Koinonia en die NGK: Skeuring is al oplossing

Kyk Koinonia werk aan reformasie, nié skeuring nie (8 Apr 2024) waarin Ds Theo Danzfuss op hierdie brief reageer.

*******

Koinonia en die NGK: Skeuring is al oplossing | Netwerk24

Daniel Louw, Secunda

04 April 2024

Jan Greyvenstein (27.03) en Daan Nortier (25.03), albei van Bloemfontein, skryf die laaste tyd dat die behoudende Koinonia-groep met die res van die NG Kerk (lees die algemene sinode moderamen) in gesprek moet tree.

Koinonia self het die laaste tyd die NG Kerk daarvan beskuldig dat vier skriftelike uitnodigings tot onpartydige mediasie botweg geweier is.

Die vraag is: Waaroor kan daar nog sinvol gepraat word?

Reeds in 2004 het die NG Kerk se algemene sinode voorbrand begin maak vir selfdegeslagverhoudings. Ek dink dit is veilig om te sê behoudendes veg al 20 jaar lank teen die liberale strominge in die NG Kerk. Behoudendes het duidelik die stryd verloor en dit is tyd om dit te aanvaar. Koinonia sal met geen (mediasie)-gesprek die NG Kerk kan omdraai nie. Daar is ook geen sprake van middelgrond tussen die twee partye nie: Die NG Kerk maak vir baie dinge ruimte en Koinonia wil wegdoen met daardie ruimte. Dit is twee totaal onversoenbare standpunte.

Soos Hamas slegs tevrede sal wees as hy die hele Israel besit, só sal Koinonia slegs tevrede wees as die NG Kerk volledig omdraai. Dit sê ek nie as kritiek teen Koinonia nie. Dit is bloot die feite.

Daarom is skeuring die enigste oplossing, maar lyk my skeuring is selfs ’n groter sonde as homoseksualiteit.

Albei partye doen baie moeite om seker te maak dat hulle nie as die skeurders gesien word nie en dit veroorsaak dat hierdie skeiding ’n uiters pynlike proses word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui