Sondeval

Die sondeval verwys na Genesis 3 waar Adam en Eva gesondig het toe hulle van die boom van goed en kwaad geëet het.

Toe God aanvanklik geskep het, het hy “goed” geskep. Daar was nie dood en swaarkry op aarde nie. Nadat Adam en Eva agter gesondig het, het die volgende gebeur:

  • Hulle het besef dat hulle kaal was.
  • Lewe op aarde het meteens verander en het van toe af dood en swaarkry ingesluit.
  • Die sondeval is die rede waarom Jesus, as verlosser, aarde toe moes kom om vir ons sonde te sterf.

Dit word bevestig deur Romeine 5:12-21 en 1 Korintiërs 15:21-56.

Een van die grootste probleme waarmee Christene sit wat evolusie met die Bybel wil versoen is dit: Wat van dood en swaarkry voor die sondeval?

Die ateïs, Richard Bozarth het die volgende gesê wat baie duidelik aandui hoe die sondeval ’n kritiese deel is van die Christelike geloof:

Die Christendom het die wetenskap beveg, veg dit nogsteeds, en sal dit tot aan die desperate einde oor evolusie beveg, want evolusie vernietig uiteindelik geheel en al die rede waarom Jesus se lewe kwansuis nodig was. Vernietig Adam en Eva en die erfsonde, en in die puin sal jy die jammerlike oorblyfsels van die Seun van God vind. Dit neem die betekenis van Sy dood weg. As Jesus nie die verlosser was wat vir ons sondes gesterf het nie, en dit is wat evolusie beteken, dan beteken die Christendom niks.

(Kyk Aanhalings – Is Evolusie en die Bybel versoenbaar?)

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui