Doleerders: Word die broers deur vrees of liefde gedryf?

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Doleerders: Word die broers deur vrees of liefde gedryf? | Netwerk24

Rudi Swanepoel

05 Maart 2024

’n Teoloog en ’n predikant weeklaag oor die doleerdery en die massa-uittog van predikante en gemeentes uit die NG Kerk. Maar hoekom is dié wat bietjie minder deur vrees aangevuur word so stil, vra Rudi Swanepoel.

In die kerkwêreld is dit baie moontlik en totaal en al waarskynlik dat ’n mens vreemde boodskappe, hiper-interessante stukkies inligting en obskure versoeke uit onbekende oorde gaan kry.

Dit wissel letterlik van mense wat jou nader om hul projekte te help befonds (terwyl jy hulle van geen kant af ken nie) tot gesiglose individue wat jou op die beste Afrikaans beduie om ’n onderhoud (op YouTube) te kyk waar jy kan sien hoe ’n teoloog verduidelik hoe en waar en hoe wyd en ver die NG Kerk van die pad af is – tot petisies waar ’n mens moet teken sodat universiteite moet ophou om teen opregte Christen-kinders te diskrimineer.

Oor die algemeen doen ek my bes om nie op hierdie skakels te klik nie, maar elke nou en dan oorval nuuskierigheid my. Ek is immers net ’n mens.

Vrees of liefde?

So gebeur dit toe dat ek die afgelope week of twee na twee van hierdie dinge kyk en luister.

Die een is van ’n student wat praat oor sy (en ander studente se) ontsettende lot op onse land se kampusse en hoe meedoënloos hulle vervolg word.

Die ander ’n opname van ’n gesprek tussen ’n teoloog en ’n predikant oor die doleerdery en die massa-uittog van predikante en gemeentes uit die NG Kerk. Natuurlik ook oor die redes (hulle s’n), gepeper met onsubtiele verwysings na hoe hulle vervolg, verkleineer en stilgemaak word deur die leierskap van die groter kerk.

Ai.

Maar so dink ek toe kliphard oor wat ek vermoed hier aan die gang kan wees.

(Ek wil dit tog net duidelik maak dat ek baie bok is vir debat en dialoog en gesprek – jy kan dit nog honderd goed noem – waar mense vanuit verskillende hoeke en kampe na dinge kyk.)

Ieder geval. So loop ek toe en wonder en wroeg oor wat ek vermoed (ook) hier aangaan.

En toe dink ek dít: Ek wonder of hulle (minstens die drie broers in die twee video’s waarna ek verwys) deur vrees of deur liefde gedryf word.

’n Groter beswaardheid

Ek vermoed nie dat hulle uitsluitlik deur een van die twee voortgestu word nie. Wat ek wél vermoed, is dat vrees dalk ’n groter rol speel as wat hulle bereid sal wees om te erken.

As jy my nou sou vra dat ek dit moet bewys of staaf, sal ek natuurlik nie kan nie. Dis regtig net ’n gevoel, iets wat ek tussen die lyne en in die artikulasie van besorgdhede voel. Dit loop dik maar onsigbaar op elke bladsy van beswaarskrif en elke stukkie kapsie, dis ongetwyfeld dáár.

Want uiteindelik is dit ook deel van ’n groter beswaardheid (en bang) wat geil blom (só wil dit voorkom) in Afrikanergeledere: dat hulle ons wil stilmaak, dat ons nie hier mag wees nie, dat ons niks meer mag sê nie, dat ons taal gaan uitsterf, dat hulle alles wat vir ons kos- en dierbaar is, wil wurg, dat hulle ons kinders gaan gay en trans maak, dat ons nie meer plek het nie.

Ja, nie plek nie.

’n Plek in die son

Dit smaak my dat dit wat hulle nié sien nie, juis dit is: Dit gaan oor plek.

Op die kampusse word studente – met goeie reg – bewus gemaak van die feit dat ons nie almal dieselfde is nie, dat ons mekaar (ons tale, ons lywe, ons opinies, ons oortuigings) moet respekteer en PLEK moet maak vir mekaar.

In die kerk probeer die meeste van ons plek maak vir mense wat voorheen op die kantlyn was, of buite die binnekring, of vir diegene wat ander tale (as Afrikaans) praat en dalk nog nooit in hul dag des lewens enige vorm van ’n veilige plek gehad of geken het nie.

Dit gaan oor plek.

En as iemand vra vir ’n plek (veral as dit abstrak is, as dit in die leerstellige of ideologiese spasie afspeel), beteken dit dan dat hulle my van my plek wil beroof?

Word daar iets van my af weggeneem as iemand anders ook ’n plek in die son soek?

Skyn die son dan minder oor my?

‘Ons moet bliksem met liefde’

Dalk is wat my die meeste pla dít: dat die lot wat bietjie minder deur vrees aangevuur word so stil is.

In die woorde van een van my geliefde vriende: “Ons moet bliksem met liefde.”

Ons móét eenvoudig harder liefhê, méér wys dat ons omgee en dien, ons arms wyer en wyer oopmaak vir mekaar. En eintlik gebeur dit ook reeds op baie plekke, wat ’n mens net met vreugde kan vul!

Maar, broers, ek is jammer, vergewe my asseblief; maar as julle etlike briewe geskryf het en honderde bladsye se gravamina in agendas ingebind gekry het; as ure en ure van vergaderings en sinodesittings aan julle afgestaan is; as jul mikrofone aanhou werk het en julle redelik baie woorde ingekry het en die meerderheid van jul sibbe in Christus het “nee” gesê en ’n ander pad gekies het, dan moet julle asseblief nie sê wat julle sê nie.

Of miskien kan julle dit maar doen, want dalk moet óns nie noodwendig harder praat nie, maar net harder liefhê.

Snaaks, ek weet julle weet júlle is geliefd EN het plek. In jul gemeentes, jul huise, jul organisasies, jul WhatsApp-groepe.

Daar is baie mense wat nie die plek (of die stem) het wat julle het nie.

Dalk moet ons húlle die hardste gaan liefhê.

Nee, nie dalk nie. Ons móét.

Swanepoel is predikant by die NG gemeente Andrew Murray in Johannesburg en ’n deeltydse skrywer. Die menings van skrywers is hul eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.

Kommentaar

Daniel Louw

In ‘n mate kan ‘n mens sê dat doleerders gedryf word deur vrees: ‘n Vrees vir God (of ‘n eerbied of ontsag vir God, soos sommige vertalings dit stel).

Veronderstel jou vrou werk saam met jou beste vriend. Die vriend begin egter jou vrou by die werk emosioneel af te breek en te verneder. Gesprekke met jou vriend help nie – dit gaan steeds voort. Sal jy nog Saterdae saam met jou vriend kan braai en rugby kyk? Ek dink nie so nie. Jy sal moet kies tussen jou vrou en jou vriend.

Jesus het ook gesê dat dit sal gebeur:

(34)“Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie maar die swaard. … (Matteus 10:34-39)

1 thought on “Doleerders: Word die broers deur vrees of liefde gedryf?”

  1. Sodra die mens begin leer om GOD lief te hê op Sý voorwaardes, kan mens leer om die medemens lief te hê op dieselfde voorwaardes. Die mens vasgevang in Egiptiese denke, ken nie GOD se hart nie. En meesste van hul wat God se ❤ gesien en beleef het met Sy wonders, kon nie die beloofde land sien nie, want hul het in arrogansie en rebelsheid bly aankarring met hul eie idees oor God se ❤, ten spyte van Sy kristalhelder woorde aan hulle. Sodra die mens die medemens liefhet op sy eie idee van God se voorwaardes – in stryd teenoor die bloudruk wat gegee is – dan vind daar vermenging plaas van ‘‘Gees’’ en ‘’vlees’’, en word dié idee, oorgedra na ander as navolgingswaardig, en voorgehou as God se liefde, maar wat dit nie is nie.

    Die hedendaagse NG Kerk het ‘’self’’ vér meer lief as vir God reeds vir geruime tyd. Begin eerder om God lief te hê soos die voorbeelde in die Bybel, en nie soos Freud of TV of die rolprente of sosiale media wat ‘n oormag van woorde en beelde na jou brein afvuur vér verwyderd van God se manier.

    Indien mens die woord ‘’lief_’’ in die E-Sword sagteware se soek-enjin plaas, word ondergenoemde resultaat gelewer. En met hierdie ‘’oppervlakkige manier’’, kan mens reeds verskeie gevalle sien van etlike tipes ‘’liefdes’’ wat oor eeue heen spreek van God se hart, en die mens se hart, en die hart van die mens wat reg liefhet, en die hart van die mens wat nie reg liefhet nie.

    Dit is opmerklik wanneer God liefhet, daar ‘n opregte offfer was. En waar daar volkome gehoorsaamheid was. Die NG Kerk haat God se idee van liefhet, en moet gaan vra ‘’hoekom’’? Hy vereis gehoorsaamheid aan Sy Woord, en ‘n totale breek/wegbreek/afsny van enige bande, wat satan se idee van liefhet, aanwakker.
    ———————-
    607 verse gevind, 709 woorde met ‘lief_’ [ Afr 1933/1953 vert]
    Genesis
    20 verse
    23 woorde met ‘lief_’
    Exodus
    5 verse
    5 woorde met ‘lief_’
    Levitikus
    19 verse
    19 woorde met ‘lief_’
    Numeri
    18 verse
    18 woorde met ‘lief_’
    Deuteronómium
    29 verse
    34 woorde met ‘lief_’
    Josua
    2 verse
    2 woorde met ‘lief_’
    Rigters
    5 verse
    5 woorde met ‘lief_’
    Rut
    2 verse
    2 woorde met ‘lief_’
    1 Samuel
    9 verse
    11 woorde met ‘lief_’
    2 Samuel
    11 verse
    16 woorde met ‘lief_’
    1 Konings
    4 verse
    4 woorde met ‘lief_’
    2 Konings
    2 verse
    2 woorde met ‘lief_’
    2 Kronieke
    4 verse
    4 woorde met ‘lief_’
    Nehemiah
    3 verse
    3 woorde met ‘lief_’
    Esther
    2 verse
    2 woorde met ‘lief_’
    Job
    4 verse
    4 woorde met ‘lief_’
    Psalms
    56 verse
    57 woorde met ‘lief_’
    Spreuke van Salomo
    36 verse
    41 woorde met ‘lief_’
    Prediker
    6 verse
    7 woorde met ‘lief_’
    Hooglied van Salomo
    23 verse
    31 woorde met ‘lief_’
    Jesaja
    14 verse
    14 woorde met ‘lief_’
    Jeremia
    5 verse
    6 woorde met ‘lief_’
    Klaagliedere Jeremia
    2 verse
    2 woorde met ‘lief_’
    Esegiël
    9 verse
    9 woorde met ‘lief_’
    Daniël
    5 verse
    5 woorde met ‘lief_’
    Hoséa
    12 verse
    12 woorde met ‘lief_’
    Amos
    1 vers
    1 woord met ‘lief_’
    Miga
    3 verse
    3 woorde met ‘lief_’
    Sefánja
    1 vers
    1 woord met ‘lief_’
    Sagaria
    5 verse
    5 woorde met ‘lief_’
    Maleági
    2 verse
    4 woorde met ‘lief_’
    Mattheús
    16 verse
    18 woorde met ‘lief_’
    Markus
    7 verse
    8 woorde met ‘lief_’
    Lukas
    12 verse
    16 woorde met ‘lief_’
    Johannes
    38 verse
    56 woorde met ‘lief_’
    Handelinge
    1 vers
    1 woord met ‘lief_’
    Romeine
    22 verse
    24 woorde met ‘lief_’
    1 Korínthiërs
    18 verse
    21 woorde met ‘lief_’
    2 Korínthiërs
    16 verse
    17 woorde met ‘lief_’
    Galásiërs
    5 verse
    5 woorde met ‘lief_’
    Efésiërs
    17 verse
    23 woorde met ‘lief_’
    Filippense
    8 verse
    9 woorde met ‘lief_’
    Kolossense
    11 verse
    11 woorde met ‘lief_’
    1 Thessalonicense
    6 verse
    7 woorde met ‘lief_’
    2 Thessalonicense
    4 verse
    4 woorde met ‘lief_’
    1 Timótheús
    6 verse
    6 woorde met ‘lief_’
    2 Timótheús
    10 verse
    12 woorde met ‘lief_’
    Titus
    5 verse
    5 woorde met ‘lief_’
    Filémon
    6 verse
    6 woorde met ‘lief_’
    Hebreërs
    6 verse
    6 woorde met ‘lief_’
    Jakobus
    5 verse
    6 woorde met ‘lief_’
    1 Petrus
    9 verse
    11 woorde met ‘lief_’
    2 Petrus
    8 verse
    10 woorde met ‘lief_’
    1 Johannes
    29 verse
    51 woorde met ‘lief_’
    2 Johannes
    4 verse
    4 woorde met ‘lief_’
    3 Johannes
    5 verse
    6 woorde met ‘lief_’
    Judas
    6 verse
    6 woorde met ‘lief_’
    Openbaring
    8 verse
    8 woorde met ‘lief_’

    Enkele voorbeelde:
    Gen_8:21 En die HERE het die lieflike geur geruik, en die HERE het in sy hart gesê: Ek sal die aarde verder nie meer vervloek ter wille van die mens nie, want die versinsels van die mens se hart is sleg van sy jeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens tref soos Ek gedoen het nie.
    Gen_22:2 Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys.
    Exo_20:6 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
    Lev_1:17 Dan moet hy dit by die vlerke skeur sonder om hulle af te trek; en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek, op die hout wat oor die vuur is; ‘n brandoffer is dit, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
    Openb_1:5 en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed
    Openb_2:4 Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.
    Openb_2:19 Ek ken jou werke en liefde en diens en geloof en jou lydsaamheid en jou werke, en dat die laaste meer is as die eerste.
    Openb_3:9 Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.
    Openb_3:19 Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.
    Openb_12:11 En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.
    Openb_20:9 En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.
    Openb_22:15 Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.
    —————————

    Ondersoek Sy ❤ in die Bybel, en Hy sal Hom laat vind.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui