Teïsme

Kyk ook:

Teïsme is om aan God te dink as ’n persoonlike God wat ’n verhouding met sy kinders het. Hy is dus steeds teenwoordig op aarde en sorg vir sy kinders.

Teïsme is om oor God te dink soos Psalm 23: “Die Here is my herder.” Dus, sorg hy steeds vir sy kinders hier op aarde.

Hierdie is die Godsbeskouing van alle evangeliese of behoudende Christene.

Teïste glo ook in die krag van gebed.

Teïsme staan in kontras met deïsme wat glo dat God ’n onpersoonlike God is. Deïsme glo dat God geskep het en dat hy toesig hou oor sy skeppping, maar hy het nie ’n verhouding met die mense op aarde nie. Dit word vergelyk met ’n horlosie wat opgewen is: God het die horlosie opgewen, maar is nie meer daar om die horlosie te laat werk nie.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui