‘Geen verdelingstrategie kan ooit ’n goeie uitkoms hê nie’

Brief: ‘Geen verdelingstrategie kan ooit ’n goeie uitkoms hê nie’ | Kerkbode

9 April 2024

Hierdie is ‘n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

André Mouton van Otavi skryf: As lidmaat van ’n Namibiese gemeente word ek nou gekonfronteer met ’n hangende skeiding tussen ons en die Algemene Sinode (AS). In my soeke na sin, het ek tot my verbasing agtergekom dat daar in die agtergrond ’n organisasie is wat ’n rol speel hierin. Dit is Kairos Netwerk (KN).

Op die KN-webwerf verduidelik hulle hulle posisie en plan oor hoe hulle die kerk wil tot inkeer bring en daarvan beheer wil oorneem om haar van dwaling te bevry.

Die stellings wat gemaak word is gerig, na my mening, op ’n verdagmaking van die integriteit van die AS en dat hulle die vegters in die trojaanse perd is wat die NG Kerk tot inkeer gaan bring.

Die Fariseërs in die tyd van Jesus het geglo hulle besit die volle kennis van die geskrifte en is deur Jesus aangespreek omdat hulle die geskrifte belangriker geag het as God. Geeneen besit die volle waarheid nie.

LEES OOK: Dankie vir ringe wat nog die evangelie verstaan

Die erkenning deur KN dat probleme net van binne opgelos kan word, is lofwaardig en is die halm waaraan vasgehou moet word. Die aantygings wat deur KN uitgespreek word, kan ook nie onaangespreek gelaat word nie. Dit kan egter net binne ’n raamwerk van wedersydse respek en in afhanklikheid van God plaasvind.

Geen verdelingstrategie kan ooit ’n goeie uitkoms hê nie. Ongelukkig is die enigste plan om vorentoe dinge beter te doen deur saam te worstel en tyd te gebruik. Die beginpunt is om die beginsels te bevestig waaroor daar saamgestem word. Die manier waarop dit gedoen word is ook belangrik, want dikwels word die stryd in die liefdeloosheid van die argumentering verloor.

Die begrip diversiteit is nie van toepassing op kernbeginsels nie. Diversiteit is waar verskillende sondaars (wat ons almal is) wat verlossing ontvang het, binne ’n ruimte wat ons as familie beskou, wat ons nie kon kies nie, maar moet liefhê, worstel met sy eie vertwyfelinge op pad na heiligmaking deur Christus te volg.

Slegs as ons daagliks elkeen ons eie kruis opneem in navolging van Christus sal ons meer toegerus wees om ander te begelei op hulle eie worstelpad na heiligmaking in Christus Jesus.

In wese is die KN-benadering ’n bedreiging van die eenheid van die kerk. Dit is nie in die gees van kerkwees om te baklei nie, maar ons het ’n rol van teregwysing. Dit is belangrik om ’n proses te kies wat ontlont en fokus op die kerngeloofsbeginsels waarvoor die kerk staan (as middelgrond) en vanuit daai waarheid mekaar dan te begelei binne ’n raamwerk van eenheid.

1 thought on “‘Geen verdelingstrategie kan ooit ’n goeie uitkoms hê nie’”

  1. Mens het ‘n medelye met die skrywer van Otavi, want dieselfde worstelinge het mens beleef in die verlede [en nog sovele meer] van ‘n soort van ‘geloof’ in bepaalde idees vasgeanker vanuit mens se denkwyses, soos ”Geeneen besit die volle waarheid nie”, en ”die begrip diversiteit is nie van toepassing op kernbeginsels nie”.

    Dit neem ‘n geweldige ontkettering of ontboeseming of ontwortelling van die self [‘’eie-ek’’] en in prosesse van selfs oor jare/dekades heen, om die lig te sien, dat bg. ”geloof” eintlik maar idees is, of interpretasies of sterk opinies wat gevorm is in die psige oor baie jare, en sy oorsprong vind in vele faktore. Só geloof is allesbehalwe ‘geloof’ , en gevolglik funksioneer die gewortelde inherente aard van die leuens – verkoop aan menige met die geskenkpapier van’’waarheid’’ – as stuurwiel van mens se opinies en handelinge en denke. En die rigting van só denkwyse, stuur af na ‘n afgrond of muur met dodelike gevolge op die eindpunt: ‘’as my ‘waarheid’ nie deur jou na my teruggesein [‘’SIGNAL’’] word nie, kan jy nie oor volle waarheid beskik nie, en word jou ‘waarheidsein’ afgeskakel’’. Natuurlik ook gekamoefleer onder ‘’maar niemand [ook ek] het nie die volle waarheid nie’’. En dié mengsel [‘’fusion’’] van onlogiese verwantskappe en groot kognitiewe leemtes in argumente, word ondersteun deur voortdurende onderliggende voorveronderstellings [‘’bias’’], en skep/baar [‘’create/birth’’] voortdurende veranderende ‘’waarhede’’. Hierdie sogenaamde ‘’waarhede’’ is niks meer as een groot donkergat of moeras van ‘’saamwoon van onlogiese denke en absolute leuens’’, waar ‘n slang nou ‘n slang, is, en môre word slang ‘n haai, en dan ‘n duif, en dan ‘n akkedis, ensomeer, want daar is geen absolute waarheid nie. Dit is niks ánders as ‘n boosheid van denkpatrone wat sy kleure só verander nie, want absolute Helder Lig, is sy grootste vyand: GOD HOMSELF wat woon in ontoeganklike Ewige Lig, en toeganklik gemaak IN Christus vir die wat tot redding kom.

    Dit is waarlik nét Sy Gees wat mens kan bring tot dié oortuiging:

    A. Die Gees wat getuig in mens se gees dat mens ‘n kind van God is, besit nie nét alleen die volle volledige absolute waarheid nie, maar ís ook die Waarheid Homself, die GEES VAN WAARHEID. Hy Getuig van Christus se werk IN die geredde mens, en daarom ook DEUR die geredde mens na die ongeredde mens. Selfs die Bybel – wat maar ‘n dowwe ligspieël reflekteer van God se Werklike Lig – het nie dieselfde Groot Getuienis Ligwaarde van God se Gees nie, behalwe die WoordPersoon Homself, Jesus Christus [Joh.1:14]. Die Bybel is NIE Jesus Homself nie, maar die getuienis van Hom deur die Gees in die Bybel, laat die ‘gees’ van die mens leer om te ‘heers’ oor die vlees, en ‘n langdurige/voortdurende blootstelling daaraan, ontwortel die vleeslike aard van die mens se denke in ‘n heiligmakingsproses, tot ‘n groter en toenemende kennis en bewustheid van God, wat reeds in hul ‘nuwe gees’ teenwoordig is. Die Bybel se woorde/inhoud sonder die GEES se werking as sulks, is dood. Is die BYBEL dan minderwaardig? Nee – inteendeel. Die BYBEL se lig is enorm groot, en die kerk van ongeveer 100nC, het begin kompromieë aangaan, presies soos in die Evangelies aan hul openbaar was. Met enorme negatiewe gevolge tot en met die proses van Reformasie. Sou ‘n prediker homself afsluit vir 3 jaar NET met die Bybel, en geen ander boek of eksterne invloed nie, is my mening, dat hy daaruit sal stap met ‘n vuur so groot soos in Handelinge 2, en die hedendaagse kerk se ❤ sal gesny word, en begin om waarlik te roep na God.
    B. Die BYBEL se stories is nie sommer daar vir ‘n paar lessies nie. Dit het ‘n onmiddelike toepassing te alle tye en in alle omstandighede met ‘n laserfokus op GOD en Sy bedoeling met en deur die Skepping.

    Die hedendaagse prediker [en christen] is vér buite die denke sfeer van die eertydse dissipels van Christus, of dan óók, die eertydse profete of mense soos Aäron, Dawid, Ragab, Ester, Abigail, Rut, Naómi, Anna die profetes wat Jesus gesien het, of Mattheus of Lukas of Sagaria, Johannes die Doper se vader, ens.

    GOD se Genade is waarna moderne denke behoort te roep, maar dan ook, die gewilligheid om te buig voor dít wat in die Bybel staan. Dié behoort gelees en gelees en gelees en gelees te word, ten einde vir die Gees om die onmiddelike verbintenis met die mens se huidige atmosfeer aan die mens te openbaar in sy verstand, en te verander. Die Bybel is nie vasgevang in alleenlik die belewenissfere van die antieke tye nie. RIGTING is belangrik. Belewenisse moet hul anker vind in die Bybel as ”waar en eg beleef”, en nie soos baie doen [soos AS van NG] waar die woorde/sinne/kontekste uit mekaar gehaal word, en herrangskik word, ten einde ‘n andersoortige ‘Bybel’ te vorm, om hul eiesoortige [in wese, onbybelse] belewenise te regverdig. En dan het hul die arrogansie om vele filosowe en menige teoloog en staatspresident en akteur en aktrise en bankier en besigheidsman, stukrag te verleen met hul bose agendas. Dit is presies wat AS doen. En die satan in Lukas 4, het dieselfde gedoen. Ons is alreeds só [bykans fataal] geprogrammer in ons denke deur moderne denke [veral deur TV/rolprente/sosiale media/literatuur] om die Bose of ‘satan as engel van lig’ te wil eien in ‘n bepaalde [en maar skadelose] konteks, maar wil nie of weier om hom en sy invloed, vanuit of binne in eie geledere, as ‘n werklike vernietigende invloed te eien. Of selfs in die ‘ekself’ te eien, of fragmente van sy invloed. Jesus Self het gepraat daarvan met vele waarskuwings, wie Sy ware dissipels is en wie nie, soos ter voorbeeld in Johannes 12. En Sy woorde het tog Waarde?

    God se Genade is groot. Maar nie goedkoop nie. Ongeveer 25 jaar gelede, gaan ek op my knieë en bely voor God – toe ‘n NG lid, maar net in naam – en kom terug as verlore seun. Steeds nog baie, baie daarna Hom gruwelooslik gefaal, maar dit was die kenteringspunt. En terwyl op mens se knieë , hoor my ore ‘n geweldige koor wat geweldig vér sing, en met groot blydskap oor God se Grootheid en Mag. So paar jaar daarna, was Dr. Willie Marais ‘n gas-evangelisprediker vir ‘n paar dae by ‘n NG gemeente, en hy verwys die laasste aand, na engele wat juig as ‘n sondaar by God uitkom. En dit tref my: maar dit is absoluut waar wat hy praat. Ek het dit self ondervind. Vele, vele voorbeelde kan mens noem, hoe die Bybel toepaslik is in vandag se tye. Selfs die ontsettende harde dele, soos in byvoorbeeld Esegiël 23. Of Esegiël 3.

    Mens wonder, hoe HARD moet die Here praat, voordat mense luister, bv:
    1) Wie praat in ‘n NG Kerk sendeling in China se mond wat die Evangelie bring aan 2 ouens in China se Beijing, en as dit blyk hul kom tot bekering, hul dan ook sommer in die eg verbind daarna, synde hul liefde bymekaar gevind het? God of die duiwel? Watter groot misleiding is só sendeling of organisasie in God se koningkryk nie, wat aan tussen 1 en 2 biljoen mense, só evangelie wil voorhou van hul ‘’eie nuwe bybel denke’’? En sy leraar in SA wat hom ondersteun?
    2) Wie praat in ‘n mediese dokter se mond wat sterk opinies het oor baie mense se ‘’geestestoestand’’, met raad om hul ‘’3rd eye’’te ontwikkel, tiperend vanuit die Oosterse [en okkultiese] Mistieke geloof?
    3) Wie praat in ‘n vrou se mond wat gereeld tale praat in ‘n pinksterkerk, terwyl uitleg selde gegee word, en die Bybel baie spesifieke riglyne gee daaroor, en ook oor die meting daarvan as komende van God se Gees, al dan nie?
    4) Wie praat in ‘n ‘CEO’ [“’chief executive officer’’] en haar bestuur en aandeelhouers se monde – soos ArcelorMittal SA in Desember 2012 tot Maart 2013 – wat inligting doelbewus van nie-uitvoerende direkteure weghou, wat hulself versoek het, en dan absoluut alles verdraai en ‘’taint’’ om hul eie skewe opinies [en demone binne hulle] weg te steek vir die 🌎🌍🌏?
    5) Wie praat in ‘n prokureur se mond wat raad gee aangaande ArcelorMittal, ten doel om hul probleme eerder te los en aan te beweeg, met ‘’wat is JOU motiveringe daaragter?’’. M.a.w. die filosofie is, hul is suiwer in al hul denke, terwyl MISTIEKE JOGA MEDITASIE en MISTIEKE OOSTERSE MASSERING MEDITASIE sommige se gereelde praktyke was, en om nie eens hul gewetenlose leuenpraktyke te noem nie?

    Antwoorde op nr 1 tot 5: die duiwel wat praat. En dit is seker 5 van 153 voorbeelde….

    Net soos die vals Apostelkerke sektes, begin die kerke te word en na te volg, in ‘n soortgelyke idioom van vals Profetiese en valse Apostoliese krag – maar satanies van aard, en ‘n werklikheid, en met groot invloed. Hulself is die Gees Homself [meen hul] en die Hemel word voortdurend oop en toegesluit na gelang van die behoefte, en mense word deur hul leiers verseël – aldus tot volkome sekerheid is hul aanvoering – tot Ewige Sielsverlossing. Die eertydse ‘Roomse Katolieke afkoopboete’ het maar net weer sy verskyning gemaak in nuwe vorms.

    Daar is voorwaar een enorme satansmengelmoes van krioelende slange wat hul voortdoen as skadelose duiwe in die kerke en ook buite, en dan ook in baie monderings.

    Ek hoop die skrywer van Otavi breek alle bande met AS. Want hul is slange en nie duiwe nie, en hul sal hom met groot glimlagte en welwillendheid en groot skynbare nederigheid, soos ‘n pakkie Fritos, tjop-tjop verorber as ‘n laatmiddag-peuselhappie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui