Kairos Netwerk

Inhoud: Geskiedenis, Doleansie, Nuusbriewe, Verklarings

Tydens die NG Kerk se Algemene Sinode van 2019 is daar amptelike ruimte gemaak vir ’n homoseksuele leefstyl. Dus kan predikante, kerkraadslede en lidmate ’n homoseksuele leefstyl leef sonder dat daar teen hulle opgetree sal word.

Hierdie is egter maar een van vele skokkende besluite en gebeure in die NG Kerk wat die volgende insluit:

In die lig hiervan het ongeveer 500 behoudendes in Februarie 2020 tydens die Moreletapark beraad bymekaar gekom.

‘n Paar behoudendes word geïdentifiseer wat deel word van die “sentrale werksgroep”. Pieter Breytenbach van NG gemeente Moreletapark dien as voorsitter. (Hy word later vervang deur Anton Knoetze.)

Daar word besluit om die beweging “Moreleta Kairos Netwerk” te noem.

Die webblad www.moreletakairos.net is daaruit gebore en op 18 September 2020 gelanseer. (Dit verander later na kairosnetwerk.net.)

Alhoewel die pad vorentoe nie heeltemal duidelik is nie, is daar ’n besef dat iets daadwerkliks gedoen moet word.

Die doel van hierdie netwerk is die volgende:

  • Bring behoudendes bymekaar
  • Gee raad en ondersteun
  • Lig in oor belangrike gebeure

Indien jy dieselfde voel word jy gevra om op die webblad te registreer by “Hoe kan jy betrokke raak?” Dit is nie net vir predikante nie, maar ook vir kerkraadslede en gewone lidmate.

Jy sal dan deur middel van epos nuusbriewe op hoogte hou word van enige nuwe verwikkelinge.

Jy is ook baie welkom om vrae te vra en kommentaar te lewer by info@kairosnetwerk.net.

Geskiedenis

Hier volg ’n kort geskiedenis van die werksaamhede van die Kairos Netwerk:

Doleansie

Hier is ’n lys van NG gemeentes wat reeds doleer:

Indien julle gemeente ook doleer en nie op die lys is nie, laat weet asb.

Nuusbriewe

  • 2 Okt 2020: Skrywe aan ASM om te vra vir vergadering tussen KN en ASM.
  • 16 Okt 2020: Vasstelling van datum van vergadering met ASMD.
  • 30 Okt 2020: Vergadering met ASMD vasgemaak vir 19 Nov 2020.
  • 27 Nov 2020: Terugvoer oor gesprek met ASMD om 19 Nov 2020.
  • 29 Jan 2021: Verwelkoming vir nuwe jaar.
  • 5 Feb 2021: Moontlike naamsverandering.
  • 12 Feb 2021: Naamsverandering: “Moreleta Kairos Netwerk” –> “Kairos Netwerk”
  • 26 Feb 2021: Terugvoer oor gesprek met ASM verteenwoordigers op 22-23 Feb 2021.
  • 8 Mrt 2021: Bespreking van ASM se besluite (Die ASM het op 3 Maart 2021 vergader en besluite geneem na aanleiding van hulle gesprekke met KN op 22-23 Feb 2021.)
  • 1 Apr 2021: Verdere oorwegings na aanleiding van die ASM se besluite oor KN se versoeke.
  • 16 Apr 2021: Herderlike brief aan Bethal konferensie, Verandering in rolle en werksaamhede, Nuwe webadres: www.kairosnetwerk.net
  • 7 Mei 2021: Beplande Nasionale Konferensie op 25 Junie 2021 by Moreletapark Gemeente.
  • 24 Sep 2021: KN raai voornemende teologie studente aan om eerder by die Gereformeerde Kerk van SA in Potchefstroom te studeer.
  • 3 Des 2021: Potch en APA word geïdentifiseer as alternatiewe instansies waar teologiese studente opleiding kan ontvang.
  • 1 Apr 2022: (1)Artikel 37-besluite by Vrystaat en Namibië. (2)Stigting van Familie van Reformerende NG Kerke (21-22 Julie 2022). (3)Teologiese opleiding.
  • 28 Mei 2022: (1)Advertensie van Familiebyeenkoms van behoudende gereformeerde kerke en lidmate (20-21 Julie 2022). (2)Nuwe webblad: www.fggsa.co.za (Familie van gereformeerde gemeentes in SA)
  • 12 Jul 2022: Laaste nuusbrief voor familiebyeenkoms.
  • 29 Aug 2022: Eerste nuusbrief na familiebyeenkoms.
  • 14 Nov 2022: Koinonia Sinode

Verklarings

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui