NGK Vrystaat vra dat kwetsende aanvalle gestaak word

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

NGK Vrystaat vra dat kwetsende aanvalle gestaak word | Netwerk24

Charles Smith

09 April 2024

Die moderamen van die NG Kerk Vrystaat het diegene wat die kerk, ringe en bediening daarvan beskuldig dat hulle nie die Bybel as Gods Woord erken of glo nie, gevra om hul beskuldigings terug te trek.

Die versoek is in die “Verklaring van welwillende voorneme” gerig wat die moderamen aan alle gemeentes in die Vrystaat gestuur het. Dit is opgestel ná die ring van die NG Kerk Vrystaat se vergadering op 11 Maart wat in Winburg gehou is.

Die versoek is dat alle gemeentes, leraars, kerkrade én lidmate, “spesifiek nou in Lydenstyd, Pase en Pinkster, hul harte, motiewe, gedagtes, woorde en handelinge voor God en in die lig van sy Woord ondersoek, hul ongehoorsaamheid en onderlinge vervreemding en verdeeldheid bely, en hulself oopstel vir die helende en vernuwende werking van sy Gees in en tussen ons”.

Dit volg nadat die geskil in die NG Kerk oor veral selfdegeslagverhoudings gelei het tot gemeentes wat wil doleer en persoonlike aanvalle op kerkleiers kwaai toegeneem het.

In Januarie vanjaar het ’n groep van 45 Vrystaatse NG predikante ’n verklaring uitgereik en gevra dat die persoonlike aanvalle, verdagmakery en beskuldigings van ’n klein groepie mense gestaak moet word.

Die versoek in die verklaring van die moderamen vandeesweek is dat alle leraars en lidmate hulself weerhou van kwetsende woorde, tiperings, benaminge en handelinge waarmee hulle “mekaar se diepste hartsoortuigings en persoonlike verbintenisse aan Christus beoordeel, betwyfel of bespotlik maak en allermins optree ooreenkomstig die vrugte van die Gees van God”.

Die moderamen versoek diegene wat beskuldigings gemaak het om dit terug te trek. Dit sluit in beskuldigings dat hulle “wêreldsgesinde navolgers of goedkeurders van die leuens volgens die tydsgees geword het” en “hulself meer gesag toeken as wat die sinodaal-presbiteriale kerkregeringstelsel toelaat en sodoende ’n magsorgaan geword het” en daarom ’n “valse kerk” is.

Die versoek is ook dat alle gemeentes, leraars en lidmate wat oor sinodebesluite van die verlede of gebeure in die kerkverband treur, wat ’n geskil verklaar of “akte van opskorting” aan die moderamen gestuur het, om dit in die lig van hul getuienis in die verklaring te heroorweeg en in die gees van Christus en sy groot genade vir almal, weer hul volle plek in die gemeenskap van gelowiges in te neem.

Die moderamen sê hulle wil só verseker dat die band met mekaar kan herstel en hulle weer eensgesind – al is hulle nie in alles eenstemmig nie – hul gereelde roeping “met vreugde en tot eer van God kan vervul, omdat die Vrystaat hulle almal en hul genadegawes nodig het”.

Kommentaar

Die moderamen van die Vrystaat bestaan uit:

  • Jan Lubbe (voorsitter)
  • Dawie Botes (onder voorsitter)
  • Leon Foot (skriba)
  • Adrie Potgieter

1 thought on “NGK Vrystaat vra dat kwetsende aanvalle gestaak word”

  1. Met verwysing na: ‘ Die versoek in die verklaring van die moderamen vandeesweek is dat alle leraars en lidmate hulself weerhou van kwetsende woorde, tiperings, benaminge en handelinge waarmee hulle “mekaar se diepste hartsoortuigings en persoonlike verbintenisse aan Christus beoordeel, betwyfel of bespotlik maak en allermins optree ooreenkomstig die vrugte van die Gees van God”. ‘.
    ———————————————————————-
    Dr. Peter J. Williams, die Prinsipaal en Uitvoerende Hoof van ‘Tyndale House’ in Cambridge [Engeland], maak onder andere die volgende stelling in een van sy lesings/gesprekke ter toeligting van sy gepubliseerde boek [Oktober 2023, Crossway], ”The Surprising Genius of Jesus: What the Gospels Reveal about the Greatest Teacher”: ”…EVERY WORD OF JESUS COUNTS…”.

    Lees gerus hieronder, ‘n uittreksel oor hom soos gevind op die webtuiste van ‘Tyndale House’. Hy is ‘n uitsonderlike kenner van Antieke Tale, en ook gereelde bydraer tot die ”Evangelical Textual Criticism blog” onder leiding van Dr. Peter M. Head, die Hoof Redigeerder daarvan. Laasgenoemde, is ‘n Nuwe Testamentiese Lektor by ‘Wycliffe Hall’ en ‘n voltydse lid van die Fakulteit van Teologie en Godsdiens by die Universiteit van Oxford.

    Wat mens dus probeer deurgee hier: Dr Peter J. Williams is nie ‘n liggewig outjie nie. Hy ken die Hebreeus en Grieks en Aramees soos die druiwetros die tak ken van waaruit hy spruit. Hy het self onder 👀 gehad, veelvuldige antieke bybelse fragmente en antieke bybelse bronne [en ook veelvuldige nie-bybelse historiese antieke bronne] , en ook te doene gehad met die veelvuldige variante en kompleksiteite van vertaling, en het as’t ware, in die ‘kop’ van antieke ‘scribes’ probeer 👣, waarvan hulself ook ‘n andersoortige Hebreeus/Grieks/Aramees onder knie gehad het, teenoor die moderne Hebreeus/Grieks/Aramees.

    En soos mens luister na die enkele voorbeelde wat hy aanraak in sy boek, ”The Surprising Genius of Jesus”, beleef mens sy insig oor woorde en tale. Ek wonder of meesste luisteraars regtig verstaan wat hy probeer verduidelik, en het ‘n vermoede, die mengeldrankie [”cocktail”] van ”gnostiese-marxistiese-vrymesselary-‘NewAge’-satanies-Judeo-Kabbalistiese-denkpatrone”, se bedwelmde invloed is nog te groot in die bloedstrome van selfs meesste van sy luisteraars/lesers teenwoordig. Ek wonder of hy ooit self besef wat hy praat, want dit is merkwaardig die Lig wat hy begin aanraak.

    Mens kan net hoop, dat leraars van hul sataniese denkpatrone sal beweeg tot ‘n groter bewustheid van Wie Christus werklik is, en dat Hy praat in die Bybel reeds van Genesis 1::1. en met absolute gesag.

    Ek wil selfs so ver gaan en opmerk, dat selfs Albert Mohler, Kevin De Young, Ligon Duncan, Mark Dever, Paul Washer, John Macarthur en vele uit daardie geledere in die VSA – en hul is uiters bekwaam en belese – ook nog nie volledig en waarlik die term volg, wat hul al dikwels – en met ”gutso” en emosie – so maklik opper: ” Ecclesia semper reformanda est”; Latyns vir “the Church must always be reformed”. Nie terug na Augustinus/Luther/Calvyn nie, maar na die Skrif. Augustinus/Luther/Calvyn of selfs Charles Spurgeon of Dr. Martyn Lloyd-Jones of die Puriteine. se woorde, het nog veels te veel ‘n soort van ”afgodsaanbidding invloed en kruk van steun” in moderne leraars se psiges, al is sommiges uitsonderlik bekwaam in hul neringe. Wat spreek van een geweldige leemte in die hedendaagse Kerk: God se Gees-Teenwoordigheid. Hul meen het ken Hom ten diepste. Werklik? Is die GEES nie CHRISTUS se Lig ook nie? Of is Luther of Jones, God se Lig? Fariseers raak kwaad as mens dit noem, en sommige weer, maak dit maar net af [of ignoreer mens se ✍/of skuil agter hul kennis] met , ”Jy is ‘n.leek. Ons nie”.

    Nodeloos om te praat, maar die deursnit NG leraar – en soveel te meer ook die leraars/pastore te AGS , VEK, ens – het maar min Lig oor Christus as hul praat, en nog minder in hul aksies.

    Lees maar gerus Dr. Peter se skrywe oor JESUS se woorde, en gaan dink baie en lank daaroor. Meesste mag dalk bely: ”Ek was die duiwel se mond vir jare vanaf die preekstoel”.

    Met ware en opregte belydenis kom Sy Lig.

    Hul harte se hoogmoed strek tot in die hemel net voor die Poort na Jerusalem. Sodra hul koppe se ”hoogmoed-swelsel” gesak het , mag hul ”kop-denke” dalk ”pas” om deur die Nou Poort te beweeg, alhoewel heelwat se groot agterstewes – by wyse van ‘n metafoor – hul groot ‘Achilles heel’ kan wees, voortspruitend vanuit dekades se sit van agterstewes op hul eie trone. Net Christus het ‘n Troon in Openbaring 4 en ook die 24 ouderlinge. En selfs laasgenoemde, buig voor Hom. Maar die NG Kerk buig natuurlik NIE voor GOD nie. Want hul IS GOD, soos mens na hul hanswors manewales kyk. Hul koppe is groter as die van ‘n hammerkophaai, en Christus hou van hulle wie se koppe van geloof, so groot soos ‘n babatjie s’n is.

    *********************************************************************************************
    WEBTUISTE [soos op datum van hierdie ✍] : https://tyndalehouse.com/about/staff/peter-j-williams/

    Dr Peter J. Williams is the Principal and CEO of Tyndale House, Cambridge. He was educated at the University of Cambridge, where he received his MA, MPhil, and PhD in the study of ancient languages related to the Bible. After his PhD, he was on staff in the Faculty of Divinity at the University of Cambridge (1997–1998) and thereafter taught Hebrew and Old Testament as an Affiliated Lecturer in Hebrew and Aramaic at the University of Cambridge and Research Fellow in Old Testament at Tyndale House, Cambridge (1998–2003). From 2003 to 2007 he was on the faculty of the University of Aberdeen, Scotland, where he became a Senior Lecturer in New Testament and Deputy Head of the School of Divinity, History, and Philosophy. Since 2007 he has been leading Tyndale House. Dr Williams is also an Affiliated Lecturer in the Faculty of Divinity in the University of Cambridge, Chair of the International Greek New Testament Project and a member of the Translation Oversight Committee of the English Standard Version of the Bible. He assisted Dr Dirk Jongkind in Tyndale House’s production of a major edition of the Greek New Testament and his book Can We Trust the Gospels? (Crossway, 2018) has been translated into 13 languages.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui