Abraham

Inhoud: Tydlyn van Abraham se lewe, Belofte aan Abraham, Vervulling van God se belofte aan Abraham

Tydlyn van Abraham se lewe

Abraham het geleef van 1996 vC tot 1821 vC. Hy het 175 jaar oud geword. Die volgende tabel gee ’n tydlyn van die belangrikste gebeure.

Jaar Oud Bybel Beskrywing
1996 vC 0 Abraham word gebore.
1921 vC 75 Gen 12:4 God roep Abraham uit die land Ur.
Gen 15 God sluit ’n verbond met Abraham en belowe dat hy eie seun sal hê. Abraham sny diere in die helfte. God voorspel ook dat Isael 400 jaar slawe in Egipte sal wees.
1910 vC 86 Gen 16 Ismael word gebore
1897 vC 99 Gen 17 Abraham word besny. Ismael is 13 jaar oud. God sê dat Abraham die volgende jaar ’n seun sal hê.
1897 vC 99 Gen 17:17 Ouderdomsverskil tussen Abraham en Sarai is 10 jaar.
1896 vC 100 Gen 21:5 Isak word gebore. Sara is 90 jaar oud.
1859 vC 137 Gen 23 Sarai sterf op 127 jarige ouderdom
1856 vC 140 Gen 24, Gen 25:20 Toe Isak 40 jaar oud was word Rebekka sy vrou
Gen 25:1 Abraham trou weer
1836 vC 160 Gen 25:26 Esau en Jakob word gebore (Isak is 60 jaar oud)
1821 vC 175 Gen 25:7 Abraham sterf

Belofte aan Abraham

In Genesis 12 roep God vir Abraham en gee hom die volgende belofte:

Genesis 12: (1)Die Here het vir Abram gesê: “Trek uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys. (2)Ek sal jou ’n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou ’n man van groot betekenis maak, en jy moet tot ’n seën wees. (3)Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek. In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.” … (7)Toe het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Aan jou nageslag gee Ek hierdie land.”

Vervulling van God se belofte aan Abraham

In Josua 21 word gesê dat God al sy beloftes aan Abraham vervul het.

Josua 21: (43)Die Here het aan Israel die hele land gegee wat Hy met ’n eed aan hulle voorvaders beloof het. Hulle het dit in besit geneem en daar gaan woon. (44)Die Here het hulle na alle kante toe rus gegee soos Hy met ’n eed aan hulle voorvaders beloof het. Nie een van al hulle vyande kon teen hulle standhou nie. Die Here het al hulle vyande in hulle mag oorgegee. (45)Nie een van al die goeie beloftes wat die Here aan Israel gemaak het, het onvervul gebly nie. Almal is nagekom.

Ook in Psalm 105:

Psalm 105: (42)Ja, Hy het sy heilige belofte aan sy dienaar Abraham gestand gedoen (43)en sy volk juigend, sy uitverkorenes jubelend laat voorttrek. (44)Vir hulle het Hy die heidene se lande gegee; wat deur ander volke met moeite verkry is, het hulle in besit geneem. (45)Daarom moet hulle sy voorskrifte gehoorsaam en sy wil doen. Prys die Here!

Handelinge 7: (17)Teen die tyd dat God die belofte wat Hy aan Abraham gegee het, sou uitvoer, het die volk in Egipte reeds tot ’n groot getal aangegroei.

Hierdie is ’n gedeelte van Stefanus se toespraak voordat hy gestenig is. Uit hierdie stelling lei mens duidelik af dat God se belofte aan Abraham binnekort vervul sou word net voor Israel hulle uittog uit Egipte begin het. Dit sluit ook aan by wat in Josua 21 en Psalm 105 staan.

Soek ook vir die verse in die Bybel wat “Abraham” en “belofte” bevat.

Geslagsregister

Uit Genesis 11:27-29; Gen 22:20-24; Gen 24:24.

Tera

  • Abraham
    •  Vrou: Sarai
      • Isak (Vrou: Rebekka, dogter van Betuel)
        • Esau
        • Jakob
  • Nahor
    •  Vrou: Milka (dogter van Haran)
      • Us
      • Bus
      • Kemuel
      • Kesed
      • Gaso
      • Pildas
      • Jidlaf
      • Betuel
        • Rebekka (vrou van Isak)
        • Laban
    • Vrou: Reuma
      • Tebag
      • Gagam
      • Tagas
      • Maaka
  • Haran
    • Vrou: onbekend
      • Lot
      • Milka (vrou van Nahor)
      • Jiska

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui