Denominasie

‘n Kerkdenomisie is ’n oorhoofse struktuur waaraan ’n groep godsdienstige gemeentes behoort wat dieselfde teologiese sieninge het.

“Denominasie” is afgelei van die Engelse woord “denominator” wat verwys na dinge wat iets in gemeen het.

Gemeentes binne dieselfde denominasie, deel die volgende:

  1. Geloofsbelydenis
  2. Naam
  3. Administrasie/wetlike hierargie
  4. Gesamentlike sinodes waarin hulle van tyd tot tyd bymekaar kom.

Bedryf van ‘n denominasie

Binne ‘n denominasie neem die algemene sinode besluite oor die belangrike kwessies of teologiese sieninge van die denominasie.

Wanneer gemeentes afwyk van hierdie besluite moet hulle na regte gedissiplineer word en indien dit nie suksesvol is nie, moet bande met hierdie gemeentes gebreek word. Sulke gemeentes sal amptelik hulle naam moet verander.

Bates van gemeentes

Die bates van gemeentes (gebou, pastorie, beleggings, ens) behoort en word bestuur deur die kerkraad van die gemeente. Sou ‘n gemeente van die denominasie wegskeur sou dit daarom sin maak dat die denominasie nie aanspraak kan maak op die gemeente se bates nie. In praktyk is dit egter nie so eenvoudig nie.

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui