Die Bybel oor die doop

Iemand het my gevra wat my siening oor die doop is. Ek het hom aanvanklik ’n kort antwoord gegee en besluit om dit uit te brei tot hierdie artikel.

Opsomming

Voorstaanders van die bekeringsdoop (groot doop) gebruik hoofsaaklik die argument dat die Bybel op ’n paar plekke sê dat die doop ná bekering volg (Matteus 3:11, Markus 1:4, Lukas 3:3, Handelinge 8:12-13, Handelinge 13:24).

Your children will go to public school and they will be trained for 15000 hours on ungodly secular thought. And then they will go to Sunday school and they will color a picture of Noah's ark. And you think that's going to stand against the lies that they are being told?Of jy jou kinders doop of inseën, hou hierdie in gedagte…

Voorstaanders van die verbondsdoop (klein doop) redeneer egter dat wanneer volwassenes vir die eerste keer tot bekering kom dan pas hulle ook daardie beginsel toe (“bekeer jou en doop jou”). Hulle redeneer egter dat God ’n verbondsgod is en dat kinders van kleins af deel van die Christelike familie moet wees en dat die kind reeds by God aanneemlik is deur die band van die gelowige ouers (1 Kor 7:14). Hulle redeneer ook dat daar gesinne in die Bybel gedoop is en dat daar waarskynlik ook kinders in daardie gesinne was (Hand 16:15,33; 18:8 en 1 Kor 1:16).

Die ooreenkomste tussen die twee partye is:

  • Die baba word van die begin ingesluit in die Christelike familie. Grootdopers seën hulle kinders in en kleindopers doop hulle kinders.
  • Die kind moet ’n keuse maak. Kleindopers se kinders lê belydenis van geloof af en grootdopers se kinders word gedoop.
  • Jou siening oor die doop is nie ’n aanduiding van jou siening oor die uitverkiesing nie.
  • Nie een van die partye glo dat die doop iets met die saligheid van die persoon te make het nie.

Persoonlik is ek nie oortuig dat die Bybel klinkklaar sê of mens groot of klein gedoop moet word nie en of jy slegs een keer gedoop mag word en of jy onderdompel moet word nie. Daarom is dit vir my vreemd dat daar soveel sterk standpunte oor die doop is.

Daar is baie belangriker kwessies waaroor daar eerder saamgestem moet word.

Inleiding

Elke Christen word op een of ander stadium in sy lewe met die doop gekonfronteer.

In hierdie debat word die argument “nêrens sê die Bybel dit of dat nie”, wat ’n aanduiding is dat die Bybel moontlik nie so duidelik oor die saak is nie. Dit is immers waarom daar ’n debat oor die doop is. Neem in ag dat God nêrens in Bybel met die woord “drie-enige” God beskryf word nie, maar dit is wat ons as Christene glo.

Wat sê die Bybel?

In bylaag A word daar ’n redelike volledige lys van verse in die Bybel gegee oor die doop, maar hier is ’n opsomming:

  • Die Bybel sê op ’n paar plekke “bekeer jou en doop jou”. Met ander woorde, doop volg ná bekering.
  • Nêrens in die Bybel is daar duidelike voorbeelde waar kinders gedoop was nie.
  • Nêrens sê die Bybel dat kinders/babas nie gedoop mag word nie.
  • Nêrens lees mens van volwasse persone wat gedoop is wat gedoop sou kon word as babas nie.
  • Nêrens sê die Bybel dat die doop die besnydenis vervang het nie.
  • Die doop van Johannes was anders as die doop in die naam van Jesus (Handelinge 19:3-5).
  • Jy ontvang nie die Heilige Gees wanneer jy gedoop word nie (kyk Handelinge 8:15-17).
  • Die doop simboliseer die afwassing van sonde wat moontlik gemaak is met Jesus se kruisdood (Handelinge 22:16, 1 Petrus 3:21).
  • Die doop is ʼn teken wat niks met jou redding te make het nie (net soos die nagmaal).
  • Alhoewel die Bybel nie pertinent sê dat die doop ’n totale onderdompeling behels nie, beteken die oorspronklike Griekse woord (G907), om te onderdompel (immerse/submerge). ’n Mens kry tog die idee dat mense wat gedoop is in die Bybel, onderdompel is. Let wel, mens kan nie die doop van Johannes hier gebruik nie, want dit was ’n ander doop as wat die vroeë Christene in Handelinge ontvang het.
  • Die Bybel sê nie pertinent dat jy nie meer as een keer gedoop mag word nie.

Ooreenkomste in beide kampe

In beide die doopkampe is daar die volgende elemente betrokke:

Onverdiende seën

Kleindopers doop hulle babas. Grootdopers het egter die behoefte om hulle babas in te seën voor die gemeente.

Keuse/belydenis

Grootdopers maak ʼn keuse vir God en word gedoop. Kleindopers se kinders lê belydenis van geloof af, dus maak hulle ook ’n keuse.

Bonatuurlike betekenis

In beide kampe is daar getuienisse waar die doop bonatuurlike betekenis gehad het. Daar is mense wat groot gedoop is wat getuig dat hulle geloofslewe daarna baie gegroei het en sommiges beweer selfs dat jy “jou taal” kry wanneer jy gedoop word. Daar is egter ook getuienisse waar die kleindoop ook bonatuurlike betekenis gehad het (kyk byvoorbeeld Kleindoop hét betekenis).

Gereedheidsuitdaging

Beide kampe het ʼn groot uitdaging om die gereedheid van (jong) volwassenes te bepaal om belydenis van geloof af te lê of om groot gedoop te word. Daar is altyd (jong) mense wat belydenis van geloof aflê of groot gedoop word wat nooit moes nie omdat hulle nie werklik tot bekering gekom het nie.

Kleindoop / verbondsdoop

Kleindopers glo dat God ’n verbondsgod is en daarom het die doop die besnydenis vervang. Dit word ook so beskryf in die Nederlandse geloofsbelydenis, Artikel 34:

Hy het die besnydenis wat met bloed gepaard gegaan het, afgeskaf en in die plek daarvan die sakrament van die doop ingestel.

Die doopformulier van die NG Kerk sê ook baie duidelik wat kleindopers glo.

Kinders van gelowige ouers word gedoop. Daarom steun kleindopers baie sterk op 1 Korintiers 7:14:

(14)Die ongelowige man is by God aanneemlik deur die band met die gelowige vrou, en die ongelowige vrou is by God aanneemlik deur die band met die gelowige man. Anders sou julle kinders heidene wees, maar nou behoort hulle aan God.

Met ander woorde, die kind is reeds by God aanneemlik deur die band van die gelowige ouers. Dit is ook presies die rede hoekom grootdopers hulle kinders laat inseën – omdat God ’n verbondsgod is. Alle Christenouers het die behoefte om hulle kinders reeds van kleins af deel van die Christelike familie te maak.

Nog ʼn argument vir die kleindoop is dat ons lees van gesinne wat gedoop is (kyk Handelinge 16:15,33 en 1 Korintiërs 1:16). Daar word egter nie gesê hoe oud die gesinslede was nie.

Ek ken ’n gesin wat deur moeilike tye met hulle kinders gegaan het. Hulle glo in die groot doop. Hulle het egter ’n behoefte gehad om hulle kinders te doop en dit gedoen (die jongste was ongeveer 4 jaar oud). Hulle het wel die kinders onderdompel.

Kleindopers glo nie dat die doop ’n waarborg op redding is nie. Net soos die besnydenis in die Ou Testament nie redding gewaarborg het nie.

Grootdoop / bekeringsdoop

Grootdopers se hoof argument is:

  • Die Bybel sê: “Bekeer julle en laat julle doop” (kyk Matteus 3:11, Markus 1:4, Lukas 3:3, Handelinge 8:12-13, Handelinge 13:24).
  • Die Bybel noem nie pertinent dat babas gedoop word nie.
  • Die Bybel sê nie dat die doop die besnydenis vervang nie.
  • Kleindoop is gebaseer om kulturele invloede: die Katolieke kerk het begin met die kleindoop. Alhoewel Luther en Calvyn groot werk gedoen het om te reformeer, het hulle nie alles gereformeer nie.

Die “Bekeer julle en laat julle doop“-argument is nie ’n goeie argument is, want indien die doop ’n nuwe gebruik was, dan sou dit mos sin maak om eers tot bekering te kom. Kleindopers redeneer dat hulle ook hierdie beginsel toepas: Indien ’n persoon nie as baba gedoop is nie, moet hy eers tot bekering kom voor hy gedoop mag word.

Iets wat ek tog wil noem is die volgende: die idee wat ek kry is dat mense wat in tale kan praat, gewoonlik groot gedoop is. Daar is egter uitsonderings. Ek weet nie wat om daarvan te maak nie.

Die feit dat grootdopers self besluit of hulle gereed is om gedoop te word beteken nie dat hulle die uitverkiesingsleer (dit is nie óns wat na God toe gaan nie, maar God wat na óns toe kom) verwerp nie. Kleindopers maak ʼn soortgelyke besluit wanneer hulle belydenis van geloof aflê.

Onderdompeling vs besprinkeling

Die oorspronklike Griekse woord vir doop (G907), beteken om te onderdompel (“immerse”/”submerge”).

Verder kan ’n mens tog aflei dat Christene in die Bybel onderdompel is. In Johannes 3:23 en Handelinge 8:36 word (baie) water pertinent genoem waaruit ’n mens aflei dat hulle nie net besprinkel is nie.

‘n Mens lei ook af dat Jesus onderdompel is toe Hy gedoop is (Matteus 3:16). Let egter daarop dat die doop wat Jesus van Johannes ontvang het ’n ander doop was as wat die eerste Christene ontvang het (kyk Handelinge 19:3-5).

In Hebreërs 9:19,21 en 1 Petrus 1:2 lees ons van besprinkeling, maar dit is besprinkeling met bloed en mens kry nie die idee dat dit enigsins met die doop te doen het nie.

Kan ’n mens babas onderdompel? Ja. Kyk This baptism in Georgia is enough to make your head spin (Youtube).

Die vraag is: as die doop ’n teken is, is die hoeveelheid water regtig belangrik? Val die hoeveelheid water wat gebruik moet word tydens die doop nie maar onder dieselfde kategorie as vrouens wat hoede moet dra, die eet van onrein kos en om jou hande te was voor ete, nie? Die nagmaal is ook baie duidelik ingestel met ‘n beker. Is die gebruik van kelkies tydens nagmaal dus verbode?

Oordoop/wederdoop

Alhoewel ’n mens die idee kry dat die doop ’n eenmalige gebeurtenis is, anders as die nagmaal (1 Korintiërs 11:33), belet die Bybel nie pertinent dat jy vir ’n tweede of derde keer gedoop mag word nie. Iemand wat ek ken wat as baba gedoop is, vertel dat hy een aand te veel gedrink het by ’n werksfunksie en hy het skuldig gevoel daaroor. Toe hy later die aand in die bad lê, kry hy ’n behoefte daaraan om homself heeltemal onder die water te dompel om “die sonde af te was”. Hy het natuurlik verstaan dat dit nie die water was wat hom skoongemaak het nie, maar dat dit, soos die doop, ’n teken was dat God hom ook vir hierdie sonde sou vergewe.

Ek wil dit ’n stap verder neem: kan jy nie elke keer wanneer jy gaan stort of bad daaraan dink dat God jou sondes vergewe en jou skoon maak soos die water jou lyf skoon maak nie?

As mense ’n groot geestelike herlewing in hulle lewe ervaar, het hulle soms die behoefte om gedoop te word. Ek weet nie of daar iets verkeerd is daarmee nie.

Daar is mense wat hulle huwelik met mekaar herbevestig. Hulle lê die beloftes weer af teenoor mekaar en nooi selfs mense vir die geleentheid. Kan ’n mens dit nie ook met die doop doen nie?

Ons het op ’n stadium ons huis se heining gesalf (ek kan nie eers onthou hoekom nie). Beteken dit ons het dit nou een keer gedoen en daarom nooit weer nie? Nee. Alhoewel ek nie tans die nodigheid sien om ons huis/heining weer te salf nie, is dit nie uitgesluit dat ons dit weer moontlik sal doen nie.

Die Nederlandse geloofsbelydenis, artikel 34 is egter duidelik gekant teen oordoop en praat selfs van “die kettery van die Wederdopers”. Ek verstaan egter nie hoekom daar so sterk standpunt ingeneem moet word teen die grootdoop of om weer gedoop te word nie.

Wat verwag mens sou die Bybel sê?

In enige geloofskwessie is dit altyd goed om te vra: Indien X die waarheid is, wat sou mens verwag om in die Bybel te kry daaroor?

Indien die kleindoop reg is, wat sou mens kon verwag om in die Bybel te vind?

  • Die duidelike opdrag om ook kinders te doop (soos die besnydenis baie ’n duidelike opdrag was).
  • Voorbeelde waar kinders/babas gedoop word.
  • Die stelling dat die doop die besnydenis vervang.

Indien die grootdoop reg is, wat sou mens kon verwag om in die Bybel te vind?

  • Die woorde “Bekeer julle en laat julle doop” word reeds duidelik in die Bybel gegee, maar soos reeds gesê pas kleindopers dit ook toe: Indien jy nie as baba gedoop is nie, moet jy eers tot bekering kom en dan laat doop.
  • Om die doop in kontras met die besnydenis te stel.
  • Siende dat die besnydenis alle kinders nog altyd deel gemaak het van God se belofte, sou ’n mens kon redeneer dat daar verskille daaroor sou wees in die Nuwe Testamentiese Kerk. Daar is egter nie so iets opgeteken nie.

Weereens help ook hierdie benadering nie om presies te sê wat die Bybel oor die doop sê nie.

Gevolgtrekking

Persoonlik is ek nie oortuig dat die Bybel klinkklaar sê of mens groot of klein gedoop moet word nie en of jy slegs een keer gedoop mag word en of jy onderdompel moet word nie.

Daarom dink ek nie die doop is belangrik genoeg om verdeelheid tussen Christene te veroorsaak nie. Daar is wonderlike, Bybelgelowige, kinders van die Here in beide kampe. Daar is baie ander dinge wat belangriker as die doop is:

  1. Jesus se Godheid
  2. Jesus se opstanding
  3. Redding deur Jesus alleen
  4. Bestaan die duiwel
  5. Jesus se wonderwerke en maagdelike geboorte
  6. Historisiteit van Abraham en Israel se uittog uit Egipte
  7. Homoseksualiteit is ʼn sonde
  8. Verwerping van evolusie, dat die skepping ongeveer 4004 vC gebeur het en dat Noag se vloed globaal was en dat dit grootliks die geologie van die aarde bepaal het (Kyk Die Bybel oor skepping vs evolusie)

Al bogenoemde bepaal in watter mate jy die gesag van die Skrif aanvaar. Verskillende sieninge oor die doop is nie ʼn verwerping van die gesag van die Skrif nie.

Die doop en die nagmaal is twee van die sakramente van die Christelike geloof waaraan Christene moet deel hê. Ek wil sê dat dit ’n opdrag is, maar as jy werklik lief is vir die Here, sal jy dit wíl doen.

Bylaag A: Verse in die Bybel

Hier volg verse in die Bybel oor die doop met enkele kommentare.

Matteus 3:6

(6)Hulle het hulle sondes bely en hulle deur hom in die Jordaanrivier laat doop.

Dit dui op bekeringsdoop.

Matteus 3:11

(11)Ek doop julle wel met water omdat julle julle bekeer het, maar Hy wat ná my kom, is my meerdere, en ek is nie eers werd om sy skoene uit te trek nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop.

Matteus 3:16

(16)Jesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die water gekom. Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan, en Hy het die Gees van God soos ’n duif sien neerdaal en op Hom kom.

‘n Mens lei af dat Jesus onderdompel is toe Hy gedoop is. Let egter op dat die doop van Johannes ’n ander doop was as die doop in Jesus (kyk Handelinge 19:3-5).

Matteus 28:19

(19)Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en

Hieruit lei ’n mens af dat die doop ’n duidelike opdrag vir alle Christene is.

Markus 1:4

(4)Só het Johannes die Doper in die woestyn opgetree. Hy het verkondig: Bekeer julle en laat julle doop en God sal julle sondes vergewe.

Lukas 3:3

(3)Hy het deur die hele Jordaanstreek gegaan en verkondig: Bekeer julle en laat julle doop en God sal julle sondes vergewe.

Lukas 3:21

(21)Toe al die mense hulle laat doop het, is Jesus ook gedoop, en terwyl Hy staan en bid, het die hemel oopgegaan

Jesus is gedoop en daarom kan mens tot ’n mate redeneer dat ons ook gedoop moet word.

Lukas 7:29-30

(29)Al die mense, ook die tollenaars, het na hom geluister en was aan die wil van God gehoorsaam. Hulle het hulle met die doop van Johannes laat doop. (30)Net die Fariseërs en die wetgeleerdes het die bedoeling van God verwerp en hulle nie deur Johannes laat doop nie.

Gelowiges het hulle laat doop. Die Fariseërs het egter nie.

Johannes 3:23

(23)Johannes was ook besig om te doop, by Enon naby Salim, waar daar baie water was. Die mense het na hom toe gekom en is deur hom gedoop.

ʼn Mens lei af dat die mense onderdompel is.

Handelinge 2:38-39

(38)Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. (39)Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.”

Hierdie kan op twee maniere geïnterpreteer word:

  1. Bekeer julle en laat doop julle. Hierdie belofte is ook vir julle kinders. Maak hulle dus só groot dat hulle ook tot bekering kan kom en gedoop kan word.
  2. Bekeer julle en laat doop julle en doop ook julle kinders omdat hierdie belofte ook vir hulle is. Maak hulle só groot dat hulle aan hierdie belofte sal vashou.

Handelinge 8:12-13

(12)Maar toe Filippus die evangelie van die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus aan hulle verkondig het, het hulle gelowig geword, en mans sowel as vrouens is gedoop. (13)Selfs Simon het gelowig geword. Hy is gedoop en het Filippus oral vergesel.

Handelinge 8:15-17

(15)Dié het toe gegaan en vir die mense daar gebid dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, (16)want die Gees het nog nie op een van hulle gekom nie; hulle was net in die Naam van die Here Jesus gedoop. (17)Die apostels het hulle die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.

Hier is dit duidelik dat Christene nie die Heilige Gees deur die doop ontvang nie.

Handelinge 8:36

(36)Onderweg kom hulle toe by water aan, en die amptenaar sê: “Hier is water. Wat verhinder dat ek gedoop word?”

ʼn Mens lei af dat die Etiopiër onderdompel is, alhoewel ’n mens nie noodwendig weet hoe baie water daar was nie. ’n Mens kan redeneer dat indien die Etiopiër besprinkel was, kon hulle sommer water uit ’n waterbottel gebruik het.

Handelinge 13:24

(24)Voor Jesus se koms het Johannes die hele Israel opgeroep om hulle te bekeer en te laat doop.

Handelinge 16:15

(15)Sy [Lidia] en haar huisgesin is toe gedoop.

Handelinge 16:33

(33)Op daardie uur van die nag het hy [tronkbewaarder] vir Paulus en Silas geneem en hulle wonde gewas. Hy en al sy mense is daar en dan gedoop.

Kleindopers gebruik hierdie vers om te redeneer dat kinders ook gedoop is. ’n Mens weet egter nie hoe oud die mense was nie. Lukas kon hier geskryf het: “Al sy mense het tot bekering gekom en daarna is almal gedoop”. Soos dit egter hier gestel is, kry mens die idee dat die tronkbewaarder se gesin gedoop is en dat die beginsel van 1 Korintiers 7:14 geld – dat die gesin aanneemlik was deur die band van die gelowige hoof van die huishouding.

Handelinge 18:8

(8)Krispus, die hoof van die sinagoge, en sy hele huisgesin het tot geloof in die Here gekom. Ook baie ander mense in Korinte wat die boodskap gehoor het, het gelowig geword en is gedoop.

Anders as in Handelinge 16:33 word hier genoem dat Krispus se hele huisgesin tot bekering gekom het en toe gedoop is.

Handelinge 19:3-5

(3)“Watter soort doop het julle dan ontvang?” vra hy toe. “Die doop van Johannes,” antwoord hulle.
(5)Toe hulle dit hoor, het hulle hulle in die Naam van die Here Jesus laat doop.

‘n Mens lei af dat die doop wat Jesus ontvang het van Johannes, ’n ander doop was as wat die eerste Christene ontvang het.

Handelinge 22:16

(16)En nou, waarom nog wag? Kom, laat jou doop en jou sondes afwas nadat jy sy Naam aangeroep het.’

Die doop is ’n teken van die afwas van sonde (na aanleiding van Jesus se kruisdood).

Romeine 6:4

(4)Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ’n nuwe lewe kan lei.

Opdrag om gedoop te word.

1 Korintiërs 1:14-17

(14)Ek dank God dat ek niemand van julle gedoop het nie, behalwe Krispus en Gaius. (15)Niemand kan dus sê dat julle in my naam gedoop is nie. (16)Nee, ek het ook nog die huisgesin van Stefanas gedoop, maar verder weet ek nie of ek nog iemand gedoop het nie. (17)Christus het my immers nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, en dit nie met woorde van menslike wysheid nie, want dan sou die kruis van Christus sy krag verloor.

1 Korintiërs 15:29

(29)En nou, as die dooies glad nie opgewek word nie, wat wil die mense bereik wat hulle vir dooies laat doop? Waarom laat hulle hulle nog vir dooies doop?

As jy nie in Jesus se opstanding glo nie, dan maak dit nie sin om jouself te laat doop nie.

Galasiërs 3:27

(27)want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword.

Opdrag om gedoop te word.

Efesiërs 4:5

(5)Daar is net één Here, één geloof, één doop,

Kolossense 2:12

(11)Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook besny, nie met die besnydenis wat deur mense verrig word nie, maar met die besnydenis deur Christus, en dit bestaan in die wegneem van die sondige natuur van die mens. (12)Dit het by die doop gebeur deurdat julle toe saam met Hom begrawe is. Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook saam met Hom opgewek, omdat julle geglo het in die krag van God wat Hom uit die dood opgewek het.

Hierdie is moontlik ‘n aanduiding dat die doop die besnydenis vervang het.

Titus 3:5

(5)nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees

Sommige grootdopers gebruik die woord “bad” in hierdie vers om te dui op die onderdompeling. Dit is egter foutief. Die woord “bad”, moet verstaan word as “was”. Die KJV sê: “…by the washing of regeneration…

Hebreërs 6:1-2

(1)Laat ons nie stilstaan by die eerste dinge wat aangaande Christus verkondig word nie, maar verder gaan na die volle inhoud van die boodskap. Ons wil nie opnuut die fondament lê deur te praat oor die bekering uit ’n leefwyse wat tot die dood lei nie, of oor geloof in God (2)die leer van die doop en die handoplegging, die opstanding van die dooies en die ewige oordeel nie.

1 Petrus 3:21

(21)Dit dui op die doop, waardeur julle ook nou gered word. Die doop is nie ’n afwassing van die vuilheid van die liggaam nie, maar ’n bede tot God om ’n skoon gewete, en dit red julle op grond van die opstanding van Jesus Christus.

Die doop is ’n simboliese teken van die afwas van sonde.

1 Johannes 5:6

(6)Die Een wat deur die water van sy doop en die bloed van sy dood na ons toe gekom het, is Jesus Christus; nie net deur die water nie, maar deur die water én die bloed. Die Gees is die getuie daarvan, en die Gees is die waarheid.

Bylaag B: Nog bronne

10 thoughts on “Die Bybel oor die doop”

  1. In Joh 1:24 vra die Farisieërs vir Johannes hoekom doop hy as hy nie die Profeet (soos Moses) of Elia of die Christus is nie. Die drie persons moes dus “doop” in gemeen hê. In Joh 3:24-26 word gesê dat Jesus ook begin doop het terwyl Johannes nog gedoop het. Joh 4:1-2 sê egter dit was Jesus se dissipels en nie Jesus self wat gedoop het nie. In Joh 3:25 word die doop “dié reiniging” genoem. Dit is dus duidelik dat die doop ’n reinigingsseremonie is soos deur Moses voorgeskryf – dus met besprinkeling. As seun van ’n Leviet sou Johannes op geen ander manier “reinig” nie. Deur sy opvolger Elisa reinig Elia vir Naäman in die Jordaan (tabal wat as onderduik vertaal word dui eintlik op die hele besprinkelings ritueel soos deur Moses voorgeskry Lev 14:7) Jesaja 52:15 sê in die Hebreeus dat die Christus sal baie nasies besprinkel (nazah beteken sprinkle) en wat daarop volg maak dit duidelik dit is vir reiniging.
    Dus was die doop van Johannes en die van Jesus presies dieselfde en vir bykans drie jaar doop Jesus se dissipels in die naam van Jesus. Na sy opstanding beveel Jesus sy dissipels om voortaan in die naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees te doop maar dit neem ’n rukkie voor hulle besef die ou formulier is nie meer voldoende nie Hand 8:16. Paulus vra die gelowiges in Efese in die grieks “dissipelse naam is julle gedoop?” en hulle antwoord Johannes, hulle was dus nie deur Johannes gedoop nie maar waarskynlik van sy dissipels wat voor Jesus se optrede Johannes se boodskap versprei het. Hulle was dus glad nie gedoop nie en Paulus doop hulle in die naam van Jesus omdat hy nie by was toe Jesus die formulier verander het nie.
    Kyk bietjie hoe die verskeie besprinkelings sermonies die werkinge van die Heilige Gees aandui, verbal die reinigings water wat nie net ’n sondoffer was nie, maar ook om hulle feel van die volk (gemeente) en verbond (tabernakel) te hou. Besprinkelings was selfs ook vir wyding en salwing.

  2. Ek het die stuk op my selfoon getik en Google het dit in Engels probeer vertaal met onverstaanbare gevolge! Hier volg nou ’n geredugeerde weergawe met ’n meer uitgebreide studiestuk daarna.
    In Joh 1 :24 vra die Farisieërs vir Johannes hoekom doop hy as hy nie die Profeet (soos Moses) of Elia of die Christus is nie. Die drie persone moes dus “doop” in gemeen hê. In Joh 3: 24 – 26 word gesê dat Jesus ook begin doop het terwyl Johannes nog gedoop het. Joh 4 : 1+2 sê egter dit was Jesus se dissipels en nie Jesus self wat gedoop het nie. In Joh 3 : 25 word die doop “dié reiniging” genoem. Dit is dus duidelik dat die doop ’n reinigings seremonie is soos deur Moses voorgeskryf dus met besprinkeling. As seun van ’n Leviet sou Johannes op geen ander manier “reinig” nie. Deur sy opvolger Elisa reinig Elia vir Naäman in die Jordan (tabal wat as onderduik vertaal word dui eintlik op die hele besprinkelings ritueel soos deur Moses voorgeskryf Lev. 14 : 7) Jesaja 52 : 15 sê in die Hebreeus dat die Christus sal baie nasies besprinkel (nazah beteken sprinkel) en wat daarop volg maak dit duidelik dit is vir reiniging.
    Dus was die doop van Johannes en die van Jesus presies dieselfde en vir bykans drie jaar doop Jesus se dissipels in die naam van Jesus. Na sy opstanding beveel Jesus sy dissipels om voortaan in die naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees te doop maar dit neem ’n rukkie voor hulle besef die ou formulier is nie meet voldoende nie Hand 8 : 16. Paulus vra die gelowiges in Efese in die grieks “ in wat (wie se naam) is julle gedoop ?” en hulle antwoord “in die (naam) van Johannes”, hulle was dus nie deur Johannes gedoop nie maar waarskeinlik van sy dissipels wat voor Jesus se optrede Johannes se boodskap versprei het. Hulle was dus glad nie gedoop nie en Paulus doop hulle in die naam van Jesus omdat hy nie by was toe Jesus die formulier verander het nie.
    Kyk bietjie hoe die verskeie besprinkelings sermonies die werkinge van die Heilige Gees aandui, veral die reinigings water wat nie net ’n sondoffer was nie, maar ook om hulle deel van die volk Israel (gemeente) en verbond (tabernakel) te hou. Besprinkelings was selfs ook vir wyding en salwing.
    _______________________________________________
    Die Skrif is eintlik baie duidelik oor presies hoe Johannes en Jesus se dissipels gedoop het. In Johannes 1:24 vra die Fariseërs vir Johannes “Nou waaroor DOOP jy dan as jy nie die Christus is nie en ook nie Elia nie en ook nie die Profeet nie?” Die DOOP is dus iets waaraan hierdie persone herken sou word. Verder in Johannes, in Joh. 3: 25 word die doop “die’ reiniging” genoem, dus moet die drie persone reiniging seremonies in gemeen hê. Johannes 3: 22 – 26 sê dat Jesus begin doop het terwyl Johannes nog gedoop het, Joh. 4: 1+2 verduidelik dat dit nie Jesus self nie maar sy dissipels is wat gedoop het. Gedurende Jesus se bediening het sy dissipels dus die bekeerlinge en moontlik ook hulle kinders gedoop en hulle waarskeinlik gedoop in die naam van Jesus.
    Die Profeet is natuurlik die een soos Moses (Deut. 18: 15) en Moses het die reiniging seremonies vir die Israeliete gegee wat volgens Hebr. 9: 9 tot 14 dui op Christus se volkome offer vir ’n ewige verlossing.
    Deur sy opvolger Elisa is dit eintlik wel Elia wat Naäman stuur om hom sewe maal in die Jordaan te gaan was (reinig), (2 Kon. 5:10). In 2Kon. 5: 14 word die hebreeuse woord “tabal” vertaal as onderduik / gebad/ Engels ;- dipped, maar tabal beskryf hier eintlik die besprinkelings deel van die seremonie soos deur Moses voorgeskryf (Deut. 18:15) net soos “tabulim” die Joodse proseliete se besprinkelings reiniging beskryf. So Elia het wel iemand in die Jordaan gedoop/gereinig en net soos Moses met besprinkeling.
    In Handelinge 8 vanaf vers 26 lees ons van Filippus en die Etiopiër. Dit is duidelik dat die Etiopiër uit Jesaja 53 lees en Filippus vertel hom dat dit die Christus is waarvan Jesaja praat. Jesaja praat egter al reeds in hoofstuk 52 van die “dienaar”, in engelse vertalings lees Jesaja 52:15 “He will SPRINKLE many nations”. Jesaja 52:15 het “nazah”, vertaal as “opspring van verbasing” in al die huidige Afrikaanse vertalings sowel as ’n paar Engelse en ander vertalings. Hierdie afleiding kom uit die Septuagint wat “taumasontai” (verwonderd, bewonder of skrikmaak) hier het. Maar “nazah” beteken sprinkel of spat, die korekte vertaling sou dus wees “Hy sal baie nasies laat besprinkel”, en die Etiopiër sou dit ook so gelees het. Toe sien hy op die woestynpad (tussen Jerusalem en Gasa is woestyn) ’n rare gesig, water, en as fontein of syferwater dus lewende water, idiaal vir reiniging. Natuurlik vra hy om gedoop/gereinig te word, en word dus met besprinkeling gereinig, want (1) Jesaja sê besprinkel, (2) daar was nog nooit in die gebied enige natuurlike water bronne diep genoeg vir onderdompel nie, en (3) selfs al was daar sou niemand in so ’n water skaars gebied ooit ’n waterbron so gebruik nie, (4) albei gaan saam af na die water en kom saam op van die water af soos wat nodig is met die paar natuurlikke bronne wat wel in die gebied voorkom omdat dit onder in slote of skeure voorkom. (5) Johannes en Jesus se dissipels sou op geen ander manier as wat deur Moses en die profete geleer is, reinig/doop nie, want dit is juis besprinkeling wat wys dat dit die VOLKSREINIGING is waarvan die profete praat wat saam met die terugkeer van die volk, die koms van die Mesias, die uitstort van die Heilige Gees en die nuwe Verbond sou val.
    Die Christen doop word dan ook deur ’n hele paar profete as ’n volks REINIGING voorspel, Jeremia en Esegiël noem die terugkeer, die nuwe verbond en die volksreiniging (Jer. 32: 36 – 41; 33: 7 + 8, Eseg. 37: 21 – 28). Esegiël en Joël praat albei van ’n volksreiniging voor die uitstorting van die Heilige Gees (Eseg. 36: 24 – 28, Joël 2: 16 + 28). Jesaja praat van die oorblyfsel in Sion wat gereinig sal word en noem die Heilige Gees en Sagaria praat van ’n fontein wat reinig met die koms van die Mesias (Sag.13: 1, Jesaja 4: 3 + 4). Kyk bietjie wat sê Joël 2: 16, wie moet almal gereinig word, selfs klein babatjies wat nog drink!
    Numeri 19: 13 + 20 gebruik “zaraq” in assosiasie met “reiniging” om aanvaarbaar vir God te wees en deel van die gemeente/volk van God te bly. In Esegiël 36:25 kry ons ook “zaraq” vertaal in Afrikaans as “uitgooi”, maar reinigings water word gesprinkel.
    1 Johannes 5: 6 tot 13 sê dat God drie – enig se getuienis: dat die wat glo in die Seun van God die ewige lewe het, lê in die water van die doop en die bloed van Jesus se dood. Dan word dit beklemtoon ; nie net deur die water nie, maar die water en die bloed. Hebr. 9 verduidelik hoekom, met die instel van die Sinai verbond het Moses die bloed in water gesit en toe die volk besprinkel, die nuwe verbond vervang hierdie verbond en deur die doop water te sprinkel word dit die besprinkelingsbloed van die nuwe verbond (Hebr. 12: 24).
    Hebreërs 10: 22 – “Laat ons tot God nader met ’n opregte hart en met volle geloofsekerheid, ons harte is immers deur BESPRENGKELING GEREINIG (rherantismenoi – permanent besprinkel;- met die bloed van Christus – 1 Petrus 1:2 … het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om …. besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus.) van ’n skuldige gewete en ons liggame is gewas (lelousmenio – permanent gewas dus GEREINIG) met REIN (katharō – reinigende) water.” Saam met Heb.9: 13 “die as van ’n vers” en Hebreërs 13:11+ 12 “Die bloed van die offerdiere word deur die hoëpriester in die heiligdom ingebring vir die sonde, maar hulle liggame word buitekant die laer verbrand. (12) Daarom het Jesus ook buitekant die stadspoort gely om die volk deur sy eie bloed van hulle sonde te REINIG.”, wys duidelik dat die reinigings water van Num. 19 in die besprinkelings doop voortbestaan.
    Toe Moses die opdrag van God gekry het om die verbondstent en alles wat daarmee saamgaan op te rig sê God vir hom om alles presies soos hy gesien het te doen omdat dit ’n afbeelding van die hemelse heiligdom is (Heb. 8: 5). Heb. 9: 9 tot 22 sê dat die reinigings gebruike deur Moses ingestel vooruit wys na die nuwe verbond. Die een ding wat al hierdie seremonies in gemeen gehad het was besprinkeling, maar besprinkeling was nie net vir reiniging nie maar ook vir wyding en salwing: Eksodus 29: 21 Vat van die bloed op die altaar en van die salfolie en sprinkel dit op die Aäron en sy klere en op sy seuns en hulle klere. Dan sal hy en sy klere en sy seuns en hulle klere gewy wees.
    In Heb. 6: 2 word die leer van die doop (baptismōs – dope/wassings/reinigings – meervoud) as een van die fondamente van die verkondiging van Jesus Christus, oftewel die Nuwe Verbond, genoem. Beide dope word dus bedoel, die doop/reiniging MET water en die doop/reiniging MET die Heilige Gees. En ’n meer perfekte EENMALIGE, SIGBARE teken vir die verbond in Christus as besprinkeling met vars water sal jy nie kry nie. (Heb. 9:18 – 20, 12: 24)
    Baptismōs word ook in Heb 9: 9 gebruik vir die Mosaietiese reinigings gebruike en ook vir die Christen doop in Kol 2:12;
    Kolossense 2: 11 – 13 (11)Deur julle VERBONDENHEID met Hom is julle ook besny, nie met die besnydenis wat deur mense verrig word nie, maar met die besnydenis deur Christus, en dit bestaan in die wegneem van die sondige natuur van die mens. (12)DIT HET BY DIE DOOP (baptismō – dope/reinigings) gebeur deurdat julle toe SAAM MET HOM BEGRAWE is. Deur julle VERBONDENHEID met Hom is julle ook saam met Hom opgewek, omdat julle geglo het in die krag van God wat Hom uit die dood opgewek het. (13)Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy al ons sondes vergewe het. (14) Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem.
    Kyk ons na Heb. 10: 22 se “harte besprinkel (met die bloed van Christus) en ligame met REIN water” kan ons sien hoe Paulus aan die Kolossense verduidelik hoe hulle veel beter daaraan toe is as die wat nog op die besnydenis aandring.
    Volgens Numeri 19 moes die wat in aanraking kom met die dood oor en oor met reinigings water besprinkel word om verbind te bly aan die volk van God en die verbond (tabernakel) en van hulle sondes gereinig te word. Met hulle eenmalige besprinkeling met rein water en deur die werking van die Heilige Gees is alle Christen gelowiges permanent aan Christus verbind, nie meer in aanraking met die dood deur ’n sondige leefwyse nie maar lewend gemaak deurdat al hulle sondes vergewe is.
    Paulus sê dus uitdruklik dat die sigbare besnydenis vervang is met die sigbare water doop/reiniging sowel as die ware besnydenis in die doop/reiniging/heiliging met die Heilige Gees as sigbare teken van ons onsigbare verbondenheid met Christus en die nuwe Israel; en alhowel hulle kinders se sondes nie vergewe word voor hulle tot geloof kom nie, is hulle as verbondskinders erfgename van God se beloftes aan Abraham dat hy die sondes vergewe van die wat glo soos wat Abraham geglo het.
    Filip. 3: 3 Ons het die ware besnydenis, ons wat God deur sy Gees dien, ons wat ons op Christus Jesus beroem en nie op uiterlike dinge vertrou nie.
    Rom 2: 28 + 29 Nie hy is ’n Jood wat dit uiterlik is nie, en nie dit is besnedenheid wat uiterlik aan die liggaam gedoen is nie. (29)Nee hy is ’n Jood wat dit innerlik is, en dit is BESNEDENHEID WAT IN DIE HART GEDOEN IS DEUR DIE GEES, nie volgens die wetsvoorskrifte nie. So iemand ontvang lof, nie van mense nie maar van God.
    Die gebruik van die woord “begrawe” hier (Kol 2: 12) en in Rom 6: 4 dui beslis nie op ’n begrafnis nie, grieks vir begrafnis is “entafiasmo” soos in Joh. 12: 7 en 19: 40, of “thapsai” Mat 8: 21 + 22, Luk 9: 59 + 60, begrawe alleen is “etafē” Luk 16: 22, Hand 2: 29, 5: 6, 9 + 10.
    Rom. 6: 4 gebruik sunetafēmen en Kolosense 2: 12 suntafentes en beide beteken “saam begrawe”, daaroor sê Rom 6 Deur die dood is ons immers SAAM MET HOM in sy dood BEGRAWE … en Aangesien ons MET HOM EEN GEWORD HET in sy dood… en Kol 2 sê VERBONDENHEID met Hom en SAAM MET HOM BEGRAWE. “Saam begrawe” dui dus op eenwording met die liggaam van Christus, die Nuwe Israel ~ heilige tempel vir die Here. (Efe 2: 11 – 22)
    In die lig van Hebreërs en ook Esegiël 36: 24 – 28, Johannes 3: 25 + 26 en 1 Johannes 5: 6 is dit duidelik dat die reinigings water van Num. 19 voortbestaan in die Christendoop/reiniging indien dit met besprinkeling gedoen word. Bevestiging daarvan kry ons in een van die vroegste buitebybelse christen geskrifte wat behoue gebly het, in die brief van Barnabas (100AD) word dopelinge as volg aangespreek; “Van wie dink julle is die rooi koei ’n tipe? ……… die (Ou Testament bedienaars) sprinkel oor en oor…… die (Nuwe Testament bedienaars) wat sprinkel, is die wat die ‘Goeie Nuus’ bring ……. Ons gaan af na die water vol sonde en onreinheid en kom weg, met harte wat vrug dra.
    Verder is besprinkeling die enigste godgegewe simboliek wat so te sê al die onsigbare werke van die Heilige Gees (die doop met die Heilige Gees) uitbeeld; Reiniging van sondes met die bloed van Jesus Christus (Titus 2: 13+14, 3: 5-7, 1 Petrus 1: 2, Hebreërs 9: 11-13, 13: 11+12) ; Een maak met die liggaam van Christus, die volk van God/ verbondsvolk (Efe. 1: 13+14, 2: 18, Numeri 19: 13 +20); Salf en wy as priesters wat werke wat aanneemlik is vir God kan doen (1 Johannes 2: 20 + 27, 1Petrus 1:2 + 2: 5 + 9, Efesiërs 5: 25 – 27, Eksodus 29: 21, Numeri 8: 5 – 7)
    Reg deur die Skrif word besprinkeling as ’n teken en seël van God gebruik ook in die Nuwe Testament (1 Petrus 1:2, Hebreërs 12: 24) die besprinkelings doop dui dus ook simbolies op die beseëling van gelowiges as die eiendom van God (2 Korintiërs 1: 21, Efesiërs 1: 13+14; 4: 30 ), en God se seël kom op die voorhoof (Esegiël 9: 4, Openbaringe 7: 3; 14: 1)
    Besprinkeling is ook ’n teken by die instel van God se verbonde en spesifiek die Nuwe Verbond (Heb. 9:18 – 20, 12: 24)
    Die Evangelie van Jesus Christus is die Nuwe verbond, en die sigbare teken wat God ons gee by die aankondiging van die Nuwe Verbond oftewel die begin van die Evangelie van Jesus Christus, is die doop/reiniging met water;
    Markus 1: 1 – 4 Die EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS, die seun van God BEGIN so’: In die boek van die profeet Jesaja staan daar geskrywe: “Kyk ,Ek stuur my boodskapper voor jou uit. Hy sal die pad vir jou regmaak. Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit. So het Johannes die doper in die woestyn opgetree. Hy het verkondig dat die mense hulle moet bekeer sodat God hulle SONDES KAN VERGEWE, en dat hulle hulle moet laat DOOP.
    Handelinge 10: 36 + 37 Julle weet dat God aan Israel sy woord gestuur het, naamlik die EVANGELIE VAN vrede wat JESUS CHRISTUS gebring het. Hierdie Jesus is Here van almal. Julle weet ook van die gebeurtenisse dwarsdeur die hele Joodse land. Dit het in Galilea BEGIN na die DOOP wat Johannes verkondig het.
    God gee deur Moses BESPRINKELING met bloed in WATER as teken van die verbond wat deur die Nuwe verbond vervang word, (Hebreërs 9: 7 – 26) en die brief aan die Hebreërs bevestig ook dat dit die NUWE VERBOND IS wat DEUR JEREMIA (Heb.8: 7+8) en ESGIËL VOORSPEL is, en noem Jesus se bloed die BESPRINKELINGS BLOED VAN DIE NUWE VERBOND, (Hebreërs 12: 24) verder beklemtoon 1 Johannes 5: 6 – 13 dat God se GETUIENIS is in die water van sy doop ÉN die bloed van Sy dood en NIE net die water nie. Slegs as die doop water GESPRINKEL word is dit die BESPRINKELINGS BLOED van die Nuwe verbond EN God se GETUIENIS. Dit is hoe God deur Moses voorgeskryf het dat bloed in water seremonieël gebruik moet word om God se sigbare getuienis te wees.
    DOOP/REINIGING WAT NIE DEUR BESPRINKELING GEDOEN WORD NIE HET GEEN BYBESE SIMBOLIEK NIE EN KAN NIE GOD SE GETUIENIS WEES NIE.
    By volwassenes vereis God geloof voordat sy teken bedien kan word maar Hy werk anders met kinders, vir Abraham gee Hy die opdrag om alle seuntjies vanaf agt dae oud te besny en vir die Israeliete dat hulle ’n lam, of twee duiwe moes offer vir alle pas geborenes (Lev 12:6 + 8) as reinigings seremonie, wat soos die Nederlandse Geloofs Beleidenis dit stel ’n sakramentele heenwysing was na Jesus se lyding en sterwe, wat ons permanente reiniging van sondes bewerkstellig het (Heb 9:12). Jesus se ouers het aan beide vereistes voldoen:
    Lukas 2:21 Ag dae later, toe dit tyd was om die kindjie te besny, het Hy die naam Jesus gekry, die naam wat deur die engel genoem is, nog voordat Hy in die moederskoot ontvang is.
    Lukas 2:24 Hulle het ook die REINIGINGSOFFER gebring volgens die voorskrif in die wet van die Here, naamlik “`n paar tortelduiwe of twee jong duiwe.”
    Die kinders ontvang dus die teken op grond van die ouers se geloof, daarom verseker die Skrif ons dat al is net een ouer gelowig is die kinders “NIE HEIDENE NIE” (1Kor 7:14). As die kinders NIE HEIDENE IS NIE, BEHOORT HULLE AAN GOD, hulle is dus DEEL van GOD SE VOLK, en as deel van God se volk word hulle net soos die Israeliete (Jode) by God se verbond ingesluit en kry hulle DEEL AAN DIE BELOFTES, hulle is dus ook ERFGENAME EN KINDERS VAN ABRAHAM.
    Die Skrif sê uitdruklik dat die kinders van gelowiges behoort aan God (1 Kor. 7: 14), maar dit sê NIE hulle is gered nie. Wie ookal aan God behoort is deel van die verbondsvolk, hulle is dus verbonds kinders en kan daarom saam met die psalm digter sê;
    Ps 71: 5 want U, Here, U is my hoop, op U, Here, het ek van jongs af vertrou. (6) U IS MY HULP VAN GEBOORTE AF, REEDS VOOR EK IN DIE WÊRELD GEKOM HET, HET U MY BESKERM. U loof ek gedurig deur.
    Slegs omdat die psalm digter se ouers gelowiges was, en deel van die volk van God, kan hy sê: “U is my hulp van geboorte af, reeds voor ek in die wêreld gekom het, het u my beskerm.”

    Daar is groot voordeel daaraan om gebore te word as deel van God se volk, maar net soos die Jode wat as babatjies besny is hang hulle verlossing egter ook af van hulle geloof as volwassenes;
    Romeine 4: 9 – 12 …… “Omdat Abraham geglo het , het God hom vrygespreek. (10)Wanneer het dit gebeur? Toe hy reeds besny was of toe hy nog onbesnede was? Dit was nie toe hy besnede was nie, maar toe hy nog onbesnede was. (11)Hy het die besnydenis as ’n teken ontvang. Dit is ’n seël wat bewys dat God hom vrygespreek het omdat hy geglo het toe hy nog onbesnede was. Die doel daarmee was dat hy die vader sou wees van almal wat glo al is hulle nie besny nie. Hulle word dus ook DEUR GOD VRYGESPREEK OMDAT HULLE GLO. (12)Ons voorvader Abraham sou ook die voorvader wees van die BESNEDENES WAT NIE NET BESNY IS NIE MAAR OOK GLO soos hy geglo het toe hy nog onbesnede was.

  3. Baie dankie vir ’n leersame, aanvaarbare, artikel oor die doop. Mens kan nie anders as om volmondig saam te stem nie. Nou kry mens egter die situasie, waarin ek self is, dat ons as christene net nie ‘by ’n antwoord kan uitkom nie’. My uitkyk is dan om op ’n manier ’n ‘kompromie’ te beding waar niemand kan eis dat hy/sy reg of verkeerd is nie. Sodanige kompromie moet, na my mening, ‘noodwendig’, tot verdere ‘sinvolle’ kommunikasie lei. Al moet mens dan ’n tweede en/of derde broeder (suster) ‘as ‘raadgewers / getuies, se deelname inroep. Uiteraard, verkieslik, kundige christen mense op die spesifieke terrein. Ek sou neig na die volgende vlak bo gewone mens, en eerstens my na die plaaslike leraars/pastore, wend. Dan met die ‘leer’ op tot by die ‘sinode(s). Maar tot ’n vergelyk kom, voel ek is uiters noodsaaklik. Alle christene ‘moet’ (alias Paulus) tot eensgesindheid, (nie eendersheid) kom. Daar is ontelbare faktore wat ek nogal graag sou wou bybring, maar plek ontbreek. Ek kan maar net ’n noodroep uitskree!!!!! ‘Here, help asb’
    Groete en vrede vir u, en andermaal dankie vir die artikel.

    1. Alles wat jy doen, doen dit tot eer van die Here……..
      Ek het nou ook antwoorde gesoek.
      Dit bly egter n persoonlike saak.

  4. Ons lees in Efêsiérs4,4-5; Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping. Een Here, een geloof, een doop.
    Ek wil graag stilstaan by die doop. Die doop is ń groot knelpunt onder gelowiges vandag, (klein doop of groot doop of glad nie doop, en in wie se Naam?) baie gelowiges verkeer verkeerdelik onder die indruk die klein of groot doop baan die weg na die ewige lewe, maar is dit regtig so moeilik?
    Ons lees op twee plekke in die Bybel van Jesus se groot opdrag aan sy dissipels met betrekking tot die doop. Matthèüs28,19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader, en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
    En in Markus16,15&16 En Hy het vir hulle (dissipels) gesê. Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word, maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
    In altwee die tekste is die vertrekpunt “gaan en verkondig” en doop Nou is die vraag; Waarom moet ons gered word? En is die doop deel van die mens se redding? Kom ons ondersoek die Skrif; Ons is almal kinders van God deur Adam en Eva as ons voorgeslagte, maar deur die val van Adam en Eva in die tuin van Eden kom daar skeiding tussen God en die mens, en het ons almal verlore kinders van God geword en moet ons gered word.
    God voorsien ń reddingsboei vir die verlore mensdom in die vorm van sy eniggebore Seun Jesus Christus. John3,16 so sal Christus ook, nadat hy eenmaal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid. Hebreèrs9,28
    Galásiérs3,26-29 Ons kan weer erfgenaam kinders van God word deur ons geloof en kennis in Jesus Christus met alles wat daarmee gepaard gaan. Bekering, aanneming en doop in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van ons sonde, wat wedergeboorte tot gevolg het.
    Die resultaat van enige opdrag hang af van twee belangrike moet komponente.
    Die een is kennis, en die andereen is gehoorsaamheid.
    Indien een van die twee ontbreek of gebrekkig is, het ons ń resep vir mislukking.
    Kom ons begin by die eerste gedeelte van Jesus se opdrag; Die evangelie (Blye boodskap) wat verkondig moet word en die belofte van God aan die mense is saamgevat in Johannes 3,16; Want so lief het God die wêreld (mense) gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom (Jesus) glo (hier volg die belofte) nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
    Die opdrag van Jesus aan sy volgelinge is twee-ledig.
    Die een deel van die opdrag is om die blye boodskap van verlossing en redding wat alleen in Jesus Christus is, aan alle mense te verkondig.
    Die ander deel van die opdrag wat nie die nodige aandag kry wat dit verdien nie, is om vir die mense wat die boodskap glo en aanneem te kan sê wat hulle nou te doen staan.
    Nou moet ons egter op ń baie belangrike aspek van Jesus se opdrag let nl, Jesus sê, gaan en verkondig- vertel vir almal die goeie tyding dat hulle gered kan word. Hy sê nie gaan vra eers die wetenskaplikes-die wyses- die ongelowiges-die redetwisters van ons tyd, wat hulle dink en hoe hulle oor hierdie aangeleentheid voel nie.”Nee!”, Hy sê, vertel hulle net en maak seker hulle hoor en verstaan die boodskap, en beklemtoon die alternatief vir die wat nie wil glo nie, hulle sal veroordeel word.
    Veroordeel kan beste verstaan word deur, (Vertoon sy of haar lewe, gedagtes, woorde, en dade.) (stal dit uit op die groot skerm)
    Maar baie belangrik nie uit hulle eie krag en verstand nie.
    Ons lees in Lukas24,45-49 Toe open Hy (Jesus) hulle verstand om die skrifte te verstaan. En Hy sê vir hulle. So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder. En julle is getuies van hierdie dinge. En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.
    1Johannes5,20-21 En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken, en ons is in die ware God, in sy Seun Jesus Christus, Hy (Jesus) is die ware God en die ewige lewe. My kinders bewaar julleself van die afgode.

    Matthéüs13,11 Toe antwoord Hy (Jesus) en sê vir hulle; Omdat dit aan julle (dissipels) gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle (die ongehoorsames) is dit nie gegee nie.
    Matthéüs16,18En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
    Handelinge2,1-4 En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle (dissipels) almal eendragtig bymekaar. En daar kom skierlik uit die hemel ʼn geluid soos van ʼn geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
    Kennis
    Nou kan ons met die waarheid van die Skrif sê,
    Indien daar ooit iemand was wat volkome toegerus was om die evangelie van God te verkondig, dan was dit verseker Jesus se dissipels. Ons het gelees, Hy het hulle verstand gegee om die ware God te ken. Hy het hulle verstand geopen om die skrifte te verstaan. En dit is aan hulle, die dissipels gegee om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, en hulle was met die Heilige Gees gedoop wat die Gees van die waarheid is, en nie kan lieg nie.
    Is hulle gehoorsaam?
    Ons lees in Handelinge2 hoe hulle die evangelie begin verkondig, en in vers37 van die eerste bekeerdes. Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê. Wat moet ons doen broeders? (hulle glo en verstaan die boodskap maar besef daar is iets wat hulle moet doen, maar weet nie reg wat nie.
    Handelinge2,38 En Petrus, (van wie Jesus sê; jy is Petrus en op hierdie rots sal Ek my gemeente ( die liggaam, van Christus) bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie, Matthéüs16,18. gevul met die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag en die moed van sy oortuiging, geloof en kennis sê vir hulle, en vir ons vandag nog 2000 jaar later, Bekeer julle;(kom tot geloof en kennis in Christus wat die Weg en die waarheid en die lewe is Johannes14,6 en die ware God is 1John5,20 draai weg van sonde wat die dood tot gevolg het Romeine 6,23) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
    Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop, en daar is op die dag omtrent drieduisend siele toegebring.
    Handelinge10,43 Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom (Jesus) glo, vergifnis van sonde deur sy Naam (Jesus) ontvang.
    Handelinge 4,12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam (Jesus) onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
    Hier maak die Skrif dit duidelik die Naam van Jesus Christus verteenwoordig (let wel, nie vervang nie) sy bloed gestort en sterwe aan die kruis vir jou en my sonde, Verder lees ons in Handelinge8,12,16 ( waar Filippus die evangelie in Samaria verkondig) Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop manne sowel as vroue.(16) want Hy(die Heilige Gees) het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.

    En nou kom die Apostel Paulus wat op pad na Damaskus tot bekering (Hand9,5) gekom het en gedoop is.
    Handelinge 22,16 En nou waarom versuim jy? staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep. En getuig in Galásiérs1,11,12 Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie. Want ek het dit ook nie van ʼn mens ontvang of geleer nie, maar deur ʼn openbaring van Jesus Christus.
    Ons lees in Hand19 (Paulus) het in Efêse gekom en daar gelowiges gevind en hulle onderandere gevra. Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ń Heilige Gees is nie. En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord. Met die (water) doop van Johannes. Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat na hom kom, dit is in Christus Jesus. En toe hulle dit hoor, is hulle (water) gedoop in die Naam van die Here Jesus.
    En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.
    Uit bogenoemde Skrifgedeelte maak die apostel Paulus dit baie duidelik dat die (water) doop (in die Naam van Jesus) en die ontvang van die Heilige Gees hand aan hand loop.
    Johan3,5 Jesus antwoord; Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water (doop) en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
    Opdrag suksesvol uitgevoer.
    Die Apostel Paulus gaan selfs verder en sê vir ons in Kolossense3,17 En wat julle ookal doen (en dan verduidelik hy mooi duidelik wat hy bedoel sodat almal dit kan verstaan en daar geen misverstand kan wees nie) in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
    1Korinthiérs6,11 En dit was sommige van julle, maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.
    1Petrus3,21 waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ǹ aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ǹ bede tot God om ǹ goeie gewete- deur die opstanding van Jesus Christus.
    Titus3,5- nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad (doop) van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees.
    In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vas staan. (Petrus-Filippus-Paulus)
    1Timotheús2,4-5 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid (Jesus) kom. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus.

    Nou ontstaan daar ń vraag; Het die doop; die besnydenis as teken van die verbond van God met Abraham vervang?

    Antwoord; Die besnydenis as uiterlike teken (van God se verbond met Abraham en sy nageslag as erfgename) word vervang en vervolmaak deur die geloof in Christus Jesus.
    Ons word nie kinders van God deur ons net te laat doop nie.
    Simon die towenaar is die bewys hiervan. (Handeling8,9-
    Die doop in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sonde, Hand2,38 red elke persoon wat na sy of haar bekering Jesus Christus as sy of haar verlosser en saligmaker deur geloof aangeneem het. Gal3,26-27
    Wat beteken die doop in die Naam van Jesus Christus vir my as sondaar mens?
    1)In die eerste plek openbaar die Apostels (aan wie dit gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van de hemele te ken Matthèüs13,11 met hul handelinge in Hand2,38) die Naam van die Vader, Seun, en Heilige Gees is “Jesus.”
    En God bevestig dit uit die hemel wanneer Hy op die pad na Damaskus vir Paulus toe nog Saul antwoord “Ek is Jesus” Hand9,5

    (2) Ten tweede is die doop in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, Hand2,38 Hand10,43, en deel van my daad van gehoorsaamheid aan die opdrag van Jesus in Markus 16,15-16, (na my bekering en kennis tot geloof in Christus,) om aan Christus te behoort.
    1Korinthiérs6,11 En dit was sommige van julle, maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.
    Handelinge 22,16 En nou waarom versuim jy? staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.
    (3) Verder is die doop in die Naam van Jesus ʼn begrafnis en redding.
    Romeine 6,3&4 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie. Ons is dus saam met Hom (Jesus) begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so n nuwe lewe kan wandel.
    Kolossense2,11-12Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook besny, nie met die besnydenis wat deur mense verrig word nie, maar met die besnydenis deur Christus, en dit bestaan in die wegneem van die sondige natuur van die mens.
    Dit het by die doop gebeur deurdat julle toe saam met Hom begrawe is. Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook saam met Hom opgewek, omdat julle geglo het in die krag van God wat Hom uit die dood opgewek het.
    1Petrus3,21 waarvan die teëbeeld die (water) doop, ons nou ook red, nie as n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ʼn bede tot God om ʼn goeie gewete deur die opstanding van Jesus Christus.
    (4) Beklee; want julle almal wat in Christus gedoop is het julle met Christus beklee.
    Kom ons kyk wat is die nut daarvan om met Christus beklee te wees.
    Openbaring19,9 Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God.
    Wie is die Lam?
    John1,29 Die volgende dag sien Johannes (die doper) Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!
    Mattheüs22,11&12 En Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê: Die koningkryk van die hemele is soos ń koning wat ń bruilofsmaal vir sy seun berei het en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie.
    Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie. Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof. En die bruilofsaal het vol gaste geword. (Maar daar is ń voorwaarde.) En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ń bruilofskleed aan het nie. (Die voorwaarde Galasiërs 3,27 Want julle almal wat in Christus gedoop is het julle met Christus beklee.) En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ń bruilofskleed aan? en hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars bind sy hande en voete en werp hom uit in die buitenste duisternis, daar sal geween en gekners van tande wees want baie is geroep maar min uitverkies.

    (5)Belofte om die gawe van die Heilige Gees te ontvang
    1Korinthiërs12 Hele hoofstuk.

    (6)Wedergeboorte;
    Wedergeboorte vind plaas wanneer ʼn persoon deur God se genade (Efésiérs2,8-9) hom bekeer, (weg draai van sonde wat die dood tot gevolg het Romeine 6,23, en kom tot geloof en kennis in Christus wat die Weg en die waarheid en die lewe is Johannes14,6)) laat doop in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sonde,(Hand2,38 -Hand10,43) en die Heilige Gees sy of haar denke en lewe vernuwe.

    Ons vind ʼn pragtige bybelse voorbeeld van iemand wat weergebore is in die verhaal van Paulus.
    Die apostel Johannes het vir ons ń waarskuwing.
    1Johan4,1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.
    1John4,6 Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.

    11Korinthiérs2,14 Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei. Amen. Rom16,16 biggs.ben7@gmail.com

  5. Nou wie kan nou nie vir Ben Biggs glo nie…….Dit is tog baie duidelik……Grootdoop is die regte een…..Kan dit wees oor die skille wat nog moet afval ….of is dit n geval van my Oupa en Ouma het so gemaak….Toe ek kind was het ons gestry oor die beste kar – Ford of Chev…ek dink dit is amper so iets…dankie tog iemand het my vertel waar in die Bybel moet ek lees…..As jy nie verkondig wat die woord se nie dan is jy n valse Leraar.

  6. Dit gaan nie oor of groot doop reg of verkeerd is nie, alle Christen denominasies doop groot.
    Dit gaan oor onderdompel of besprinkel.
    Besprinkel is God se getuienis van ons verlossing.
    Onderdompel is God se oordeel.
    Die christen doop is ‘n Mosaietiese reinigings seremonie en nie ‘n westerse begrafnis seremonie nie.
    In die 2000 jaar oue griekse weergawe van die nuwe testament beteken die woord “baptizo” reiniging of beproewing en nie onderdompel nie.

  7. Jesus se dissipels doop/reinig al vandat Jesus met sy bediening begin het, (Joh. 3: 24+25, en 4:1+2) en wel in die naam van Jesus, daaroor doop/reinig hulle steeds so kort na Jesus se opvaarding al het Jesus die doop formulier vir alle volke verander na in die naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Paulus doop ook in die naam van Jesus omdat die gelowiges in Efese in die naam van Johannes gedoop was deur van Johannes se dissipels en nie deur Johannes self nie, daaroor was hulle nie bekend met Johannes se boodskap nie. Paulus moes hulle ook die hande oplê voor hulle die Heiligge Gees ontvang het soos wat die Appostels in die begin gedoen het met die wat net in die naam van Jesus gedoop is.

  8. Christi Pienaar, dit wat jy hier sê,

    ●Besprinkel is God se getuienis van ons verlossing. Onderdompel is God se oordeel.●

    Is GLAD nie in my Redder se woord nie, deur Jesus se oë is dit VALS. Gaan maak ń studie van die woord vals in Jesus se Woord.
    (2 Tim2:15-16; 1 Joh4:1)
    God se verlossing is Sy Seun Jesus se bloed wat Hy vir almal op die kruis gestort het. En, Waar kry jy dat onderdompel God se oordeel is….. Wat jy sê, Jesus is ń sondaar en is geoordeel,(Markus 1:9-11)want Hy is deur Johannes gedoop(onderdompel). Tog sê God, dis Sy geliefde Seun.

    En nee, die christen doop is nie ‘n Mosaietiese reinigings seremonie nie, Dit is, wag, laat Jesus vir ons sê wat is die doop??

    “Of weet julle nie dat ons ALMAL wat in Christus Jesus gedoop is, in Sy DOOD gedoop is nie?Ons is dus saam met Hom begrawe deur die DOOP, in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ń nuwe lewe kan wandel.” Rom6:3-4.
    “Omdat julle saam met Hom begrawe is in die DOOP, waarin julle ook saam opgewek is deur die GELOOF in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.” Kol2:12.
    Lees ook 1Pet3:20-21.
    Nou weet ons die doop(onderdompel) is nie God se oordeel of ń Mosaietiese reinigings seremonie nie, maar dit is om Jesus se dood en opstanding te herdenk deur die doop en ons Geloof in Hom.

    Jesus het alle rituele en seremonies op die kruis weg gevat(Kol2:14). Jesus was gedoop en het waarlik nie nodig gehad om gereinig te word nie, Hy is God, Hy is rein. Hy was nie ń christen nie en is gedoop. Woord christen kom van die griekse woord “Christos” beteken “volgeling van Jesus”

    Nee, ń 1000 maal nee, Christi Pienaar.
    ●in die 2000 jaar oue griekse weergawe van die nuwe testament beteken die woord “baptizo” reiniging of beproewing en nie onderdompel nies●.
    Laaste 2000 jaar is daar net een ding wat ons kan reinig, dis die “Bloed van Jesus”.
    Die woord “baptizo” is Doop….die woord kan gebruik word in ñ sekondêre sin, maar dit word nie so in die Bybel geinterpreteer nie. As die primêre betekenis sin maak dan bly die woord in die primêre betekenis.
    In elkeen van die verse in die Bybel waar die woord ” baptizo” gebruik word, is die betekenis van die woord om te onderdompel (to immerse).
    Petrus het dit heeltemal duidelik gemaak:”…Bekeer julle, en laat ELKEEN van julle geDOOP word in die Naam van Jesus Christus tot VERGEWING VAN SONDES, en julle SAL die gawe van die Heilige Gees ontvang.
    Groetnis
    Hand17:11

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui