Die NG Kerk in 2021

Hier volg ‘n opsomming van die belangrikste gebeure in die NG Kerk in 2021.

Die jaar skop af met nog briewe in die media wat reageer op die Kairos Netwerk se Zoomgesprek wat uitgelek het. Kyk NG Kerk ‘gaan skeur’/Artikels voortspruitend.

Moderator pleit vir eenheid in die NGK

Op 18 Januarie 2021 word ‘n video vrygestel waarin Nelis Janse van Rensburg, moderator van die NG Kerk, met die NG Kerk praat en pleit vir eenheid. Dit is duidelik dat hy reageer op die teenstand wat die algemene sinode wat hy verteenwoordig, vanuit die kerk ervaar. Kyk Nelis Janse van Rensburg se argumente ongeldig (Jan Louw, 24 Jan 2021)

Kairos Netwerk vergader met ASM verteenwoordigers

Op 22-23 Feb 2021 vergader die Kairos Netwerk werkgroep met verteenwoordigers van die ASM, Tydens hierdie vergadering word daar onder andere dokumente aan die ASM deurgegee. Later blyk dit dat hierdie dokumente nie na die res van die ASM versprei is nie (kyk Kairos Netwerk Nuusbrief – 1 Apr 2021). Kyk ook Kairos Netwerk: lys van werksaamhede.

ASM besluit oor KN versoek

Op 3 Maart 2021 vergader die algemene sinode moderamen (ASM) en bespreek onder andere die Kairos Netwerk se versoek tot ‘n buitengewone sinodesitting. Die ASM besluit om dit nie toe te staan nie. Kyk Kairos Netwerk: lys van werksaamhede.

Jan du Rand sterf

Op 9 Maart 2021 sterf Jan du Rand. Kyk Herinnering aan Jan du Rand (1945-2021).

God is vrou en “Heilige prisma” tydens legitimasiediens

Tydens ‘n legitimasiediens van die NG Kerk op 29 Maart 2021 verwys die prediker, Ds Melanie Thirion, na God in die vroulike geslag. Verder doen Dr Jana van den Munckhof ‘n gebed en spreek God aan as “Heilige prisma…”. Dit lei tot hewige debatvoering in die media. Die voorsitter van die algemene kuratorium, Frederick Marais, verdedig die twee dames. Kyk Opsomming: God is vrou, “Heilige prisma” tydens legitimasiediens op 29 Maart 2021.

Kairos Netwerk konferensie in Bethal

Die Kairos Netwerk hou hulle eerste konferensie in Bethal op 16 April 2021. Kyk Persverklaring: Bethal Konferensie 16 April 2021.

Die Strand doleer

NG gemeente Die Strand besluit tydens ‘n kerkraadsvergadering op 9 Junie 2021 om ook te doleer en hulle sinodale bydraes terug te hou. Dit maak groot opslae in die media. Kyk Opsomming: Die Strand doleer.

André Bartlett word skuldig bevind

In Junie 2021 word André Bartlett skuldig bevind daarvan dat hy valse inligting oor Chris van Wyk, predikant in die Oos-Kaap, versprei het. Kyk Opsomming van tugklag teen André Bartlett 2020-2021.

Moderator video

Op 28 Julie 2021 gaan Nelis Janse van Rensburg voort om Die Strand en hulle ondersteuners te kritiseer. Kyk Video: NG Kerk staan binne haar belydenis – Nelis Janse van Rensburg (28 Jul 2021)

Verklaring deur Sola Scriptura in Namibië

Op 13 Augustus 2021 reik Sola Scriptura, ‘n behoudende groep in Namibië, ‘n verklaring uit. Kyk Sola Scriptura (groep).

UP stel kurrikulum transformasie bekend

In ‘n video op 18 Augustus 2021 stel die Universiteit van Pretoria sy kurrikulum transformasie bekend. Daarin sê prof Jerry Pillay, dekaan van die teologiese fakulteit onder andere: “We are consciously giving more attention to black theology, African Christian theology, liberation theology, feminist theology, womanist theology, urban theology, etc.”

Kyk UP stel hulle kurrikulum transformasie bekend (18 Aug 2021)

Dubois du Toit in gesprek met Frederick Marais

Op 7 September 2021 voer Dubois du Toit, ‘n jong predikant in Namibië, ‘n onderhoud met Frederick Marais, voorsitter van die algemene kuratorium van die NG Kerk. Dit is na aanleiding van ‘n video wat Dubois op 25 Augustus 2021 vrygestel het wat die NG Kerk se teologiese fakulteite in ‘n slegte lig plaas.

Kyk Kommentaar: Dubois du Toit in gesprek met Frederick Marais.

Kairos Netwerk en teologiese opleiding

In ‘n Kairos Netwerk nuusbrief op 24 September 2021 word voornemende teologiestudente aangeraai om eerder by die Gereformeerde Kerk van SA in Potchefstroom te studeer.

In ‘n Kairos Netwerk nuusbrief op 3 Desember 2021 word die NWU se Teologiese Fakulteit in Potchefstroom en die onafhanklike Afrikaanse Protestantse Akademie in Pretoria as alternatiewe teologiese opleiding geïdentifiseer.

Legitimasiediens gebruik om kerkeenheid te bevorder

Op 24 November 2021 word die Universiteit Stellenbosch se teologiese studente van die NG Kerk en VGK gesamentlik gelegitimeer. Tydens die diens word daar baie gefokus op kerkeenheid. Al die studente teenwoordig onderskryf ook die Belydenis van Belhar.

Kyk NG Kerk legitimasiediens gebruik om kerkeenheid te bevorder (24 Nov 2021)

Die NG Kerk in 2020 Die NG Kerk in 2022

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui