevraagteken het. Dit sou kon help as hy gesê het waar die universitasbeginsel aanvanklik vandaan gekom het en wat die aanvanklike bedoeling daarvan was, want soos dit nou daar staan is dit ‘n sinnelose beginsel. ’n Tweederdemeerderheidsbeginsel maak nog sin, maar dat ‘n klein minderheid in ‘n gemeente so ‘n groot sê het (met die universitasbeginsel), maak nie sin nie.

Die ATR se regsmening aanvaar dat howe die universitasbeginsel in die toekoms sal toepas soos dit in die verlede toegepas is, maar dit is nie noodwendig so nie. Die Roe v. Wade-besluit van 1973 is in 2022 omgedraai. Dus is daar ‘n kans dat die hof vandag kan besluit dat gemeentes kan skeur met behoud van bates met byvoorbeeld ‘n tweederdemeerderheid. Maar dit sal getoets moet word. Johann het niks gesê hoekom hy lyk my die universitasbeginsel bevraagteken nie.

Nog niemand kon nog verduidelik het wat die Geloofsbond van Hervormde gemeentes gedoen het om te skeur met behoud van bates nie. Dit lyk of KS iets anders probeer doen terwyl die Geloofsbond reeds die weg gebaan het vir skeuring met behoud van bates.

Die regsadvies sê: “In die gemene reg is dit geyk dat partye nie ‘n kontrak eensydig kan opskort nie.”

Dit maak baie sin.

Die regsadvies sê: “4.1.2.1 dat hulle steeds verantwoordelik bly vir al die verantwoordelikhede en verpligting wat hulle (kontraktueel) as deel van die kerkverband het.”

Wat is hierdie verantwoordelikhede? Ek kan net dink aan sinodale bydraes. Predikante moet ook seker die streeksinodes bywoon. Is daar nog?

Die regsadvies sê: “4.1.1 Die “Akte van Opskorting” het geen regskrag en kan beskou word as ’n nulliteit of kerkordelike/juridiese kortsluiting wat gewoon onwettig en misleidend is.”

Weereens maak dit sin. Dit mag dalk ‘n nulliteit wees (ek weet nie van onwettig nie), maar die vraag is wat presies die vrysinniges daaraan gaan/kan doen?

Dit gaan interessant wees om te sien hoe vrysinniges hierdie sal afdwing, indien wel. Hulle sal dit net met hofbevele kan afdwing. En as hulle hofbevele kry, hoe sal behoudendes daarop reageer? Moet behoudendes die ander wang draai?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui