Byeenkoms van Familie van Gereformeerde Gemeentes Julie 2022

Op 21-22 Julie 2022 het die Kairos Netwerk ’n Familie van Gereformeerde Gemeentes (FGG) byeenkoms gehou.

Plek: Afriforum teater, Pretoria

Kyk ook ander relevante artikels en ’n lys van die video-opnames aan die onderkant.

Inhoud: ARC, Sessie1, Sessie2, Sessie3, Sessie4, Sessie5, Sessie6, Sessie7

Hier volg ’n voëlvlug oor die program:

DONDERDAG

12:00 Opdeel in streeksinodes

Streeksinodes deel op om mekaar te leer ken en te gesels.

14:00 ARC video

‘n Video word gespeel waar Dan Ackerman en Tim Vink van die Alliance of Reformed Churces (ARC) groete oordra aan die Kairos Netwerk (KN). Die ARC het van die Reformed Church of Amerika geskeur. Die ACR het selfs lidmaatskap aan KN aangebied, maar KN het dit van die hand gewys omdat daar gevoel word dat KN nog ’n rol te speel het in die NG Kerk.

Video: FGG-byeenkoms Video 2 : Groeteboodskap van die ARC

14:45 Sessie 1: Visie: ‘n Skrifgetroue Geloofsfamilie vat hande om hoop te bring in ‘n verwarde wêreld

Hoofspreker: Piet Otto

Video: FGG-byeenkoms Video 3 : SESSIE 1 – “Ons vat hande” – Ds. Piet Otto

Daar is ’n probleem in die kerk. Die kerk is in ’n krisis. God het egter nie ’n krisis nie.

Ons hoef nie planne te maak nie. Gaan slegs terug na die bron (Bybel) toe.

Een van die probleme is dat die kerk nie meer ’n presbiteriale kerk is nie. Ons is slagoffers daarvan. Plaaslike gemeentes het onafhanklikheid verloor. Tans moet daar eers toestemming gevra word voor iets gedoen kan word. Plaaslike gemeente is egter volledig kerk. Ons moet oor begin. Ons moet by gemeentes begin.

Paneelbespreking

Video: FGG-byeenkoms Video 4 : Sessie 1 – Paneelbespreking gelei deur Ds. Helgard Janse van Rensburg

Kyk ook Kairos: ‘Gemeentes moet deur sieklike afhanklikheid van NGK-sinode breek’.

16:30 Sessie 2: Visie: ’n Skrifgetroue Geloofsfamilie bou op vaste fondamente (Sola et Tota Scriptura)

Hoofspreker: Gert Duursema

Video: FGG-byeenkoms Video 5 : SESSIE 2 – “Fondamente” – Dr. Gert Duursema

Paneelbespreking

Video: FGG-byeenkoms Video 6 : Sessie 2 paneelbespreking gelei deur Dr. Johann Ernst

Kyk ook Kairos is nie ‘skeurmakers’ of ‘homofobies nie’.

18:30 Sessie 3: Visie: ‘n Skrifgetroue Geloofsfamilie aanvaar slegs suiwer Teologiese Opleiding.

Hoofspreker: Hoffie Hofmeyr

Video: FGG-byeenkoms Video 7 : SESSIE 3 – “Teologiese Opleiding” – Prof Hoffie Hofmeyr

Nie bang om as ’n skeurmaker bekend te staan nie. Doen slegs wat God verwag.

Hy deel van sy ervaringe met teologiese fakulteite. Daar is al in die verlede probleme aangemeld, maar dan gebeur niks nie. Die kurators het ook ’n verantwoordelikheid om dwaling raak te sien en op te volg – dit is nie net behoudendes se taak om dit onder hulle aandag te bring nie. Tans word gekyk na opleiding vir alle behoudende denominasies.

Verskillende opleidings:

  1. Klassieke teologies opleiding
  2. Veritas-opleiding
  3. VTO (voortgesette teologiese opleiding)
  4. “Gap”-jaar
  5. Nuwe informele mentor program

Paneelbespreking

  • Norma Rossouw (fasiliteerder)
  • Henk Stoker (Gereformeerde Kerk teologiese fakulteit)
  • Tiesie de Coning (Veritas)
  • Henrietta Klaasing
  • Hoffie Hofmeyr

Video: FGG-byeenkoms Video 8 : Sessie 3 paneelbespreking gelei deur Ds. Norma Rossouw

Kyk ook Kairos: ‘Begin van nuwe teologiese opleiding’ vir NG predikante.

VRYDAG

08:00 Sessie 4: Skakelpersone en Netwerke: Paneelbespreking: Hoe gaan ons as Skrifgetroue geloofsfamilie skakel om samewerking te verseker?

Bennie Marais fasiliteer streeksinodes om in te deel in groepe van ongeveer 6-7 mense wat per Whatsapp in verbinding sal wees in die toekoms. Dit is nog onseker presies wat die waarde hiervan sal wees.

Video: FGG-byeenkoms Video 9 : SESSIE 4 – “Netwerke & skakeling” – Dr. Bennie Marais & Gerrie van Niekerk

Video: FGG-byeenkoms Video 10 : Dr. Anton Knoetze – “Meer spoed”

08:45 Sessie 5: Visie: ’n Skrifgetroue Geloofsfamilie fokus op die Boodskap van verlossing in leer en lewe

Hoofspreker: Chris van Wyk

Video: FGG-byeenkoms Video 11 : SESSIE 5 – “Verlossing”- Dr. Chris van Wyk

Klier HIER vir ’n advertensievideo van hierdie toespraak en kliek HIER vir sy aanbieding.

Diversiteit, of ’n ruim huis, is nie Bybels nie, maar wel eensgesindheid (1 Korintiërs 1:10).

Chris verwys na die dokument Geloof en wetenskap 2015 wat tydens die 2015-sinode goedgekeur is as besprekingsdokument.

Hy verwys na ’n vraelys wat aan predikante in die Oos-Kaap gestuur is. Die uitslag was soos volg:

  • 57% is gemaklik met die 2019-sinode se besluit om ruimte te skep vir SGVs, MAAR
  • 69% stem nie saam met SGVs nie

“The church is always a community of resistance.”

Paneelbespreking

  • Smuts Janse van Rensburg
  • Cassie Aucamp (Gereformeerde Kerk)
  • Dubois du Toit (Kestell)
  • Henrietta Klaasing
  • Chris van Wyk

Video: FGG-byeenkoms Video 12 : Sessie 5 paneelbespreking gelei deur ds. Smuts Janse van Rensburg

Tydens die paneelbespreking was die eerste vraag aan Dubois gerig. Sy antwoord was dat die kerk moet skeur. Nadat hy klaar gepraat het, het die gehoor spontaan hande geklap.

Tydens Cassie se spreekbeurt het hy gesê dat ’n mens nie moet hande klap oor ’n kerk wat skeur nie, maar eerder treur.

Ferdie Mulder het uit die gehoor gesê dat dit trane was wat soos ’n applous geklink het.

10:15 Sessie 6: Visie: Ons Skrifgetroue Geloofsfamilie se kerkregtelike visie vir die pad vorentoe.

Hoofspreker: Theo Danzfuss

Video: FGG-byeenkoms Video 13 : SESSIE 6 – “Kerkregtelik” – Ds. Theo Danzfuss

Wat maak ’n mens as die kerk van die Here brand?

In Desember 2020 het die NG kerk die trofee vir padda van die jaar gekry. Dit was baie sleg.

Die gevaarlikste is om niks te doen nie.

Daar is 10 opsies wat in vier hoof opsies verdeel kan word:

A. Kerklike volstruispolitiek

  1. Gevoude hande terwyl die kerk van die Here brand. Ontkenning van die probleem

B. Missionale profete

  1. Transformeer kerk. Ruim huis met teenstrydige leringe
  2. Elfde sinode vir behoudendes. Diversiteit in belydenis.
  3. ASM se Droom scenario 2030

C. Behoudendes wat sê: Weg met NG Kerk

  1. Bedank uit kerk, elkeen loop eie pad
  2. Skeuring, stig eie kerk
  3. Behoudendes sluit by ander kerk aan

[Kommentaar: Kyk ’n Saak vir kerkskeuring.]

D. Behoudendes wat sê: Weg met algemene sinode (Reformasie)

  1. Vervang algemene sinode met federale struktuur.
  2. Tree uit algemene sinode met Artikel 37.
  3. Herdefinieer algemene sinode: sinode van sinodes en gemeentes (gemeentes maak band los).

Die KN kies opsie “D”: Weg met algemene sinode.

[Kommentaar: Kyk Dit help nie om algemene sinode te ontbind.]

Die Goudlandse sinode, Vrystaatse sinode en Namibiese sinode word genoem as sinodes wat nog moontlik artikel 37 kan uitoefen.

Die vraag is: Hoe lank moet ’n mens nog van binne probeer hervorm? Solank as wat daar ’n oop deur is. As die deure sluit, dan was dit nie ons keuse nie.

Daar is sewe merkers of dinge waardeur van binne gereformeer moet word:

  1. Konsolideer: Daar is drie groepe: liberales, behoudendes, neutrales. Konsolideer behoudendes saam.
  2. Fokus op God: Sy woord, kerk, wil, almag Mat 7:7-8
  3. Fokus op lidmate: Jesus bou sy kerk op die belydenis van sy dissipels (Mat 16:15-18). Die oogmerk is om lidmate te bekeer.
  4. Fokus op plaaslike gemeente: Lukas 13:6-9. Tuinier pleit vir nog ’n jaar. As ’n mens nie dadelik resultate sien nie, onthou: ’n saadjie word geplant, ’n klip word begrawe.
  5. Fokus op dissipelskap: Die kerk is nie die algemene sinode nie. Die kerk is die gemeentes. Toerusting, bv kategese.Ontmasker wolwe in skaapsklere. Huisbesoek. Versorg boom wat God geplant het. Bou verhoudinge met skrifgetroue kerke.
  6. Fokus op kerkverband: Skep ’n nuwe sinode. Behoudendes bymekaar – behoudende sinode. Tans is daar nie wettige afgevaardigdes nie, daarom kan daar tans nie wettige besluite geneem word nie.
  7. Fokus op wyer kerkverband: Duidelike getuienis. Ons eie getuienis

Paneelbespreking

  • Helgard Janse van Rensburg (fasiliteerder)
  • Advokaat Teresa Conradie
  • Gert Duursema
  • Johann Ernst
  • Theo Danzfuss

Video: FGG-byeenkoms Video 14 : Sessie 6 paneelbespreking gelei deur Ds. Helgard Janse van Rensburg

Tydens die paneelbespreking is die behoud van bates bespreek. Advokaat Teresa Conradie het voorgestel dat KN ’n onafhanklike regsentiteit moet skep (soos die Geloofsbond van Hervormde gemeentes gedoen het) wat baie sal help hiermee.

Kyk ook Kairos Netwerk soek reformasie in NGK, verwerp sinodale struktuur.

11:30 Sessie 7: Ons Geloofsfamilie se getuienis na buite. – Ons Geloofsverklaring.

‘n Geloofsverklaring word voorgelê. Daar word besluit om eers klein veranderinge te maak voor dit gepubliseer sal word.

Video: FGG-byeenkoms Video 15 : “Geloofsverklaring” – Ds. Smuts Janse van Rensburg

Die finale geloofsverklaring word op 1 September 2022 gepubliseer:

ALGEMENE OPMERKINGS

Daar was ongeveer 200 mense by die byeenkoms.

Daar was nooit geleentheid geskep vir vrae van die vloer af nie. Daar was wel geleentheid gegee om vrae op papier te skryf wat ingegee kon word, of om vrae per Whatsapp te stuur na 076 192 6626. Voor die byeenkoms was daar ook ’n uitnodiging gemaak om vrae te stuur na info@kairosnetwerk.net. Geen van die vrae is egter pertinent beantwoord nie of selfs aan almal voorgelees nie.

Al die verteenwoordigers van ander denominasies wat daar verteenwoordig was (APK, Geloofsbond van Hervormde gemeentes, Gereformeerde Kerk en Vrye Gereformeerde Kerk) het ’n hand van vriendskap uitgesteek. Dit was baie positief en ’n mens het iets beleef van “Die Kerk van die Here”.

Die sessie oor teologiese opleiding was waarskynlik die hoogtepunt van die byeenkoms.

Besluite

Die byeenkoms het nie besluite geneem nie. KN het wel hulle visie gedeel:

  • Gaan voort met die ondersoek na alternatiewe teologiese opleiding.
  • Stig ’n kuratorium. Hoffie Hofmeyr het aangebied om op die kuratorium te dien.
  • Gaan voort om die NG kerk van binne te reformeer en nie te skeur nie.
    • KN hoop dat een van die huidige streeksinodes artikel 37 sal uitoefen sodat behoudendes daar kan aansluit, of
    • Die algemene sinode moet ontbind (dit is nie seker hoe KN dit sal bewerkstellig nie)
  • Gemeentes wat nog nie doleer nie, moet op plaaslike vlak genader word en ingelig word. Die KN kan dit nie effektief van bo doen nie.
  • Skep Whatsapp groepe binne streeksinodes wat sal dien as netwerke.
  • Dit is onseker of die voorstel van advokaat Teresa Conradie, om ’n onafhanklike regsentiteit te skep, as ’n besluit geneem is.

Relevante artikels

Videos

  1. FGG-byeenkoms Video 1 : Opening – Dr. Anton Knoetze
  2. FGG-byeenkoms Video 2 : Groeteboodskap van die ARC
  3. FGG-byeenkoms Video 3 : SESSIE 1 – “Ons vat hande” – Ds. Piet Otto
  4. FGG-byeenkoms Video 4 : Sessie 1 – Paneelbespreking gelei deur Ds. Helgard Janse van Rensburg
  5. FGG-byeenkoms Video 5 : SESSIE 2 – “Fondamente” – Dr. Gert Duursema
  6. FGG-byeenkoms Video 6 : Sessie 2 paneelbespreking gelei deur Dr. Johann Ernst
  7. FGG-byeenkoms Video 7 : SESSIE 3 – “Teologiese Opleiding” – Prof Hoffie Hofmeyr
  8. FGG-byeenkoms Video 8 : Sessie 3 paneelbespreking gelei deur Ds. Norma Rossouw
  9. FGG-byeenkoms Video 9 : SESSIE 4 – “Netwerke & skakeling” – Dr. Bennie Marais & Gerrie van Niekerk
  10. FGG-byeenkoms Video 10 : Dr. Anton Knoetze – “Meer spoed”
  11. FGG-byeenkoms Video 11 : SESSIE 5 – “Verlossing”- Dr. Chris van Wyk
  12. FGG-byeenkoms Video 12 : Sessie 5 paneelbespreking gelei deur ds. Smuts Janse van Rensburg
  13. FGG-byeenkoms Video 13 : SESSIE 6 – “Kerkregtelik” – Ds. Theo Danzfuss
  14. FGG-byeenkoms Video 14 : Sessie 6 paneelbespreking gelei deur Ds. Helgard Janse van Rensburg
  15. FGG-byeenkoms Video 15 : “Geloofsverklaring” – Ds. Smuts Janse van Rensburg
  16. FGG-byeenkoms Video 16 : Reaksie op geloofsverklaring – Dr. Gert Duursema
  17. FGG-byeenkoms Video 17 : Reaksie op die kerk-regtelike sessie – Prof. Hoffie Hofmeyr
  18. FGG-byeenkoms Video 18 : Bedankings – Dr. Anton Knoetze
  19. FGG-byeenkoms Video 19 : Afsluiting – Ds. Helgard Janse van Rensburg

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui