Die NG Kerk in 2019

Hier volg ‘n opsomming van die belangrikste gebeure in die NG Kerk in 2019.

Nuwe Kerkbode redakteur

Le Roux Schoeman begin in Januarie 2019 as nuwe redakteur van Kerkbode. Kyk ‘Ons wil nie NGK brand nie’ (15 Feb 2019). Hy neem oor by Neels Jackson.

Eerste gay predikant bevestig

Op 17 Februarie 2019 word Louis van der Riet die eerste gay predikant wat in die NG Kerk bevestig word. Die bevestiging vind plaas in Parkegemeente in Kraaifontein (naby Kaapstad). Let daarop dat die 2016 besluit oor homoseksualiteit geldig was tydens sy bevestiging wat nie ruimte maak vir homoseksualiteit nie.

NG Kerk verloor hofsaak

Op 8 Maart 2019 lewer die hof uitspraak en die NG Kerk verloor.

Die vraag is: Het die NG Kerk werklik die gayhofsaak behoorlik teengestaan?

Kyk Oorsig van NGK 2019 hofsaak oor homoseksualiteit.

Moreletapark praat van losmaking

Moreletaparkgemeente begin besef watter rigting die NG Kerk besig is om in te slaan en in April 2019 reik hulle ’n verklaring uit.

Kyk Opsomming: Moreletapark oorweeg losmaking.

Op 7 Mei reik hulle ’n amptelike persverklaring uit waarin daar gesê word dat Moreletapark hulle rol binne die NG Kerk heroorweeg. Die woord “Morelexit”, geleen van “Brexit”, word in die media gebruik. Kyk Moreletapark Persverklaring 7 Mei 2019 (Morelexit)

Tweede gay predikant bevestig

Op 14 Julie 2019 word Philipp Dietmann, nog ’n gay predikant, in NG gemeente Stellenberg bevestig as permanente predikant. Tydens sy bevestiging was hy reeds getroud met Floris Hanekom.

Thomas Römer besoek Tukkies

Kyk Thomas Römer vergiftig teologiese studente by Tukkies (September 2019)

NGK maak ruimte vir selfdegeslagverhoudings

Tydens die Algemene Sinode van 2019 maak die sinode weer ’n progay besluit (kyk 2019 NGK homoseksuele besluit en Wat sê ons van die 2019 NGK homoseksuele besluit?).

Goudland sinode breek byna weg

Daar in heelwat ongelukkigheid in Goudland sinode oor die 2019-besluit oor homoseksualiteit. In November breek Goudland sinode byna weg van die NG Kerk daaroor (kyk Sinode Goudland 2019).

Die NG Kerk in 2020

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui