Asasel

In Levitikus 16 beskryf die rituele wat gevolg moet word tydens die Groot Versoendag (Engels = “Day of Atonement”), of Jom Kippoer.

Daarin word beskryf dat twee bokke gekies word: Een word geoffer en die ander een word gebruik om figuurlik die sonde van die volk te laai en word dan weggestuur.

Ons lees van Asasel:

Levitikus 16 (AFR83):

(8)Hier moet Aäron lootjies trek oor die bokke. Die een lootjie moet gemerk wees ‘vir die Here’ en die ander een ‘vir Asasel’.
(10)Die bok wat vir Asasel geloot is, moet bly lewe. Die bok moet in die teenwoordigheid van die Here bly staan sodat Aäron die versoeningshandeling daarop kan verrig, en daarna moet die bok die woestyn in gestuur word vir Asasel.
(26)Die man wat die bok na Asasel toe gejaag het, moet sy klere en homself was voordat hy na die kamp toe terugkom.

Soos dit in die Afrikaanse 83 vertaling staan, klink dit of Asasel een of ander afgod is. Die Boodskap vertaling praat selfs van “(8)…vir Asasel, die demoon wat in die woestyn bly.

Die Nuwe lewende vertaling het “Asasel” vertaal as “sondebok” en gebruik dit soos volg:

(10)Die bok wat die sondebok moet wees…

Die volgende Bybelvertalings gebruik die volgende benadering:

Volgens GotQuestions:

Die eerste bok is vir die sondes van die mense geslag en sy bloed is gebruik om die Allerheiligste, die tent van samekoms en die altaar te reinig (v. 20). Na die reiniging is die lewende bok na die hoëpriester gebring. Deur sy hande op die sondebok te lê, moes die hoëpriester “al die boosheid en opstandigheid van die Israeliete – al hulle sondes – daaroor bely en dit op die bok se kop sit. Hy moet die bok wegstuur na die woestyn onder die sorg van iemand wat vir die taak aangestel is. Die bok sal al hulle sondes op homself dra na ‘n afgeleë plek; en die mens sal dit in die woestyn loslaat” (vs. 21-22). Simbolies het die sondebok die sondes van die Israeliete opgeneem en dit verwyder (v. 10). Vir Christene wys dit heen na Christus.

ChatGPT

ChatGPT (kunsmatige intelligensie) gee ‘n baie goeie beskrywing oor “Asasel”:

“Asasel” is ‘n term wat in die Bybel voorkom, spesifiek in Levitikus 16:8-10. In hierdie gedeelte word die reëls van die Jom Kippur (Groot Versoendag) ritueel uiteengesit. Twee bokke word gekies, en die lot val op een bok vir die Here en een vir “Asasel.”Die term “Asasel” is nie duidelik nie en het ‘n paar interpretasies:

  1. Simboliese betekenis: Sommige sien dit as ‘n simbool vir die verwydering van sonde. Die bok vir Asasel is die sondebok wat in die woestyn ingedryf word, wat die verwydering van die sondes van die volk voorstel.
  2. Mitiese figuur: Ander interpretasies sien Asasel as ‘n geestelike wese of demoniese figuur wat in die woestyn woon.
  3. Pleknaam: Sommige vertalings en interpretasies sien Asasel as ‘n geografiese plek waar die bok in die woestyn ingedryf word.

Die spesifieke betekenis van Asasel is dus oop vir interpretasie, afhangend van hoe mense die Bybelse teks interpreteer.

Gevolgtrekking

Omdat demone wel bestaan kan Asasel moontlik verwys na ‘n demoon wat in die woestyn bly (soos Die Boodskap dit vertaal het). Dit maak egter ook baie sin dat dat na ‘n sekere plek in die Woestyn verwys. Dit is egter baie veiliger om bloot na die “sondebok” te verwys wat die volk se sondes simbolies weggedra het.

Betekenis vir ons vandag

Die sondebok wys baie duidelik heen na Jesus wat presies dieselfde vir ons gedoen het: Hy het ons sondes op ons geneem en dit weggeneem sodat ons die ewige lewe kan hê.

Ander bronne

1 thought on “Asasel”

  1. In die christelike fiksie-verhaal, “Die Ontsondiger”∞ – soos geskryf deur Francine Rivers – speel ‘n onstellende verhaal af aangaande ‘n geweldige mistasting en eksegese van ‘n gemeenskap se oorlewerings, geloof en uitleef van die “ Asasel-figurasie” in die Ou Testament, met geen kennis of verwysing na diè Een wat kom plekke ruil het met die sondebok op Golgotha nie.

    Dit is ‘n verhaal van ‘n total verwerpte mens [“geworpe” die beter term], wat ‘n gemeenskap se sondes op hom moes neem, vanweë die lot wat op hom val.

    Weet presies hoe dit voel. Nie dat die NG Kerk, AGS Kerk, VEK, Logos Gemeente, Fathershouse SA en soveel meer, asook en veral ArcelorMittal Suid-Afrika/”Mittal Steel” meen dat my stelling korrek is nie, veral met laasgenoemde se enorme leuens in bestuursfere.

    ∞ – vertaal vanaf diè oorsese skrywer se “The Last Sin Eater”, en uitgegee deur Christelike Uitgewersmaatskappy, 1999

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui