Raamwerk: Vrystaatse welwillende proses se voltrekking by Buitengewone Sinode 2024

Ds Pieter Prinsloo van NG gemeente Sasolburg-Tuinedal het die volgende skrywe vanuit ‘n persoonlike hoedanigheid aan die Vrystaatse moderamen gestuur voor die aanvang van die moderamenvergadering op 11 Maart 2024.

*******

Raamwerk: Die Vrystaatse welwillende proses se voltrekking by Buitengewone Sinode 2024

AGTERGROND

DIE VRYSTAAT SINODE HET TYDENS ‘N BUITENGEWONE VERGADERING IN 2023 ONDER ANDERE AS VOLG BESLUIT:

“E. Die NG Kerk Vrystaat besluit om nie kragtens Artikel 37 van die Kerkorde uit algemene sinodale verband te tree nie, maar om met die Algemene Sinode van Oktober 2023 in gesprek te tree en

5. verstaan dat daar Vrystaatse gemeentes is wat nie hul weg oop sien om verder met die teologiese standpuntstelling van die Algemene Sinode geassosieer te word nie, en onderneem om – indien pogings soos hierbo uitgespel (punte 1 tot 4) nie na bevrediging slaag nie – met dié gemeentes welwillend op weg te gaan ten einde hul binne ‘n afsienbare grasietydperk en op kerkordelike wyse toe te laat om dan “met die behoud van regte, voorregte, besittings, naam” (sou alle lidmate daartoe toestem), uit verband met die NG Kerk Vrystaat te tree.”

Daar is nou gemeentes wat na aanleiding van die Oktober-besluite van die AS, beslis nie meer hulle weg oopsien om geassosieer te word met die teologiese standpuntstelling van die AS nie.

  • Alle kommunikasie is reeds sedert 2022 aan gemeentes gestuur aangaande die redes waarom gemeentes nie meer deel wil wees van die Algemene Sinode nie (sien aangeheg).

DIE VRYSTAAT IS DUS NOU BY DIE VOLGENDE FASE VAN DIE OOREENGEKOME PROSESBESLUIT: WATTER WELWILLENDE WEG WORD VOORSIEN?

  • Die VS het in opsie E punt 5 besluit dat – afhangende van die uitkomste van punt 1 tot 4 – ‘n welwillende weg in die Vrystaat gevolg sal word met gemeentes wat steeds ontevrede gelaat word oor genoemde besluite van die AS.
  • Ongelukkig verwys punt 5 bloot vaagweg na so ‘n welwillende weg sonder om dit toe te lig.
  • Punt 5 verwys weliswaar tussen hakies na die universitasbeginsel wat INDIVIDUELE gemeentes NOG ALTYD kon gebruik om uit die verband te tree.
  • Die universitasbeginsel skep dus geen nuwe raamwerk vir die VS se voorgenome welwillende weg om ‘n GROEP Vrystaatse gemeentes te help om losmaking te bekom nie (soos spesifiek voorsien in punt 5 van die besluit van die VS).

Die vraag onstaan dus: Watter raamwerk word deur die moderamen voorsien vir hierdie NUWE welwillende weg wat by implikasie in punt 5 goedgekeur is, aangesien die uitkomste van punt 1-4 sommige gemeentes steeds ontevrede laat?

DIE VOLTREKKING VAN DIE WELWILLENDE WEG

INLEIDEND: ‘N HERINNERING AAN DIE DOEL VAN DIE KERKORDE:

  • Die doel van die Kerkorde is om in diens van God se orde te wees.
  • Gewetensdwang en afpersing is beslis nie deel van God se orde nie
  • Dwang tot ‘n strukturele verband (gewetensdwang volg as die meerderheid stem teen die geloofsoortuigings van diegene wat nie meer deel wil wees van die verband nie, welwetende dat inidviduele gemeentes hulle eindomme sal moet prysgee indien hulle uit die verband wil tree) is beslis nie God se wil nie.

WAT BEPAAL DIE KERKORDE

  • Gemeentes kan nie met behoud van eiendom uittree nie.
  • Samestellende kerke (streeksinodes) kan wel uittree met behoud van naam ens.

OPLOSSING

  • Die Vrystaat het reeds ooreengekom op ‘n welwillende weg.
  • Die welwillende weg behels dat die Vrystaat Sinode verdeel op ‘n wyse waar gemeentes hulle volgens geloofsoortuiging voeg by gemeentes wat hulle geloofsoortuigings deel.

HOE GESKIED DIT KERKORDELIK?

  • Gemeentes kry ‘n ses maande vensterperiode na afloop van BS 2024, om by wyse van ‘n kerkraadsbesluit aan te dui by wattter herverdeelde groepering hulle wil wees (groep wat deel van die AS bly of groep wat uit verband sal tree soos ooreengekom)

MAAR IS DIE UNIVERSITASBEGINSEL NIE ‘N PROBLEEM NIE?

  • Kerkrade, as gevolmagtigdes van gemeentes, mag kerkordelik met ‘n gewone meerderheidsbesluit aandui by watter een van die twee herverdeelde sinodes die gemeente gevoeg wil word (sien vorige verdelings van Transvaalse sinode ens.).
  • Die universitasbeginsel geld slegs waar individuele gemeentes uit die verband tree met verlies van naam en eiendom. Die Vrystaatse weg behels dat gemeentes hulle voeg by ‘n nuutgevormde NG streeksinode, wat uiteindelik met behoud van naam en eiendom uit die verband met die Algemene Sinode tree. Die universitasbeginsel is daarom beslis nie ter sprake nie.

WAT VAN ONTEVREDE INDIVIDUE IN GEMEENTES?

  • Individue bedank daagliks, oor enige gemeentekwessies wat hulle affronteer, uit hulle gemeentes sonder enige beletsel.
  • Gemeentes het nie hierdie luukse om sonder beletsels uit die verband te tree nie.
  • Individue behou na afloop van die Vrystaatse verdelingsproses steeds die reg om uit hulle gemeentes te bedank as hulle nie saamstem met hulle kerkraad se besluit nie.

DIE PROSES:

  • Die Vrystaat Sinode neem ‘n beginselbesluit dat die verdeling ses maande na afloop van die buitengewone vergadering geïmplementeer sal word.
  • Die ses maande vensterperiode word ingelei deur kommunikasie aan gemeentes waarin hulle gevra word om met ‘n kerkraadsbesluit aan te dui by watter een van die twee nuwe groeperings hulle gevoeg wil word.
  • Na afloop van hierdie ses maande word die verdeling voltrek by ‘n buitengewone sinode.
  • Elke groep handel daarna volgens geloofsoortuiging.

WAT VAN SINODALE STRUKTURE EN EIENDOMME?

  • Die groep wat deel bly van die Algemene Sinode kan alles behou, maar kan besluit om ‘n bruidskat te gee aan die groep wat uittree.

1 thought on “Raamwerk: Vrystaatse welwillende proses se voltrekking by Buitengewone Sinode 2024”

  1. Esegiël, die oud-testamentiese profeet, se gehoorsaamheid aan God se Stem vanuit Sy Skrikwekkende Teenwoordigheid, is vir mensself ‘n geweldige openbaring van tydige en volledige gehoorsaamheid aan dít wat God sê, en óók die gevolge wat sou plaasvind sou hy nie praat en doen soos God verlang nie.

    Dit is lagwekkend om die NG sirkusnarre se slim woorde te lees, oor en weer. Dié leraars is vér te slim vir GOD; vér te veel van kompromieë en ruggraatloosheid in hul rugmurg. Maar dan weereens, moet mens nie verbaas staan nie. Want in die moderne idioom, is hùl nie in Esegiël se 👣 nie, maar aan die ánderkant van die muur en belegvoorstelling van Esegiël se woorde en bykans naïewe aksies wat profeties spreek teenoor die eertydse rebelse en arrogante en klipsteenharde leiers en volk van daardie – en hierdie – tye.

    Die groot verskil in denkwyses tussen Esegiël en dié teenoor hom, was (en ís vir die wat glo die Woord is ewig waar), dat “naïwiteit” en “onvolwassenheid” en “dit is sommer ‘n klomp nonsens hierdie” en by sommige, “die #$#@%°” (já….hulle dìnk so, veral die lidmate…” ), is dat sy woorde en dade in opdrag van GOD kom.

    ‘n Man se gewig kan miskien wissel binne die interval van 50kg tot 200 kg. Weeg GOD 85kg? 10kg? 150kg? Hul meen so.

    Ek dink Sy gewig is eerder – by wyse van ‘n metafoor – 1,000,000,000,000,000,000,000 000,000 000,000,000,000,000 kilo-ton tot die mag 1,000,000,000,000,000,000,000 000,000 000,000,000,000,000 kilo-ton., en dan het ons nog nie eens by ‘n nano-gram van Sy Gewig gekom nie. Hy ís tog die EWIGE ROTS, en nie die klein rivierspoelklippie in die spruit, soos die kerke meen nie. Dit ís tog dan ook dié gewig van waaruit Sy woorde hul oorsprong het? Kan mens Sy woorde sommer maar ignoreer of op die rak plaas vir 20 jaar, en dàn eers soos ‘n lou akkedis, nóg wag dat die son eers water trek, alvorens mens eers gehoorsaam is aan Hom, en dan ook maar uiters halfhartig?

    Hul manier van denke, is soos “COVID” – wat Hy tog reeds van gewéét het vóór die begin van alle tye. Of soos mens dit ook kan noem : “CO-VIDEO VIIRUS”, of méér verstaanbaar, “Help -3D-Bevestig-my-denke-duiwel” siekte, wat baseer is op “mensvleeslike psigiese denke” wat nié Sy Gees gehoorsaam nie, maar die méns wat homself en sy kultuur en dit wat hy sien en hoor, en ervaar, eerder (en hoofsaaklik) gehooorsaam.

    99.99999999% sal waarskynlik nie verstaan wat hier na verwys word nie, maar die satan en sy volgelinge wel.

    GOD weet ver, ver, ver méér as bovermeldes en ondergenoemdes. En SY GEES en SY WOORDE is nie ‘n “sex toy” nie….erge woorde….die NG KERK speel met God se Gees heeldag en aldag, om hul vleeslike denke te bevredig. En hul kry net nie genoeg daarvan nie. Net soos Esegiël se toeskouers, is hulle: hul glo nie eens die “3D Persoon” wat vir geruime tyd reeds, hul “vleeslike onblusbare dors na selfaanbidding” aan hul tentoon stel nie.

    Die NG Kerk het geen, geen idee van GOD se 🫀 nie. En ook moet ek byvoeg: die AGS, VEK en soveel ánder in dìe land en die res van die 🌏🌍🌎, is hul nie vér agter nie.

    Die woorde in die Bybel is vir hul soos 🧻 en hul spoel dié waarvan hul nie hou, sommer in die naaste 🚽 weg. Hul dink maar min van GOD.

    Wonder wat dink Hy van hulle?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui