Die ASM en Koinonia: Kerk sal ’n getuienis hê wanneer ons die pad van gebed en verootmoediging loop

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Brief: Die ASM en Koinonia: Kerk sal ’n getuienis hê wanneer ons die pad van gebed en verootmoediging loop – Kerkbode

19 Maart 2024

Theo Badenhorst van Brackenfell skryf:

Ons is in die Lydenstyd en Pinkster lê voor. Hierdie seisoene is juis geskik vir verootmoediging en vernuwing, die dinge wat die kerk van Christus die nodigste het.

Nou is daar sprake van nog ’n hofsaak, by ’n wêreldlike hof. Ek het onlangs geluister na die radiogesprek met ds Jan Lubbe en dr Johann Ernst. Die gesprek was oor ’n hartseer saak, maar daar was tog bemoedigende tekens.

Dit lyk asof ons met ’n vasgeloopte situasie te doen het. Aan die een kant is daar gemeentes wat doleer en ook hier en daar uit die verband getree het. Aan die ander kant die moontlike hofsaak. En dit is so omdat gesprek tussen broers (en susters) nie plaasgevind het soos dit moes nie. Tog hoor ons in die radiogesprek dat gesprek steeds oop kan wees.

My vraag is of die moontlike gesprekke op die regte grondslag gebeur het. Lydenstyd en die komende Pinkstertyd kan ons hiermee help. Wat was die rol van verootmoediging en gebed in die gesprekke? Voordat oplossings gesoek word, is dit nodig dat ons mekaar eerstens vind in verootmoediging en gebed, dat God desperaat gesoek sal word en dat ons feilbaarheid wedersyds erken word, en dat enige verdagmakery totaal afwesig sal wees. Verder sal daar positiewe pogings moet wees om na mekaar te luister, luister voordat ons praat.

As ons ooreenkom om ’n Skriftuurlik reformatoriese kerk te wees, dan moet ons mekaar mos langs hierdie weg vind. Die kerk sal ’n getuienis hê wanneer ons hierdie pad van gebed en verootmoediging loop.

Kommentaar

Daniel Louw

Theo Badenhorst se reaksie laat my dink aan wat ‘n predikant my eenkeer vertel het:

Die predikant het ‘n medeleraar gehad waarmee hulle gesukkel het. Daar was baie jare se frustrasies waar die predikant en lidmate maar op hulle lip moes byt, ter wille van vrede. Hy het gehoop die probleem sou beter word of weggaan. Die probleme het egter nie beter geword nie en het uitgekring. Meer mense het betrokke geraak. Toe dit uiteindelik amptelik aan die kerkraad gekommunikeer word, was die koeël al lankal deur die kerk – die paaie moes skei. Die predikant vertel my dat een van die kerkraadslede jou werklik gevra het of almal nie net onder ‘n boom kon gaan sit om die probleem uit te praat nie. Vir my, wat die meeste detail van die saak geken het, was dit verstommend dat daar so min begrip vir die probleem was.

Theo, met respek gesê: dit lyk nie of jy ‘n idee het wat die afgelope 10 jaar in die NG Kerk gebeur het nie. Die koeël is eintlik al lankal deur die kerk. Geen gesprekke gaan nog op hierdie stadium enige verskil maak nie.

Verder is moontlike hofsake volledig in die hande van vrysinniges (die NG Kerk). Die behoudendes (Koinonia Sinode) het geen behoefte om iemand hof te te vat nie.

1 thought on “Die ASM en Koinonia: Kerk sal ’n getuienis hê wanneer ons die pad van gebed en verootmoediging loop”

  1. Daar is ‘n ou dominee wat reeds oorlede is – Dr. Willie Marais – wat geskrywe het van die ‘’Tsunami-golf’’ wat Kaapstad tref, voortspruitend uit ‘n droom wat hy gehad het. Hy was onwillig om dit met ‘n groter publiek te deel, maar sy seun het hom jare daarna oortuig, om dit tog te verwoord, ten spyte van vele teëspraak wat hy moontlik uit baie oorde sou ontvang. Baie mense het ‘’drome’’ en hardloop daarmee op ‘n pad van hul eie denke. Mens weet ook, die Bybel waarsku teen ‘’vals drome’’, maar ook dat God deur drome in Josef en in Daniël se tye gewerk het. So paar jaar gelede, was daar ‘n versugting by mens om dié skrywe van Dr. Willie, te kon verbind met die Skrif. En inderdaad gebeur dit toe só – ek word direk gelei na die Skrif, en dit het te make met geweldige bruisende vuil water van goddeloosheid wat die mens geestelik oorrompel. Kan dit ‘’letterlik’’ plaasvind? Is mens se eie interpretasie [op dié manier] die enigste wyse, en is dit reg of nie? Die Here alleen weet. Heel moontlik, gebaseer op die luister na Dr. Willie oor baie dekades en ‘n persoonlike ontmoeting en belewenis van hom, kan so letterlike ontplooiing van sy droom plaasvind in die toekoms – en so die geestelike ignoreer van waarskuwings te bevestig. Weereens : die Here Alleen ken die toekoms, maar dit is ook só, Hy werk deur Sý geroepenes. Hy was ‘n besonderse mens, en die Bybel was by hom, soos ‘n spieël van alle dinge, en relevant hedendaags, net soos in die verlede. Mens se belewenis van hom, was as ‘n man deur God gestuur, en wat hy gepraat het, het voortgespruit vanuit ‘n diepgewortelde geloof in die Bybel se onmiddelike toepassing, en die geweldige gewig en krag van God se praat tot die mens. Dit laat mens dink aan Jona en die stad van Nineve: ‘n stad of nasie se toekomsverwagting, het alles te make met ‘’belydenis’’ teenoor God, en enige terreur of natuurramp, het ’n Goddelike verbintenis – meesste teoloë, veral hedendaags, meen natuurlik nie so nie.

    Onlangs droom ek weereens ‘n allerverskriklike droom, en die ‘’probleem’’ wat die NG Kerk [onder andere] het, is ver, ver meer van sataniese aard, as wat meesste besef [en erken], en uiters ontstellend. Maar as mens Esegiel 23 lees – en ander soortgelyke dele – dan is die oortuiging weereens, dat ‘’vleeslike denke’’ die groot vyand by die mens is. En dié word aangevuur en bestuur en bekragtig en vertroetel deur TV, roplrente, musiek, ensomeer.

    Droom:
    Daar was ‘n ouer vroue-sangeres op ‘n verhoog in ‘n bloedrooi lyfkousuitrusting – met sirkelvormige gate wat dele van haar arms en bene en maag en borste ten toon stel – besig met die sing van ‘n Afrikaanse kabaret-lied. En die gehoor is vasgevang in haar betowerende sang en optrede. En sy gaan lê op haar rug, en die mikrofoon teen haar rooi mond, en sy bly kyk na die gehoor, en sing haar lied. En haar bene maak sy oop, en haar skaamdele word stadig ontbloot. En ek wil nie kyk nie, en my 👀 draai ek weg. En ek hoor: ‘’Moenie wegkyk nie. Kyk waar sit haar verleidingskrag’’. En dit was die Here wat praat. En ek kyk weer: en haar skaamdele word enorm groot, so groot soos die ingang van ‘n enorme tonnel, en daar is ‘n donker magnetiese krag, wat mense inttrek. En sy is al oud – maar haar grimering steek dit goed weg. En sy is uiters vaardig in haar beroep om te vermaak. En ek ervaar daardie krag wil my ook inttrek, so enorm groot is dit. En dit is die krag van haar hekserye en sataniese betowering, maar word nie as sodanig aangebied nie, Sy is maar net die tussenganger [‘’mediator’’] na satan se hart. Sy ‘’red’’ nie, maaar ‘’verlei’’. Maar daar is ‘n onsigbare muur tussen my en haar. Toe skielik, is haar krag weg,’’. Toe skrik ek wakker.

    Al wat ek kan sê na dié droom aan NG Kerk, AGS, VEK: ‘’Die Heilige Gees is nie ‘n hoergees nie, maar jul meen so. Julle is ver, ver van skoon’’. En ek praat nie eens oor ander denominasies nie. Want dit is nog erger daar.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui