Wie is Hennie Pienaar?

Kyk ook:

Hennie Pienaar is ’n gay proponent in die NG Kerk en vurige kampvegter vir gay regte.

[Proponent = Iemand wat sy teologies studies voltooi het, maar nog nie as volwaardige predikant in ’n gemeente diens gedoen het nie.]

In September 2018 het hy vir Chris van Wyk by die MRK (menseregtekommissie) aangekla omdat hy ’n ooreenkoms tussen homoseksualiteit en pedofilie getrek het. Chris het die volgende gesê in My gewete is gebind deur die Bybel en ons belydenisskrifte:

“Indien jy steeds oortuig is daarvan dat seksuele oriëntasie ’n gawe van God is, sal jy pedofilie … ook op soortgelyke wyse moet aanvaar. Pedofilie word tans as ’n seksuele oriëntasie beskryf deur sielkundiges. ’n Mens sou pedofilie dan ook as ’n goeie gawe van God moet beskryf.”

Tydens hierdie gebeure was hy die sameroeper van die nieregeringsorganisasie Queers With­out Borders (QWB), deel van die Sentrum vir Morele Leierskap aan die Universiteit Stellenbosch.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui