Nebraska-man

In 1922 het ’n boer in Nebraska ’n fossieltand gevind en dit aan geoloog Harold Cook gegee. Henry Osborn en ander paleontoloë het aanvanklik gemeen dat die tand aan ’n mensagtige aap, nader aan die mens as ander ape, behoort. Die bevinding is gepubliseer as die ontdekking van ’n mensagtige aap in Noord-Amerika. Dit is selfs geklassifiseer as Hesperopithecus haroldcookii.

Verdere opgrawings in 1925 en 1926 het egter ander dele van die skelet aan die lig gebring. Dit het getoon dat die aanvanklike identifikasie verkeerd was: die tand het nie aan ’n mens of aap behoort nie, maar aan ’n uitgestorwe vark.

Die fout is in 1927 amptelik in Science teruggetrek.

Hierdie insident herinner baie sterk aan wat Tim White gesê het:

A five million year old piece of bone that was thought to be a collarbone of a humanlike creature is actually part of a dolphin rib… The problem with a lot of anthropologists is that they want so much to find a hominid that any scrap of bone becomes a hominid bone.

Kyk ook

Bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui