Daar is ‘n verskil tussen mikro- en makro-evolusie

Die volgende brief is aan Rapport gestuur, maar nie geplaas nie.

*******

Daar is ‘n verskil tussen mikro- en makro-evolusie

Daniel Louw

28 April 2024

In “Leen vir Akademia ’n flitslig, asseblief” (14.04) skryf Pieter Malan baie neerhalend van Akademia omdat hulle dit durf waag het om die Amerikaanse Discovery Institute, wat nie evolusie onderskryf nie, genooi het om ‘n seminaar aan te bied. Oor Discovery het Malan ook geen goeie woord te sê gehad nie.

Daar is egter twee soorte evolusie: mikro-evolusie en makro-evolusie.

Mikro-evolusie verwys na veranderinge binne dieselfde soort. ‘n Voorbeeld hiervan is verskillende hondespesies binne die hondesoort. Nog voorbeelde is Darwin se vinke en sy pepermotte. Alhoewel ‘n hond kan verander, bly ‘n hond ‘n hond en ‘n vink bly ‘n vink. Verder gaan hierdie veranderinge altyd gepaard met ‘n vermindering in genetiese inligting. Jy gaan sukkel om Groot Deense honde (“Great Danes”) te teel as jy slegs Chihuahuas tot jou beskikking het. Dit is omdat genetika verlore gegaan het. Om mikro-evolusie te ontken sou dieselfde wees as om te ontken dat die aarde rond is.

Makro-evolusie is egter ‘n perd van ‘n ander kleur. Volgens makro-evolusie het ‘n vis ‘n reptiel geword en ‘n reptiel het ‘n voël geword. Hierdie veranderinge is duidelik in ‘n ander klas.

In Evolution vs. God het Ray Comfort, die swaargewig evolusionis, PZ Myers gevra om ‘n voorbeeld te gee waar Darwinistiese evolusie (makro-evolusie) waargeneem kon word. Hy het vasgehaak by voorbeelde waar ‘n vis in ‘n ander spesie vis verander het en ‘n bakterie verander het in ‘n ander spesie bakterie. Hierdie is duidelik voorbeelde van mikro-evolusie.

Ook het Richard Dawkins op sy neus gekyk toe hy gevra is om ‘n voorbeeld te gee van ‘n genetiese mutasie of ‘n evolusionêre proses wat die inligting in die genoom vermeerder het. Nadat hy 19 sekondes gedink het, het hy gevra om die kamera af te sit waarop hy ‘n lang relaas gegee het sonder om die vraag te antwoord.

Ken Malan nie die verskil tussen mikro- en makro-evolusie nie, of is hy moedswillig?

Verder het Malan die geleentheid gehad om Akademia met wetenskaplike feite te kritiseer, maar instede daarvan het hy hom bloot beroep op die meerderheid wetenskaplikes.

Die Covidtydperk het ‘n baie goeie slagspreuk opgelewer:

“ ‘Vertrou die wetenskap’ is waarskynlik die mees onwetenskaplike stelling wat jy kan maak.”

2 thoughts on “Daar is ‘n verskil tussen mikro- en makro-evolusie”

  1. Versichtig. Die term mikroevolusie het net so sy probleme.
    Daar is maar variasie in die nageslag van organismes, en dit kan ook geselekteer word. Maar om iets betekenisvol Evolusie te noem (en nie net as ‘n poging van semantieke bedrog nie) moet daar konsepsueel nuwe inligting onstaan of verskyn. Dis nog nooit aangetoon dat dit ooit gebeur het. Wat wel aangetoon is dat daar verskille in die genetiese inligting tussen verskillende generasies is. Maar dis soos verskillende afmetings van viehoeke te he, jy sal op daardie manier geen sirkel kan kry nie, want dit vereis verandering van konsepsyele inligting.

    Dus wees versigitig met die terme wat jy aanfaar in die dispuut. Hulle vat enkele terme, volgens een definisie en op die volgende bladsye verander hulle dan die defnisies. Voorbeeld:

    1. Defineer Evolusie as Verandering oor Tyd.
    2. Defineer Evolusiie as Verandering enkelselorganisme tot by Mens toe.

    Hulle sal dan se om rede 1. tog ‘n feit is, het hulle nou 2. voldoende bewys. Hulle doen dit net nie so blatant nie. Maar dis hoe hulle hulle gehoor gemanipuleer het om die Evolusieverhaal te glo. En miljoene het daarvoor geval. Vir baie mense wat ‘n vorm van christendom aanhang is dit egter ‘n krisis om met hierdie as ‘n ‘wetenskaplike feit’ gekonfronteer te word. Hulle eie kerke/bedienings leer hulle nie werklik hoe om dit te hanteer nie.

    Nou gaan wee

  2. Watter kwaad steek in ewolusie
    Die afgelope tyd was die ewolusie leer en nou ook Intelligensie ontwerp (IO) in gesperkke geopper oor die ontstaan van lewe.Sewe en sestig (67) jaar gelede was daar ook oor ewolusie geskryf om n wetenskaplike verklaring te bied vir die onstaan van lewe.
    Die volgende is ʼn aanhaling uit die boek “ Ek moet weet” geskryf deur R D Vine en in Afrikaans vertaal deur J L Milford en in 1957 uitgegee. Die skrywer antwoord die vraag “Watter kwaad steek daar in die ewolusieleer.
    “U vra altemit: “Watter kwaad steek daar dan in ewolusie?
    Net Dit: Die ewolusieleer kan nie sy aan sy met die Woord van God voortbestaan nie.Dit is nie iets wat net onbybels is nie – dit weerspreek die Bybel. Die Bybel verklaar dat die mens edel, regskape, en volmaak begin het (Gen. 1:26,27)- ewolusie verklaar dat die mens uit ʼn kiem in die modder onstaan het. Die Bybel vertel van die sondeval van die mens in die tuin van Eden (Gen3:1-20) – ewolusie verklaar dat daardie verhaal simbolies is van die ontwikkeling van die mens se gewete. Die Bybel verklaar dat ʼn mens ʼn sondaar is, en dat hy eendag vir sy sonde verantwoording sal moet doen (Ps.53:4; Jes.53:6; Rom3:23;1 Job 1:8)- Ewolusie verklaar dat sonde eenvoudig n oorblyfsel is van ons diere geaardheid waarvoor ons net so min verantwoordelik is as vir die kleur van ons oë en dat die toekomstige oordeel n sprokie is. Die Bybel vertel ons van die Verlosser wie se soenoffer op Golgota noodsaaklik was vir die verlossing van die mensdom (Joh.8:24;Hand.4:12;1Kor3:11) – ewolusie praat die sonde goed met die verklaring dat dit ʼn normale ontwikkeling is, en dit ontken dat daar aan ʼn Verlosser behoefte is. Ewolusie weier om wonderwerke soos die vleeswording (Joh.1:1-3,14) die opstanding (Hand.2:23,24; 3:14,15; 17:2,3; Rom.1:4) en die hemelvaart van Jesus (Hand.1:9) aan te neem,en dit ten spyte van die feit dat sy eie teorieë, nog groter geloof verg. Die ewolusieleer druis dus loodreg in teen die grondleerstellings van die Bybel. Die teoriste het- en moontlik was hulle daar nie bewus van nie- “die heerlikheid van die onverganklike God [Sy skeppingsdade ens.] verander in die gelykvormigheid van die beeld van ʼn verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere [d.w.s. die ewolusieteorie].” (Rom 1:23) Sodoende het hulle die “waarheid van God verruil… vir die leuen en die skepsel vereer en gedien… Bo die Skepper.” (vers 25.) As die Bybel waar is, dan is die basiese begrippe van die wetenskaplike teorieë vals, en dan is ewolusie op dryfsand gebou. As ewolusie waar is, is die grondleerstellings van Gods Woord vals. Die twee kan nie gerym word nie. Gelukkig is daar in die Bybel self oorweldigende bewys van sy ingewing. Ons het reeds daarop gewys, en in toekomstige hoofstukke sal ons dit nog duideliker aantoon. Sodra ons daarvan oortuig is dat die Bybel met gesag praat, kan ons deur geloof daardie Bybelse verhale aanneem waarvoor ons uiteraard geen ander bewyse het nie. Die skeppingsverhaal val hier onder.” Deur geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is” Heb.11:3. Om wetenskaplike feite te verstaan, moet ons hulle in die lig van die Bybel beskou. Hulle stem sonder uitsondering volkome daarmee ooreen. As dit nie gedoen word nie, is die gevolge slegs onvrugbare teorieë.
    Iemand het tereg gesê: “Wetenskap sonder God lees die natuur soos Milton se dogters Hebreeus gelees het – die sinne word reg uitgespreek, maar daar is geen begrip van die betekenis nie”. Die wetenskap loënstraf die Bybel nie. “ware wetenskap en ingewing stem volkome ooreen. “Wat wel met Gods Woord bots,is nie wetenskap nie, maar onbewese teorieë. Wanneer ons moet oordeel oor n leer wat teenstrydig met die Skrifte is, moet ons onthou: God moet waaragtig wees.” Rom.3:4. Ons het genoegsame redes om Sy Woord te glo. Laat ons met vertroue na bo kyk en besef dat die wondere van die natuur wat ons in die hemele daar bo en op die aarde benede sien,die eer van God vertel —nie die toevallige uitwerking van ʼn redelose noodlot nie.(Ps 19:2)“
    Die vraag, “Bewys die Wetenskap die Bybel as onwaar?” was ook 67 jaar gelede deur die selfde skrywer soos volg beantwoord en ek haal dit aan: ” Die wetenskap is geen weerlegging van die Bybel nie.Ten spyte van die algemene opvatting dat die Bybel onwetenskaplik is, staan dit vas dat ware wetenskap die Bybel bevestig. Die word “science” is afgelei van die Latynse woord ”scientia” wat kennis beteken.As ons hierdie betekennis van die word aanvaar, kan daar geen twyfel bestaan dat wetenskap en die Bybel in volkome ooreenstemming sal wees nie. Die jammerte is dat daar benewens die vasgestelde feite nog n norring van sogenaamde “wetenskaplike” teorieë bestaan. Sommige van daardie teorieë is teenstrydig met die Bybelse verhaal, en om daardie rede is daar mense wat dink dat die Bybel en die wetenskap nie ooreenstem nie. Die waarheid van die saak is dat ware wetenskap altyd met die Bybel ooreenstem. Dit is slegs die onbewese teorieë wat dikwels met die Bybel verskil. Ons moet dus altyd baie versigtig wees om te onderskei tussen “die valslik sogenaamde kennis”(1 Tim.6:20) en ware wetenskap. Eersgenoemde dwaal dikwels van die Bybelse verhaal af, maar die tweede nooit. Die Bybel gee nie voor dat hy ʼn handleiding vir die wetenskap is nie, maar hy verklaar wel dat hy wetenskaplik akkuraat is. As iemand ooit daarin kon slaag om te bewys dat een uitlating van die Skrifte onwetenskaplik is, dan sou ons dit nie meer as Gods Woord kon aanneem nie. God is alwetend en dis ondenkbaar dat Hy leuens of fabels sou toelaat in ʼn boek wat deur Hom ingegee is. Die God van die Hemel het bestem dat wetenskaplike ondersoeke ons geloof in Sy Woord moet versterk, nie dat dit daardeur afgebreek moet word nie.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui