Die NG Kerk in 2020

Hier volg ‘n opsomming van die belangrikste gebeure in die NG Kerk in 2020.

Die 2019 homoseksuele besluit was die laaste strooi wat behoudendes noop om iets daadwerkliks te doen.

Kort ná die 2019 sinode begin behoudende gemeentes doleer.

Moreletapark beraad

Op 25-26 Februarie 2020 vind die Moreletapark beraad, onder leiding van Moreletaparkgemeente plaas waar ongeveer 500 mense by die Moreletaparkgemeente bymekaar kom. Dit is in reaksie op die 2019-besluit oor SGVs.

Die Moreleta Kairos Netwerk ontstaan mettertyd hieruit. Pieter Breytenbach van NG gemeente Moreletapark dien as voorsitter. In Februarie 2021 verander die naam na “Kairos Netwerk”.

Sinode Goudland verklaar geskil met algemene sinode

Kyk Sinode Goudland verklaar ‘n geskil met die Algemene Sinode (17 Mrt 2020)

Briewe

Die volgende twee briewe is die moeite werd om van kennis te neem in hierdie tyd:

Formulier vir die bevestiging van persone van dieselfde geslag

Op 4 Julie 2020 skryf Henrietta Klaasing die volgende brief aan ATLAS: Brief aan ATLAS: Die beoogde formulier vir die bevestiging van burgerlike verbintenisse tussen persone van dieselfde geslag (Henriëtta Klaasing, 4 Julie 2020)

Op 30 Julie 2020 stuur Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, ’n skrywe uit waarin gesê word dat predikante nou by die Departement Binnelandse Sake aansoek kan doen om burgerlike verbintenisse (homoseksuele huwelike) te bevestig.

Kyk NG predikante kan nou by die staat aansoek doen om homoseksuele huwelike wetlik te verbind (30 Jul 2020)

Behoudendes is baie ontsteld daaroor: “Daar is nie by die Algemene Sinode van 2019 besluit dat aansoeke vir aanstelling as bevestiger van burgerlike verbintenisse, deur die Kantoor van die Algemene Sinode gedoen mag word nie”. Kyk SGV: Bevestigings mag nou voortgaan (7 Aug 2020)

Nietemin gaan dit nogtans voort.

Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum bied program aan teen evolusie

Tydens ‘n paneelbespreking vir onderwysers deur Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum (SOS) word die evolusieleer gekritiseer. Dit lei tot heelwat bespreking in die media. Kyk SOS maak toe aanlyn kykers die duiwel in (26 Julie 2020)

Kobus Gerber sterf

Op 6 Augustus 2020 sterf Kobus Gerber aan ’n hartaanval. Kyk Kobus Gerber onthou vir sy leiding, rol by ekumene.

Paneel bespreking oor rassisme vir VBO punte

Op 26 Augustus 2020 vind ‘n paneelbespreking oor rassisme plaas vir 5 VBO punte. Dit is onder leiding van André Bartlett. Kyk NGK paneel bespreking rassisme (26 Aug 2020).

Moderator reageer op dolerende gemeentes

In ‘n artikel in Kerkbode reageer die moderator, Nelis Janse van Rensburg, op gemeentes wat doleer. Kyk Nelis reageer op dolerende gemeentes (30 Sep 2020)

ASM “Gids” oor homoseksualiteit

Op 9 Oktober 2020 stel die ASM ’n dokument beskikbaar vir bespreking in die kerk oor die 2019-besluite van die Algemene Sinode (AS) oor selfdegeslagverbintenisse. Hierdie dokument word ‘n “Gids” genoem. Kyk Beoordeling van ASM se “Gids” oor selfdegeslagverhoudings (Jan Louw, 21 Nov 2020).

Chris van Wyk onskuldig

Nadat die Menseregtekommissie vir Chris van Wyk aangekla het van haatspraak, word hy uiteindelik onskuldig bevind toe die gelykheidshof op Vrydag 9 Oktober 2020, die saak teen Chris laat vaar. Kyk:

Goudland Sinode Bestuurskommissie vergadering

Goudland Sinode Sinodale Bestuurskommissie vergadering op 20 Oktober 2020. Daar word onder andere voorgestel dat die Goudland Sinode die volgende besluite neem:

  • Herbevestig die Sinode van Goudland se 2015 besluit insake die goedgekeurde SGV beleid en versoek gemeentes en leraars om dit toe te pas.
  • Dat die hele Algemene Sinode 2019 besluit insake SGV nie vir die Sinode van Goudland geld nie.

Daar word egter niks gesê daaroor dat Goudland moet wegbreek van die Algemene Sinode nie (artikel 37). Kyk Goudland SBK – 20 Oktober 2020

Wanbesteding by Wes-Kaap

‘n Saak van wanbesteding in die Sinode van Wes-Kaapland word ondersoek. Kyk Valke bekyk ‘wanbesteding’ van R5,9 m. by kerk in Wes-Kaap (21 Oktober 2020).

Ben du Toit is ‘n postteïs

Op 30 Oktober 2020 publiseer Ben du Toit die boek God: Is daar ’n ander antwoord? waarin hy erken dat hy die geloof verlaat het. Hy noem homself nou ‘n postteïs. Dit lok baie reaksie uit in die media.

Vergadering tussen Kairos Netwerk Werkgroep en ASM dagbestuur

Op 19 November 2020 vergader die Kairos Netwerk Werkgroep (KNW) met die ASM dagbestuur. Tydens hierdie vergadering versoek Kairos Netwerk ’n buitengewone sinode om die 2019-besluit oor SGV om te draai. Die KN gee in ‘n nuusbrief op 27 November 2020 daaroor terugvoer.

Die voorsitter van die Kairos Netwerk, Pieter Breytenbach, gee op 3 Desember terugvoer aan lede van die KN terugvoer oor hierdie vergadering in ‘n geslote Zoomgesprek.

Kyk ook: Kairos Netwerk: lys van werksaamhede

Kairos Netwerk geslote Zoom-gesprek lek uit

Die gesprek lek egter uit en maak groot opslae in die media. Kyk NG Kerk ‘gaan skeur’ (13 Des 2020)

André Bartlett aangekla

In Desember kla Johann Ernst vir André Bartlett aan. Op hierdie stadium is dit nog onseker waaroor die klagte gaan. Kyk Dr. André Bartlett ‘vertroulik verhoor’ deur NG Kerk (4 Des 2020) en Opsomming van tugklag teen André Bartlett 2020-2021.

NG Kerk kry paddastatus

Volgens Herman Lategan moet die NG Kerk die trofee kry vir padda van die jaar. Kyk Herman Lategan: NG Kerk kry trofee vir padda van die jaar (27 Des 2020).

Die NG Kerk in 2019 Die NG Kerk in 2021

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui