Randkwessies in die Bybel

Wat is randkwessies?

Randkwessies is dinge:

  • waaroor die Bybel nie duidelik is nie
  • wat nie sonde is nie
  • wat nie jou redding sal beïnvloed nie

Christene wat oor randkwessies verskil, kan ‘n mens as broers en susters in die geloof hanteer.

Die volgende is ‘n lys van teologiese kwessies gerangskik van krities tot randkwessie. Let wel dat hierdie lys bloot ‘n riglyn is. Dit is feitlik onmoontlik om so ‘n lys op te stel waaroor alle behoudende gelowiges sal saamstem.

Kern kwessies

  1. Daar is ‘n god wat geskep het
  2. God het homself aan mense openbaar soos dit tans in die Bybel opgeteken is
  3. Die Bybel is akkuraat en duidelik, daarom moet ons die Bybel op sigwaarde lees
  4. God is ‘n teïstiese god
  5. God is ‘n drie-enige god: Vader, Seun (Jesus) en Heilige Gees
  6. Jesus is een van die drie-eenheid
  7. Die bestaan van die duiwel en die hel.
  8. Adam en Eva was werklike persone wat met die sondeval dood en swaarkry in die wêreld ingebring het
  9. Weens die sondeval het Jesus vir ons sondes kom sterf.
  10. Jesus het liggaamlik opgestaan uit die dood
  11. Jesus se koms is deur die profete in die Ou Testament voorspel
  12. Jesus het 40 dae na sy opstanding na die hemel opgevaar
  13. Jesus het wonderwerke op aarde gedoen
  14. Jesus is maagdelik verwek
  15. Redding is slegs moontlik deur Jesus
  16. Ware bekering is nodig vir redding
  17. Homoseksualiteit, seks buite die huwelik en egbreek is sonde

Grys area

  1. Saul, Dawid, Salomo, ens was werklike historiese konings
  2. Die uittog uit Egipte het werklik gebeur
  3. Abraham was ‘n werklike historiese persoon
  4. Daar was ‘n sondvloed met Noag
  5. Tydens die toring van Babel het God verskillende tale geskep
  6. Die sondvloed was wêreldwyd en twee van elke soort was in die ark
  7. Die mense voor die sondvloed het werklik so oud geword soos in die Bybel genoem
  8. God het alle diere volgens hulle soorte geskep. Hy het nie ‘n lang tyd van evolusie gebruik nie.

Randsake

  1. Ouderdom van die aarde[1]
  2. Die vrou in die amp
  3. Die doop
  4. Eskatologie (millennialisme vs amillennialisme)
  5. Uitverkiesing

Notas

[1] Alhoewel die Bybel baie duidelik is oor die ouderdom van die aarde, word dit as ‘n randkwessie gelys slegs omdat dit nie soseer jou redding beïnvloed nie. Om die ouderdom van die aarde egter in twyfel te trek moet die Bybel baie anders geïnterpreteer word as wat dit duidelik sê. Die Bybel is baie duideliker oor die ouderdom van die aarde as oor die vrou in die amp, die doop, eskatologie en die uitverkiesing.

Hoe hanteer mens ander Christene wat verskil oor kernkwessies?

Christene wat oor randkwessies verskil, kan ‘n mens as broers en susters in die geloof hanteer. Hierdie kwessie is egter gewoonlik die kwessies wat verskillende kerkdenominasies van mekaar skei. As hierdie sake dan genoeg is om mense in verskillende denominasies te skei, dan kan mense met verskillende sieninge oor kernkwessies beswaarlik binne dieselfde denominasie funksioneer.

Bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui