Die Bybel oor die hel

Baie Christene glo nie dat daar ’n hel is nie. Die Bybel is egter baie duidelik dat daar wel ’n hel is.

Byna elke natuurlike mens wat van die hel hoor, vlei homself dat hy daaraan sal ontsnap – Jonathan Edwards

Hier volg ’n paar Bybelverse:

Psalms 76:10

(10)toe God gekom het om te oordeel, om al die hulpeloses op die aarde te red.

Daniël 12:2

(2)Baie van dié wat ontslaap het, sal uit die graf opstaan, party tot die ewige lewe en party tot ewige skande en veragting.

Matteus 3:12

(12)Hy het sy skop in sy hand en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak. Sy koring sal Hy na die skuur toe bring, maar die kaf sal Hy met ’n onblusbare vuur verbrand.

Matteus 13:41-42

The fact that there’s a highway to hell and only a stairway to heaven says a lot about anticipated traffic numbers.

(41)Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, (42)en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.

Matteus 25

(41)Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is

(46)En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.

Markus 9:43-49

(43)As jou hand jou van My afvallig laat word, kap hom af! Dit is beter dat jy vermink in die lewe ingaan as dat jy altwee jou hande het en na die hel toe gaan, in die onblusbare vuur. (45)En as jou voet jou van My afvallig laat word, kap hom af! Dit is beter dat jy kreupel die lewe ingaan as dat jy altwee jou voete het en in die hel gegooi word. (47)En as jou oog jou van My afvallig laat word, pluk hom uit! Dit is beter dat jy met een oog die koninkryk van God ingaan as dat jy altwee oë het en in die hel gegooi word. (48)Daar gaan die wurm nie dood nie en word die vuur nie geblus nie. (49)Almal sal met die vuur van beproewing gelouter word.

(Kyk ook Jesaja 66:24b: Die wurms wat aan hulle vreet, sal nie vrek nie, en die vuur waarin hulle brand, sal nie geblus word nie; hulle sal iets afgrysliks wees vir al wat leef.)

Lukas 12:35-48 (Mat 24:45-51, Mark 13:33-37)

(37)Gelukkig is die slawe vir wie die eienaar by sy koms wakker sal aantref.
(47)“Die slaaf wat geweet het wat sy eienaar wil hê maar wat nie gereed gemaak of volgens die wil van sy eienaar gehandel het nie, sal ’n swaar straf kry. (48)Maar hy wat nie geweet het nie en dinge gedoen het wat straf verdien, sal ’n ligte straf kry.

Lukas 16:23-24

(23)Toe hy in die doderyk in pyn verkeer, kyk hy op en sien vir Abraham daar in die verte en vir Lasarus langs hom en hy roep: (24)‘Vader Abraham, ontferm u oor my. Stuur tog vir Lasarus dat hy net die punt van sy vinger in water steek en my tong afkoel, want ek ly verskriklik in hierdie vuur.’

Johannes 3:16, 18, 36

(16)God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

(18)Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie.

(36)Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.

2 Tessalonisense 1:9

(9)Die ewige verdoemenis sal hulle straf wees, altyd geban uit die teenwoordigheid van die Here en van sy wonderbaarlike mag.

Openbaring 14:10-11

(10)sal van die wyn van God se toorn moet drink. Dit word onverdun in die beker van sy oordeel ingeskink. In die teenwoordigheid van die heilige engele en die Lam sal hy met vuur en swael gepynig word. (11)Die rook van hierdie pyniging styg tot in alle ewigheid op, en hierdie mense het dag en nag geen rus nie, hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en dié wat die merk van sy naam aanvaar.

Openbaring 20:10

(10)Die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swael gegooi, daar waar die dier en die vals profeet ook is. Hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.

1 thought on “Die Bybel oor die hel”

  1. Wat is die verskil tussen die doderyk en die hel? Is daar ’n verskil. Want blykbaar staan daar nie geskryf dat Jesus neergedaal het na die hel nie maar die doderyk ingegaan het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui