Hoëveld Sinode 2022

Kyk ook:

Voor die aanvang van die Hoëveld Sinode (18-20 Oktober 2022) het die moderator, André Bartlett, die volgende video geplaas:

Sinode Hoëveld Oktober Sinodesitting (16 Sep 2022)

Die tema van die sinode is: “Ons storie”.

Volgens Bartlett: “Vanjaar gaan ons minder fokus op verslae, oor dinge wat gebeur het, en wat gedoen is, en eerder met mekaar gesels oor die vraag: Wie is ons en waarheen is ons oppad? Hoe lyk die toekoms van ons gemeentes, van ons sinode en van die groter NG Kerk.”

Dus, is die uitgangspunt dat die 2019-besluit oor SGV gebeur het en dat hulle moet aanbeweeg. As dit dus van die moderator afhang, gaan daar nie baie tyd bestee word aan gesprekke oor die vorige sinodebesluite nie.

Die volgende twee sprekers gaan optree:

  1. Stephan Joubert
  2. Graeme Codrington (‘n scenariobeplanner, toekomskundige, teoloog en aktivis vir homoseksualiteit)

Vir meer videos, kyk NG kerk Sinode Hoëveld.

Opsomming

  • ’n Voorstel is gemaak dat ’n studiegroep bymekaargeroep sal word om verder te besin oor Artikel 37 en die losmaak van bande met die Algemene Sinode.

Artikels

Relevante beskrywingspunte

Vir volledige beskrywingspunte, kyk Hoëveld Sinode 2022 beskrywingspunte.

Hier volg ’n baie kort opsomming van die relevante beskrywingspunte.

  1. Algemene Sinode moet ontbind (2)
  2. Oplossing vir gemeentes wat hulself los wil maak van die Algemene Sinode (4)
  3. Navraag oor artikel 37 (1)
  4. Moratorium om 2019-besluit (1)

1. NG Kerk Mooifontein (Dolerend)

Beskrywingspunt: Die Algemene Sinode moet ontbind.

2. NG Kerk Mooifontein (Dolerend)

Beskrywingspunt: Voorstel aangaande ‘n welwillende wyse waarop die algemene sinode (as) talle gemeentes kan help wat uit die verband met die algemene sinode wil tree.

3. Ring van Heidelberg

Die Ring van Heidelberg distansieer hom van die besluit rakende “Selfdegeslagverhoudings” wat deur die Algemene Sinode geneem is tydens die sitting van die Algemene Sinode gedurende Mei 2019.

Die Ring van Heidelberg wil graag die kerklike weg volg om hierdie saak te hanteer. Derhalwe word die besluit van die Ring van Heidelberg aan die SDK van die Hoëveld Sinode gestuur, asook aan die Algemene Sinode. ’n Versoek word aan die SDK van die Hoëveld Sinode gerig om hierdie saak as ‘n saak van dringendheid tydens die eersdaagse Sinodesitting van die Sinode Hoëveld op 18-20 Oktober 2022, te bespreek sodat daar sinvolle, Bybelse voorstelle ter tafel gelê kan word.

Ons vra derhalwe dat daar ’n moratorium op die besluit van die Algemene Sinode geplaas sal word. In 2015 is hierdie selfde versoek aan die Sinode Hoëveld sowel as aan die Algemene Sinode gerig. Ons het egter tot op hede geen skriftelike terugvoer van enige van bogenoemde ontvang nie. Ons vertrou dat die Sinode Hoëveld sowel as die Algemene Sinode ernstig sal aandag gee aan ons versoek en ons van skriftelike terugvoer sal voorsien.

4. NG Kerk Evander

Beskrywingspunt: Voorstel vir ‘n ondersteunende werkwyse waarop die Algemene Sinode gemeentes kan help wat uit die algemene sinode-verband wil tree.

Die kerkraad van NGK Evander wil moontlik saam met talle ander gemeentes, uit die verband met die Algemene Sinode tree. Hierdie kerkraad versoek nie die Hoëveld Sinode (HS) om as streeksinode uit die verband te tree nie. Die kerkraad stel voor dat die talle gemeentes wat tans versoek om uit die verband met die AS te tree, op die volgende wyse gehelp kan word om dit te doen:

5. NG Kerk Charl Cilliers

Beskrywingspunt: Voorstel aangaande ‘n welwillende wyse waarop die Algemene Sinode (AS) talle gemeentes kan help wat betref losmaking van alle direkte en/of indirekte verbintenisse met die algemene sinodale struktuur.

Die kerkraad van NG Kerk Charl Cilliers (dolerend) wil graag, soos talle ander gemeentes, losgemaak word van enige verbintenis met die AS. Die kerkraad het besluit om nie die Hoëveld Sinode (HS) te versoek om as streeksinode uit die AS verband te tree nie. Die kerkraad stel voor dat die talle gemeentes wat tans versoek om losgemaak te word van enige verbintenis met die AS, op die volgende wyse gehelp kan word om dit te doen:

6. NG Kerk Charl Cilliers

Beskrywingspunt: Die Algemene Sinode moet ontbind.

7. NG Kerk Witfield

Versoek dat ’n inligtingstuk oor Artikel 37 saamgestel word.

Versoek gemeentes se terugvoering oor die moontlike uitvoering van Artikel 37 deur Sinode Hoëveld.

Gegewe die uitkoms, dat gemeentes wat nie met artikel 37 kan vereenselwig nie, toegelaat sal word om uit streeksinodale verband te tree en te hergroepeer binne ’n alternatiewe streeksinodale verband.

8. Ring van Standerton

Beskrywingspunt: Voorstel aangaande ‘n welwillende wyse waarop die Algemene Sinode (AS) talle gemeentes kan help wat betref losmaking van alle direkte en/of indirekte verbintenisse met die algemene sinodale struktuur.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui