2015 Sinode Goudland besluit oor SGVs

Die Sinode van Goudland het die volgende besluit geneem nadat die Algemene Sinode vroeër in dieselde jaar ruimte gemaak het vir selfdegeslagverhoudings.

***********

3. DIE SINODE VAN GOUDLAND (WES-TRANSVAAL) SE 2015 BESLUIT:

Die huidige Sinode van Goudland besluit oor Selfdegeslag Verhoudinge (SGV), wat destyds in die lig van die Algemene Sinode se 2015 besluit geneem is, en waarop geen revisie tot op hede gevra is nie en waarteen geen afgevaardigde tot op hede appèl aangeteken het nie en/of ‘n gravamen ingedien het nie, lui soos volg:

Die Sinode van Goudland:

1. Aanvaar die Woord van God as gesaghebbend en leidinggewend vir die leer en lewe vir alle gelowiges (2 Tim 3:16).

2. Die Sinode aanvaar die menswaardigheid en gelykwaardigheid van alle mense en verbind haarself om met liefde en respek teenoor alle mense te leef.

3. Die Sinode van Goudland herbevestig dat die Bybel verklaar dat die huwelik ‘n heilige eenheid tussen een man en een vrou vir ‘n lewenslange verbintenis is.

4. Die Sinode van Goudland verklaar dat alle seksuele verhoudings buite die band van huwelik, nie Bybels verantwoord en aanvaar kan word nie.

UITEENSETTING VAN SINODE VAN GOUDLAND SE 2015-BESLUIT:

Eerstens is hierdie besluit ooreenkomstig die Kerkorde 2019 se artikel 23 (kyk Bylae A, pp. 6 en 7 van 13) bindend, in soverre dit nie in stryd is met die Woord van God, die belydenis van die kerk en die Kerkorde nie (sien Artikel 1 en 2). Daarom kan hierdie besluit soos volg uiteengesit word:

Punt 1: Die Bybel is die heilige en onfeilbare Woord van God en geskied tot eer van God en tot heil van Christus (kyk, Artikels 1 en 2 [2019 Kerkorde]).

Punt 2: Respek teenoor alle mense en ‘n homoseksuele oriëntasie word aanvaar ooreenkomstig die NG Kerk se beleid soos goedgekeur, uitgesluit die Alegemene Sinode se 2015 besluit (wat deur AS herroep is).

Punt 3: Huwelik is lewenslank tussen een man en een vrou.

Punt 4: Enige seksuele verhoudings buite die huwelik is nie Bybels en word nie aanvaar nie.

Punt 4 verklaar in ‘n sekere sin alreeds ‘n leergeskil en die sinode van Goudland het kort na die uitreiking van gemelde besluit vir die Algemene Sinode versoek om ingesprek te tree oor hierdie aspek. Gemelde versoek sedert 2015 het nog nie gerealiseer tussen die sinode van Goudland en die Algemene Sinode nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui