Kyk ook:
Charlene van der Walt is ’n liberale teoloog wat ’n voorstaander is van onder andere feminisme en homoseksualiteit.
Charlene van der Walt is lesbies en identifiseer waarskynlik ook as queer.
- In ’n verslag wat sy in 2011 gehou het, meld sy: “Herself a lesbian …” by OUTRhodes se LGBTI Pride Week. (Kyk The fluidity of human sexuality)
- ‘n Artikel van haar, dui op ’n persoonlike bewustheid en beroep van queer identiteit. (Kyk Wording oneself into being: Lesbian musings on discovering the queer insistence …)
- Sy werk by die Universiteit van KwaZulu-Natal waar sy navorsing doen en skryf oor queer teologie, gender, seksualiteit, en is betrokke by projekte binne die NG Kerk wat LGBTQIA+ mense betrek. Kyk HIER.
Op 28 Julie 2020 is daar ’n onderhoud met Charlene van der Walt gepubliseer in Kerkbode: Die prof in die ongemakstoel.
Die feit dat sy ’n BLM-hemp (Black lives matter) aangetrek het vir die okkasie, spreek boekdele. Kyk ook LGBTQIA, BLM en CCCP.
Dit is egter ’n algemene tendens dat liberales in die NG Kerk ook polities liberaal is. Hier is ’n paar artikels wat dit bevestig:
- Queering dring aan op ongemak (24 Feb 2022)
- Die NG Kerk en grondhervorming (Mrt 2018)
- EFF ontvang NG Kerk ‘hartlik’ en praat oor landsake (19 Jan 2018)
- Op die foutlyn – Teologiese strominge in die NG Kerk (Sep 2018)
- NG Kerk sê steeds jammer vir apartheid(!) (9 Mei 2019)
- NGK paneel bespreking oor rassisme (26 Aug 2020)
Van der Walt was ’n teologiese student in die laat negentigs aan die kweekskool op Stellenbosch. Daarna is sy na Nederland en keer terug vir vyf jaar as gemeentepredikant op Grahamstad. Sy beland in ’n soort drieluikbediening tussen gemeenskapskerk (Maitland), navorser by Inclusive & Affirming Ministries (IAM) en as akademikus aan Stellenbosch om M-studente “te help” dink oor gender en godsdiens. In 2017 skuif sy na KwaZulu-Natal toe vir die opwinding van die akademiese en godsdienstige omgewing en om saam met studente uit Kenia en Uganda in breër gesprek te tree.
Kyk ook
- LGBTIQA+ is ’n ‘happy’ sambreel (23 Okt 2018)
- Teoloë teken petisie oor ‘afkrakende’ gay-debat (2 Okt 2018, Jana Marx)
- NG teoloë reageer (30 Sep 2018)
- Close encounters: creating a safe space for intercultural bible reading (2012)