Wie is Jan Louw?

alt
Kyk ook:

Jan (JD) Louw (9 Augustus 1948 tot 17 Januarie 2022) was ’n behoudende predikant in die NG Kerk. Hier volg die gemeentes waar hy diens gedoen het:

  1. Shabani, Rhodesië (1975 – Mei 1978)
  2. Clarens (1978 – Junie 1982)
  3. Secunda (1982 – Januarie 2013)
  4. Reitz (2013 – Januarie 2022)

Vir sy getuienis, kyk Het jy al vir jouself duidelikheid gekry oor evolusie?

Hier volg nog van sy bydraes:

Evolusie

Ander

Jan Louw begrafnisdiens 21 Januarie 2022

Die volgende het in die agenda van die Hoëveldse Sinode 2022 verskyn:

Jan Daniël Louw (BA, BD)

(9 Augustus 1948 tot 17 Januarie 2022)

Jan Louw is op 17 Januarie 1948 op Riversdal gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool CR Swart in Pretoria. Hy voel hom geroepe tot die bediening en gaan studeer aan die Universiteit van Pretoria, waar hy sy studies aan die einde van 1974 voltooi en daarna gelegitimeer word. Hy tree op 24 November 1973 in die huwelik met Amor du Toit, met wie hy vir 48 jaar getroud sou bly, tot met sy dood. Jan word in 1975 met handoplegging bevestig in die gemeente Shabani. Daarna aanvaar hy ’n beroep na Clarens in 1978 en toe na Secunda in 1982. Hier arbei hy vir 30 jaar tot met sy emeritaat in 2012.

Jan sal onthou word vir sy evangeliese ywer. Hy was baie betrokke by sendingwerk en het kursusse van Veritas College, wat gemeentes help om leiers op te lei om die Skrif te verstaan en toe te pas, aangebied. Oor behoudende standpunte het hy ernstig gevoel – ’n fundamentele verstaan van die Skrif was vir hom baie belangrik. Hy word deel van die sogenaamde Kairos Netwerk wat protes aanteken teen sekere besluite van die Algemene Sinode. Hy was baie geliefd in Secunda en hy het ook verskeie staptoere saam met gemeentelede gereël. Jan het in 2021 die Covid-virus opgedoen en ook ’n ligte beroerte gehad. Uiteindelik het sy gesondheid só verswak dat hy op 17 Januarie 2022 oorlede is in die ouderdom van 73 jaar.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui