Die Bybel oor die duiwel/Satan

Tydens die NG Kerk se Algemene Sinode in 2011 is besluit dat die duiwel nie noodwendig ’n persoon is nie (kyk 2011 NGK besluit oor die duiwel en NG Kerk laat ruimte vir botsende sienings oor duiwel).

Hierdie artikel wys dat beide die Bybel en die belydenisskrifte baie duidelik is oor die bestaan van die duiwel en dat predikante in die NG Kerk wat dit betwyfel hulle legitimasie-eed verbreek en daarom na regte uit die NG Kerk moet bedank.

Die vraag is: wat is mense se motiewe is om nie aan die duiwel as ’n persoon te dink nie. Is dit nie ’n universalistiese idee om weg te beweeg van ’n hel nie, sodat almal hemel toe sal gaan?

****

1. Argumente teen die duiwel as persoon

Mense wat nie in die duiwel as ’n persoon glo nie redeneer dat die bose slegs bestaan as jou eie innerlike boosheid. Die implikasie hiervan is dat toe Jesus in die woestyn versoek is (Mat 4:1-11), Hy slegs voor sy eie innerlike boosheid gestaan. Dit is egter heeltemal teenstrydig met die feit dat God geen innerlike boosheid het.

Daar word geargumenteer dat die duiwel as ’n persoon nie in die Ou Testament voorkom nie omdat die woord “Satan” (’n menslike) opponent beteken:

H7854
????
s´a^t?a^n
saw-tawn’
From H7853; an opponent; especially (with the article prefixed) Satan, the arch enemy of good: – adversary, Satan, withstand.

In die Nuwe Testament word kwansuis van ’n ander Satan gepraat:

G4567
Sata?a??
Satanas
sat-an-as’
Of Chaldee origin corresponding to G4566 (with the definite article affixed); the accuser, that is, the devil: – Satan.

G4566
Sata??
Satan
sat-an’
Of Hebrew origin [H7854]; Satan, that is, the devil: – Satan. Compare G4567.

As ’n mens kyk hoe word G4567 in die NT gebruik, is dit baie duidelik dat die Bybelskrywers aan die duiwel as ’n persoonlike wese gedink het.

Die feit dat die woord “Satan” in die OT “opponent” beteken, beteken nie dat “Satan” nie na die duiwel verwys nie, omdat die duiwel ook baie duidelik ’n opponent is.

En verder, veronderstel dat die duiwel nie in die Ou Testament is nie, is dit glad nie ’n geldige argument dat die duiwel nie ’n persoonlike karakter het nie.

2. Die duiwel as persoonlike wese

Die volgende dele in die Bybel dui baie sterk daarop dat die duiwel wel ’n persoonlike wese is (kyk ook Beswaarskrifte: AS besluit oor bediening van bevryding):

Genesis 3

(1)Die slang was listiger as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is en het vir die vrou gevra: “Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?” (2)Die vrou het die slang geantwoord: “Ons mag eet van die vrugte van die bome in die tuin.(3)God het net gesê ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie en ons mag dit nie aanraak nie, want dan sterf ons.” (4)Toe sê die slang vir die vrou: “Julle sal beslis nie sterf nie, (5)maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.”

Alhoewel hier van ’n slang gepraat word, is dit baie duidelik dat dit die duiwel was in die vorm van ’n slang. Dit is na aanleiding hiervan dat daar in 1 Tessalonisense 3:5 na die duiwel as “verleier” verwys word en in Openbaring 12:9 as “slang”. Die enigste probleem is dat teoloë hierdie sal afmaak as ’n fabel of mite (soos die res van Genesis 1-11), ten spyte daarvan die Hebreeuse kenners nie sal saamstem dat hierdie ’n fabel is nie (kyk Aanhalings – Moet Genesis letterlik gelees word?).

1 Kronieke 21

(1)Satan was teen Israel. Hy het Dawid aangehits om ’n sensus van Israel te hou.

Job 1

(6)Op ’n dag het die hemelwesens voor die Here kom staan, en die Satan was ook onder hulle. (7)Toe vra die Here vir hom: “Waar kom jy vandaan?” En die Satan antwoord die Here: “Ek het die wêreld deurkruis.” (8)Die Here vra toe vir die Satan: “En my dienaar Job, het jy hom raakgesien? Sy gelyke kry jy nie op aarde nie: hy is vroom en opreg, hy dien My en vermy die kwaad.” (9)Toe antwoord die Satan die Here: “Dit is nie sonder rede dat Job U dien nie! (10)U beskerm hom dan, en sy huis en al sy goed. U maak alles wat hy doen, voorspoedig. Selfs sy vee teel vinnig aan. (11)Maar raak nou net aan sy besittings en kyk of hy U nie in u gesig vervloek nie.” (12)Toe sê die Here vir die Satan: “Alles wat hy het, gee Ek in jou mag oor. Net aan hom self mag jy nie raak nie.” Die Satan het daarna van die Here af weggegaan.

Dit is belaglik om te glo dat “Satan” in Job slegs ’n (menslike)opponent is. Dit is so duidelik soos daglig dat hier van die duiwel gepraat word. Daar is geen mens wat aan Job kan doen wat met hom gebeur het nie – dit was die werk van die duiwel. Dus ís die duiwel in die Ou Testament.

Jesaja 14

(2)Jy wat die helder môrester was, het uit jou hemel geval. Jy wat ’n oorwinnaar van nasies was, is in die grond in verpletter.

Hier word gepraat van hoe die duiwel die hemel verlaat het as ’n gevalle engel. Interessant, nie die 53 of 83 vertaling verwys baie duidelik na die duiwel nie. Die King James weergawe noem egter baie duidelik: “How art thou fallen from heaven, O Lucifer, son of the morning! how art thou cut down to the ground, which didst weaken the nations!

Sagaria 3

(1)Die Here het my ’n gesig laat sien. Ek het die hoëpriester Jesua voor die engel van die Here sien staan, en regs van hom het die Satan gestaan, besig om Jesua aan te kla. (2)Die Here het vir die Satan gesê: Ek sal jou straf, Satan, Ek wat Jerusalem my woonplek gemaak het, sal jou straf. Hierdie man is soos ’n stuk hout wat uit die vuur gered is.

Matteus 4 (Luk 4, Mark 1)

(1)Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. (2)Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. (3)Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” (4)Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: ’n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” (5)Daarna neem die duiwel Hom na die heilige stad toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan (6)en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe: Hy sal sy engele oor jou opdrag gee en: Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ’n klip sal stamp nie.” (7)Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.” (8)Toe neem die duiwel Hom na ’n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag (9)en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.” (10)Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” (11)Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg.

Matteus 12 (Mark 3:26, Luk 11:18)

(26)As die Satan dan die Satan uitdryf, is hy teen homself verdeeld; hoe kan sy ryk dan bly staan?

Matteus 16 (Mark 8:33)

(23)Maar Jesus het na Petrus toe gedraai en vir hom gesê: “Moenie in my pad staan nie, Satan! Jy is vir My ’n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê.”

Matteus 25

(41)”Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is,

Markus 4

(15)Daar is mense by wie daar soos op ’n pad gesaai word: sodra hulle die woord hoor, kom die Satan en vat die woord weg wat in hulle gesaai is.

Lukas 13

(16)En hier is ’n vrou, ’n kind van Abraham, wat werklik al agtien jaar lank deur die Satan gebind is. Mag sy dan nie op die sabbatdag van hierdie band losgemaak word nie?”

Lukas 22

(31)”Simon, Simon!” het Jesus gesê. “Luister! Die Satan het daarop aangedring om julle soos koring te sif.

Johannes 8

(44)Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af ’n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is ’n leuenaar en die vader van die leuen.

Johannes 10

(10)’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. (11)”Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. (12)’n Huurling is geen herder nie, en dit is nie sy eie skape nie. As hy ’n wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg, en die wolf vang die skape en jaag die trop uitmekaar.

Johannes 12

(31)Nou kom die oordeel oor hierdie wêreld; nou sal die owerste van hierdie wêreld uitgegooi word buitentoe.

Johannes 14

(30)Ek sal nie meer lank met julle kan praat nie, want die owerste van die wêreld is aan die kom. Hy het geen mag oor My nie,

Johannes 16

(11)die oordeel het al gekom, want die owerste van hierdie wêreld is klaar veroordeel.

(’n “Owerste” is tog sekerlik ’n persoon.)

Handelinge 23

(8)Die Sadduseërs ontken dat daar ’n opstanding uit die dood is en dat daar engele en geeste bestaan, maar die Fariseërs aanvaar wel albei hierdie dinge.

Soos Klaagliedere 1:9 sê: “Wat was, sal weer wees; wat gebeur het, sal weer gebeur. Daar is niks nuuts in hierdie wêreld nie.” Net so is die ontkenning van die bose geen nuwe gedagte nie.

2 Korintiërs 11

(14)En geen wonder nie! Satan self doen hom voor as ’n engel van die lig.

1 Tessalonisense 3

(5)Toe ek dus nie langer kon uithou nie, het ek vir Timoteus gestuur om vas te stel hoe dit met julle geloof staan: of die verleier julle nie reeds verlei het en al ons harde werk dalk op niks uitgeloop het nie.

Dit is baie duidelik dat die “verleier” waarvan hier gepraat word, die duiwel is.

Openbaring 12

(9)want die groot draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan genoem word en wat die hele wêreld verlei, is uit die hemel uit gegooi. Hy is op die aarde gegooi en sy engele saam met hom.

3. Bied weerstand teen aanslae van die duiwel

Efesiërs 4

(27)Moenie die duiwel vatkans gee nie.

Efesiërs 6

(11)Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. (12)Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. (13)Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. (14)Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, (15)en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. (16)Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. (17)Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.

Die hele idee van die wapenrusting is grootliks om jou te beskerm van die bose.

2 Tessalonisense 2

(9)Deur die werking van die Satan sal die verskyning van die wettelose gepaard gaan met groot magsvertoon en allerhande vals tekens en wonders

Hebreërs 2

(14)Aangesien hierdie kinders mense van vlees en bloed is, het Hy ook net soos hulle mens geword. Dit het Hy gedoen om deur sy dood dié een wat mag het oor die dood, dit is die duiwel, te vernietig

Nie net bestaan die duiwel nie, maar hy het ook mag.

1 Petrus 5

(8)Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. (9)Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur.

1 Johannes 3

(8)wie aanhou sonde doen, behoort aan die duiwel, want die duiwel hou van die begin af aan met sondig. En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak.

Vat die duiwel weg en jy vat die hele rede weg hoekom Jesus aarde toe moes kom.

1 Johannes 4:4

(4)Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is.

Openbaring 2

(13)Ek ken die plek waar julle bly, daar waar die troon van die Satan is. Tog bly julle aan my Naam getrou en julle het nie julle geloof in My afgesweer nie, selfs nie in die tyd toe Antipas, my getroue getuie, doodgemaak is daar by julle waar die Satan bly nie.

4. Uitdrywing van bose geeste

Matteus 7

(22)Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’

Matteus 8

(16)Toe dit aand word, het hulle baie wat in die mag van bose geeste was, vir Hom gebring. Hy het die geeste met ’n woord uitgedryf en al die siekes gesond gemaak.

(31)Die bose geeste het Hom gesoebat: “As U ons uitdryf, stuur ons tog in die trop varke in.”

Matteus 9

(33)Nadat die bose gees uitgedryf is, het die stom man begin praat. Die menigte het hulle verwonder en gesê: “So iets het nog nooit in Israel gebeur nie.”

Matteus 10

(1)Jesus het sy twaalf dissipels nader geroep en hulle mag gegee om onrein geeste uit te dryf en om elke soort siekte en kwaal gesond te maak.

(8)Maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf bose geeste uit. Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet. Nie net het Jesus self geeste uitgedryf nie, maar gee Hy ook opdrag om dit te doen.

Matteus 12

(24)Die Fariseërs het hiervan gehoor en gesê: “Hy dryf bose geeste uit alleen met die hulp van Beëlsebul, die aanvoerder van die bose geeste.” (25)Jesus het egter geweet wat hulle dink, en Hy het vir hulle gesê: “Elke koninkryk wat onderling verdeeld is, gaan te gronde, en geen stad of huis wat onderling verdeeld is, sal bly staan nie. (26)As die Satan dan die Satan uitdryf, is hy teen homself verdeeld; hoe kan sy ryk dan bly staan? (27)En as Ek met Beëlsebul se hulp die bose geeste uitdryf, met wie se hulp doen julle volgelinge dit dan? Julle eie volgelinge sal as julle regters optree en wys dat julle verkeerd is. (28)”Aangesien Ek deur die Gees van God die bose geeste uitdryf, het die koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom.

Matteus 17

(19)Die dissipels het toe alleen na Jesus toe gekom en gevra: “Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?” (20)”Omdat julle geloof te klein is,” sê Hy vir hulle. “Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos ’n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”

Lukas 8

(12)Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof kom en gered word nie.

Lukas 9

(1)Jesus het die twaalf bymekaargeroep en aan hulle mag en gesag gegee om alle bose geeste uit te dryf en siektes te genees.

Lukas 11

(14)Jesus het op ’n keer ’n bose gees uitgedryf uit iemand wat nie kon praat nie. Net nadat die bose gees uitgegaan het, het die stom man begin praat. Die mense het hulle verwonder,

Lukas 13

(32)Maar Hy sê vir hulle: “Gaan sê vir daardie jakkals: ‘Kyk, vandag en môre dryf Ek nog bose geeste uit en maak Ek mense gesond, maar op die derde dag sal Ek my werk klaar maak.’

5. Die Bybel oor die hel

As daar ’n hel is, dan moet daar tog mos bose en/of ’n duiwel wees.

Matteus 3

(10)Die byl lê klaar teen die wortel van die bome. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

(12)Hy het sy skop in sy hand en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak. Sy koring sal Hy na die skuur toe bring, maar die kaf sal Hy met ’n onblusbare vuur verbrand.”

Matteus 5

(22)Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen wat sy broer uitskel vir ’n gek, is strafbaar voor die Joodse Raad; en wie hom uitskel vir ’n idioot, is strafbaar met die helse vuur.

(29)”As jou regteroog jou laat struikel, haal hom uit en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word. (30)Of as jou regterhand jou laat struikel, kap hom af en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel beland.”

Matteus 7 (Luk 13:22-29)

(13)”Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. (14)Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.”

(19)Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

(21)”Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.

Matteus 8

(11)Ek sê vir julle: Baie sal van die ooste en die weste af kom en saam met Abraham, Isak en Jakob aan tafel gaan in die koninkryk van die hemel. (12)Maar mense vir wie die koninkryk bedoel is, sal in die diepste duisternis daarbuite gegooi word, waar hulle sal huil en op hulle tande sal kners.”

Matteus 10

(28)Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan.

Matteus 18

(3)en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. (8)”As jou hand of jou voet jou van My afvallig maak, kap hom af en gooi hom van jou af weg. Dit is vir jou beter om vermink of kreupel die lewe in te gaan as om met altwee jou hande of voete in die ewige vuur gegooi te word. (9)En as jou oog jou van My afvallig maak, ruk hom uit en gooi hom van jou af weg. Dit is vir jou beter om met een oog die lewe in te gaan as om met altwee oë in die vuur van die hel gegooi te word.”

(14)So is dit ook nie die wil van julle Vader in die hemel dat een van hierdie kleintjies verlore moet gaan nie.”

Matteus 23

(15)“Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle trek oor see en land rond om een bekeerling te maak, en as hy dit word, maak julle hom twee maal so ryp vir die hel as wat julle self is.”

(33)“Julle slange, addergeslag! Hoe sal julle ontkom aan die straf in die hel?”

Matteus 25

(41)”Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is,

(46)En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.”

Markus 9

(43)”As jou hand jou van My afvallig laat word, kap hom af! Dit is beter dat jy vermink in die lewe ingaan as dat jy altwee jou hande het en na die hel toe gaan, in die onblusbare vuur.
(45)En as jou voet jou van My afvallig laat word, kap hom af! Dit is beter dat jy kreupel die lewe ingaan as dat jy altwee jou voete het en in die hel gegooi word. (47)En as jou oog jou van My afvallig laat word, pluk hom uit! Dit is beter dat jy met een oog die koninkryk van God ingaan as dat jy altwee oë het en in die hel gegooi word. (48)Daar gaan die wurm nie dood nie en word die vuur nie geblus nie.” (49)”Almal sal met die vuur van beproewing gelouter word.

2 Tessalonisense 1

(9)Die ewige verdoemenis sal hulle straf wees, altyd geban uit die teenwoordigheid van die Here en van sy wonderbaarlike mag.

6. Die duiwel in die belydenisskrifte

Dit is baie duidelik dat die belydenisskrifte van die driesusterkerke (NG Kerk, Hervormde Kerk en Gereformeerde Kerk) die bestaan van die duiwel erken. Kyk:

Daarom, indien predikante in die NG Kerk die bestaan van die duiwel betwyfel, verbreek hulle hul legitimasie-eed en moet daarom na regte uit die NG Kerk bedank

7. Aanbevole bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui