Oostelike Sinode 2022

Datum: 1-2 Augustus 2022

Tydens die Oostelike Sinode in 2021 was daar ’n beskrywingspunt om te besluit of hierdie sinode Artikel 37 van die kerkorde sou uitoefen, aldan nie.

Die sinode het daarteen besluit, maar “het egter ook besluit dat gemeentes wat op grond van hulle oortuiging nie langer tuis voel om deel van die Algemene Sinode te wees nie, met leiding bedien sal word oor wyses waarop hulle wel uit verband met die Algemene Sinode kan tree. Daar sal kerkordelike weë gesoek word om ruimte vir sulke gemeentes te skep waar hulle tuis kan voel.” ’n Werkgroep is daarvoor aangestel.

Tydens hierdie sinode (1-2 Aug 2022) is besluit om ’n nuwe streeksinode/kerk te bedink wat moontlik in 2024 formeel tot stand sal kom indien die AS by sy sitting in 2023 met ’n tweederdemeerderheid goedkeuring verleen. Hierdie nuwe tuiste sal bestaan “in assosiasie met Oostelike Sinode”.

Verkiesings

  • Moderator: Dr Tertius Erasmus van NG Gemeente Bronkhorstspruit. Hy neem by Dirkie van der Spuy oor.
  • Ondervoorsitter: Ds Maartje van der Westhuizen van NG Elarduspark.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui