Die NG Kerk het God “uitgetart”

Kyk ook:

Die foto hierby is ’n afbeelding van die afgod Baäl, wat wyd rondom die Middelandse See aanbid is. Hierdie graveerwerk kom uit Sidon (Libanon) waar die goddelose Isebel, Agab se vrou vandaan gekom het (1 Kon 16:31). Met hierdie afskuwelike afgode van die heidene het Israel die Here “uitgetart”. Van Agab lees ons bv: “hy het meer gedoen om die Here die God van Israel uit te tart as al die konings van Israel voor hom” (1 Kon 16:33).

Die NG kerk het die Here ook “uitgetart” met sy besluite by die Sinode van 2019. Ons moet nie gewoond raak aan die verskriklike werklikheid van wat daar gebeur het nie. Die Sinode het die mees onheiligste van al die onheilige in die samelewing, nl die LGBTQ leefstyl heilig verklaar en dit is selfs ’n “gawe van God” genoem.

Ons het verder per implikasie verklaar dat die Skrif nie bruikbaar is in die beoordeling van hierdie kwessie nie, want hulle sê ons het ’n “vasgelooptheid” oor die Skrif bereik. Ons verskil glo te veel oor die interpretasie van die Skrif.

Daarteenoor sê Dawid: “U het u Naam en u Woord bo alles gestel/verhef (Ps 138:2).

Intussen het die NG Kerk op 31 Mei ’n Nasionale Biddag vir COVID-19[1] gehou. Omtrent al die moderators van die 11 streeksinodes was by die Biddag betrokke. Die Kerk gaan voort soos voorheen. Niemand ervaar blykbaar ’n versteurdheid oor die ernstige dwaalleer wat tussen ons hang nie. Ons kerkleiers sien nie in dat ons verhouding met God aangetas is nie. Almal bid saam soos voorheen!

Die Engelse Bybels vertaal hierdie “uittart” met “provoke to anger”. Dit is ’n ingrypende gedagte en kom meer as 50 maal in die Ou Testament voor. Die NG Kerk het God nou ook uitgedaag. Ons het Hom kwaad gemaak en ons gee voor dit is maar reg so. Dit is die toppunt van vermetelheid.

Ek glo die Here wag nog op hierdie stadium om te sien of daar by ons berou is. Ons moet egter weet dat ons sy Naam in oneer gebring het. Dit is iets wat Hy nie ongesiens en ongestraf sal laat verbygaan nie. Daarvan is ek oortuig.

Voetnotas

[1] Kyk Nasionale biddag. Ds Nelis Janse van Rensburg het die liturgie gelei met insetsels van die ander streeksinodes.

9 thoughts on “Die NG Kerk het God “uitgetart””

  1. Baie dankie vir u perspektief ds. Louw. My gees in heeltemal in ooreenstemming met u standpunt en uitleg. Wat my diep verontrus, is dat daar sulke ernstige aanklagte teen ons kerk gerig word en dat die moderatuur voortgaan asof niks hulle pla nie. Hoe kan dit wees?

  2. Lev 18:22 Met ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ’n mens met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel.

    Lev 20:13 En as ’n man met ’n manspersoon gemeenskap het soos ’n mens met ’n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen.

    Rom 1:26 Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is;

    Rom 1:27 en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.

    1Co 6:10 Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
    1Ti 1:10 hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is,

  3. Dankie aan Ds Jan Louw dat hy hierdie berig geskryf het. Dit is die Waarheid. Die NGK tart God uit met sy dwaalleer. Andale Roux vra hierbo Hoe is dit moontlik? Dis moontlik want die kweekskole kweek dominees met ’n totaal reletavistiese post-moderne siening waar fundamentele Bybelwaarhede as oudmodies beskou word. As kerkgenootskappe die dwaalleer aanhang en gesonde Bybelleer verwerp, dan geld die Bybelse aanmaning van “kom uit haar uit my volk.

  4. Ds Jan, wat my verstom en verwar is hoekom die lede van die NKG nie in opstand kom nie, die term wat gebruik is om in opstand te kom is “ons is nie wereldlinge nie wat soos barbare optree nie” Ek wil my baie sterk teen daai mening uitspreek. Die Covid 19 is die minste van ons probleme, die NGK lei lidmate hel toe, met geopende oe – wetend en “almal” behalwe n “handvol” is ok daarmee.

    Wat ek ook moet by se is dat gewone lidmate hule predikante en leiers vertrou net om uittevind dat alles nie wel is nie. Die AS en ander strukture behoort ontbind te word.

    Ek lees graag – Gert Lange.

  5. Ds. Louw, wat my verbaas is dat predikante in die NGK vir hulle kuddes lieg deur te sê hulle sal die besluit oor selfdegeslagverhoudings glad nie in hulle kerk aanvaar nie terwyl hy weet hulle staan onder die Sinode se besluit. Wat my betref het die NGK Christus as Hoof van die Kerk afgeskryf vir ’n wêreldse Hof. Christus het nie meer ’n sê in die NGK nie maar die hof en menseregte maak nou hulle eie besluite. Skandelik!!! Dit is waarom ek ’n jaar gelede die NGK verlaat het. Lees gerus Openbaring 18:4

  6. Ds. Louw, net ’n vraag: Ek merk baie van die kerke doleer. Sou dit beteken dat as hulle suksesvol is in hulle mosie hulle nie meer onder die AS (Algemene Sinode) staan nie, want as hulle steeds onder die AS staan beteken dit niks, want die AS sal geensins van hulle besluit afsien nie. Hulle word beheer deur die Roomse Katiolieke Kerk alhoewel hulle dit heftig sal ontken. Die Woord sê ’n Koninkryk wat onder homself verdeeld is sal nie bestaan nie.

  7. Sien E-pos van Dr PJ van Jaarsveld (Pieter)
    Leraar:: NG Kerk Bothaville

    “”From: Pieter van Jaarsveld
    Date: Thu, Dec 5, 2019 at 4:24 PM
    To: Mark
    Cc:

    Beste Mark  Die NG Kerk het met die sitting van die Algemene Sinode in 2007 besluit dat ’n huwelik die lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou is. Die besluit is op 8 Oktober 2019  herbevestig. Die besluite oor selfdegeslagverbintenisse wat met die sinodesittings in 2015 en 2016 geneem is, is herroep. Die Algemene Sitting het op 8 Oktober 2019 die besluit geneem dat die publieke verbintenisse (lw nie huwelik nie) tussen persone van dieselfde geslag erken word. Die Algemene Sinode het ook besluit  dat die kantoor van die Algemene Sinode van die NG Kerk  nie namens die leraars van die kerk by die Departement van Binnelandse Sake aansoek gaan doen vir lisensies dat hulle publieke verbintenisse tussen mense van dieselfde geslag kan bevestig nie. Hierdie verantwoordelikheid is afgewentel na kerkrade as die werkgewers van leraars. Kerkrade (gemeentes) kan dus nou self besluit of hulle vir hulle leraar gaan aansoek doen om publieke verbintenisse tussen persone van dieselfde geslag te voltrek. Groete

    Posbus 67, Bothaville, 9660 / Gardenstraat 89, Bothaville

    Tel: +27 (0) 56 515 2209

    Sel: +27 (0) 82 852 5702

    Faks: +27 (0) 86 590 0216

    E-pos: pjvanjaarsveld@telkomsa.net

    ———-
    From: Mark
    Date: Sat, Dec 7, 2019 at 9:23 AM
    To: Mark

    neem kennis en versprei die woord jou naaste word mislei in die NG Gemeente , die veranderinge word agter toe deure besluit sonder om kerkgangers/Gemeente in te sluit , kry jou geliefdes weg hulle loof en prys”onwetend” mens in plaas van God.

    Die kerk het net een doel, om die woord van God te verkondig. Ons is in n era waar alles/meerderheid verdra word met min weerstand teen die sondes waaroor ons Bybel waarsku, Hoe om die probleem
    op te los ? Dat ons die NG kerk oortuig om op die pad van geregtigheid te kom, of hulle moet die regulasie oor selfde geslag huwelik onmiddelik in hul belydenis sit. Bring dit in die lig soos dit lees in MATTEUS 6 – lamp van die liggaam

    ”Bergpredikasie (vervolg). Die skat in die hemel. Die gesonde oog. Die twee here. Die kwelling oor die lewe.
    19MOENIE vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;
    20 maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;
    21want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.

    22 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees.
    23Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!
    24 Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!
    25 Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe — wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam — wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?
    26Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?
    27Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?
    28En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie;
    29en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie.
    30As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in ’n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges?
    31Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie?
    32Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.
    33Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
    34Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad”

    Posbus 67, Bothaville, 9660 / Gardenstraat 89, Bothaville

    Tel: +27 (0) 56 515 2209

    Sel: +27 (0) 82 852 5702

    Faks: +27 (0) 86 590 0216

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui