Volg liewer die advies van die beste Advokaat

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Volg liewer die advies van die beste Advokaat | Netwerk24

Bekommerde NG Lidmaat

18 Maart 2024

Daan Nortier se brief “Laat strydendes hul saak stel en gemeentes stem” (15.03) verwoord wat in die hart van duisende NG lid­mate is.

Ons is nie ’n klomp jukskeibrekers, ’n klomp moeilikheidmakers, ’n klomp verkramptes nie, nee.

Ons glo onwrikbaar in die vyf fondamente waarop die NG Kerk gebou is, dit wat Nortier verwoord en in ons eie gemeente ’n ereplek het.

Nou kom die moderator, ds. Jan Lubbe, en die res van die leiers­korps met dreigemente van die advies van advokate, die verlies aan pensioen en dies meer.

Regsmenings word liewer gebruik om hul dilemma op te los, by gebrek aan argumente langs ’n Christelike weg.

Ons is moeg daarvoor om deur die Neels Jacksons, die Gaums en ander geïntimideer te word.

Aan die kerkleiers, net dit: Die beste Advokaat kry ’n mens op jou knieë.

Volg maar sy regsadvies!

Kommentaar

Daniel Louw

Behoudendes moet baie versigtig wees om slagoffer te speel.

Was die ATR se regsmening werklik ‘n dreigement?

Nêrens is gesê dat predikante hulle pensioene kan verloor nie. Wanneer ‘n gemeente skeur, sal die predikant wel sy pensioenfonds moet skuif omdat hy nie meer deel is van die NG Kerk nie.

 

4 thoughts on “Volg liewer die advies van die beste Advokaat”

  1. Ons almal luister daagliks na die beste Advokaat , maar ons is mens geskape en almal van ons verstaan nie die boodskap dieselfde nie. Dit sal altyd so bly, ons is so gemaak, daarom sal ons MOET leer om met ons verskille saam te leef.

  2. Die NG KERK is gekaap. Persoonlik dink ek, daar is meer as genoeg swaargewig geldende regsgronde wat deur belese Advokate/regslui gebruik kan word, om die ontvoerders uit die gekaapte voertuig uit te gooi. Die leraars, kerkrade en meesste lidmate, het ongelukkig die rugstring van ‘n seekat. Menende….

    Het die Here die heersende chaos veroorsaak, of die kerk self? Mens hou nie hande vas met die duiwel nie, en laat hom nie toe om die voertuig te bestuur nie. Wat hy tans doen. Vir baie dekades reeds – hy is net nie raakgesien deur die lou leraars, lou kerkrade en lou lidmate nie. Ook mag hy [satan] nie passasier wees nie. Of versteek word in die kattebak nie. Of nie saamgesleep word op ‘n sleepwa, of selfs in sy eie karavaan nie!

    1. Ek gaan dit nie betwis nie. Maar daardie ‘oorname’ hoef nie ‘n groot komplot te wees nie. Wat gebeur het dat talle NG-mense maar begin het by ‘nuwe denke’ in te kop, wat nou postmodern is.

      Dit gese dink ek egter dat daar alreeds probleme met die evangelie voorheen was. Dit was doodeenvoudig te afgewater en maar net ‘n paar leerstellings onderskryf was as voldoende gesien om ‘n Christen te wees. “Laat die here maar die res doen” was die idee gewees. Twyfel egter dis voldoende. Die Vlees probeer teen die Gees baklei en die hart van die mens is misleidend.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui