Waar kom die tale van die wêreld vandaan?

Volgens die evolusieteorie het aapmense begin brom en naderhand begin praat. Oor duisende jare het die tale ontwikkel tot die tale wat ons vandag kry (evolusioniste aanvaar dat die eerste mens ongeveer 1 miljoen jaar gelede geleef het).

Die volgende is ’n stukkie baie interessante apologetiek en is net nog ’n ding wat die Bybel, eerder as evolusie, bevestig. Uit Skepping vs Evolusie – onversoenbaar! deur Hennie Mouton, bl. 265:

**************

7.3 Tale

Die wêreld se tale het ’n buitengewone oorsprong, volgens die Bybel, en selfs volgens sekere navorsing in die sekulêre wetenskap.

Volgens die Bybel was daar net een taal reg van die begin van Adam en Eva af tot by die toring van Babel (Gen 11:1) – so dit moes bonatuurlik deur God geskep gewees het. Adam kon vanaf die sesde skeppingsdag waarop hy geskep is, verstaan en praat, want hy het die diere in opdrag van God name gegee (Gen 2:19 – 20) en gepraat toe hy vir Eva gesien het (Gen 2:23). God het daarna verskeie tale bonatuurlik by Babel geskep om die mense oor die aarde te laat versprei. Dit is redelik om te dink dat dit omtrent 16 tale was, gegewe Noag se 16 kleinseuns wat spesifiek genoem word (Gen 10), en die sterk moontlikheid dat God die mense volgens bestaande familiegroeperings sou versprei. Die verdeling met inagneming van gesinne – pa, ma en kinders – sou immers hul oorlewingskanse bo ’n blote willekeurige verdeling verbeter het. Gen 10:32, wat verklaar dat Noag se nageslag ná die vloed in die verskillende nasies verdeel het volgens hulle afstamming, ondersteun dié gedagte klaarblyklik.

Emeritus prof Luigi Cavalli-Sforza van die University of Stanford, een van die wêreld se voorste deskundiges op die gebied van menslike genetika, en glad nie ’n skeppingsleerder nie maar eerder ’n Darwin aanhanger, het in 2001 ’n boek Genes, Peoples and Languages oor sy navorsing geskryf. Hy het die volgende gevolgtrekkings gemaak:

  • Alle mense het ’n gemeenskaplike voorganger.
  • Die ~ 6 000 tale wat vandag bestaan, het ontwikkel uit ~ 17 oorspronklike tale wat glad nie verwant was nie. Alle tale het dus nie uit een gemeenskaplike taal ontwikkel nie.
  • Hierdie 17 tale het slegs ’n paar duisend jaar gelede ontstaan – 6 000 tot 25 000 jaar – en in ’n baie kort tydperk.
  • Uit hierdie klompie tale het al die tale wat vandag bestaan op ’n natuurlike manier ontwikkel.
  • Sodra een taalgroep in verskeie groepe verdeel het, wat geïsoleer van mekaar geraak het, het verskillende dialekte gou-gou ontstaan, wat mettertyd in verskillende tale ontwikkel het.
  • Meeste van die ~ 6 000 tale van vandag is steeds duidelik aan mekaar verwant, byvoorbeeld omtrent al die Europese tale onderling, heelwat van die Afrikatale onderling en heelwat van die Oosterse tale onderling soos Sjinees, Japannees en Koreaans.

Bl. 267:

Terwyl evolusioniste glo dat die mens se tale van die gromgeluide van aaptipe voorgangers geëvolueer het, en stadigaan met tyd komplekser geword het, wys tale soos Latyn, Hebreeus, Duits, Engels en Afrikaans, presies die teenoorgestelde… Hoe moderner ’n taal is, hoe eenvoudiger is dit struktuurgewys as mens na die algemene tendens van bogenoemde kyk.

Bl. 269:

Geen taallose menslike gemeenskap is al ooit gevind nie. Aan die ander kant is daar geen getuienis vir sintaktiese taal by enige diere – modern of uitgestorwe – nie.

Verdere bronne

Is die skepping-evolusie kwessie belangrik?

Die volgende is ’n aanhaling uit Street preacher says creation ‘is the issue’:

Paul H, United Kingdom

I fully agree with the Street Preacher.

As a 21 year old atheist and pro-Communist I was (over a period of time) fully convinced of the weakness and bankrupt theory of Evolution – even though I had strongly been convinced it was true due to my being brought up in an atheist home.

When faced with facts presented in a way I could understand, I became a seeker after real truth (I still could not get my mind around God for quite a while). However after several years of ‘seeking’ THE truth I found God was real by a revelation in my bedroom while reading the Bible.

I knew God was real. I just knew it. About 9 months later I made a personal commitment to Jesus Christ as my personal Saviour and started to REALLY live! My excessive consumption of alcohol and pleasure-seeking lifestyle was totally transformed.

That was 40 years ago now and I have become more and more convinced of the truth of Genesis 1 account of creation and of the validity of the WHOLE Bible to experiencing real life. Through many trials my God has been so real and dependable.

And it ALL started with an understanding of the false anti-scientific claims of Evolution.

Thank you for your [CMI’s] work in providing undeniable truth about scientific facts that prove Creation is the only scientific explanation for HOW we got here and (more importantly) WHY we are here – and WHERE we are heading.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui