Kyk ook:
In 1974 ontdek Don Johanson die een meter lange Australopithecus “Lucy” in die Afar-omgewing van Etiopië. Die skelet was 40% volledig.
Die aanvanklike interpretasie was dat sy ‘n aapagtige voorouer van die moderne mens was wat ongeveer 3.2 miljoen jaar gelede geleef het. Dit was gebaseer op die volgende inligting:
- baie klein brein — ongeveer aapgrootte
- ‘n bekken en bene wat op tweevoetige loop dui
- mensagtiger onderlyf
- meer aapagtige bolyf
Na meer ondersoek is bevind
- Lucy se lang arms, sterk skouers, lang, geboë vingers en lang, geboë tone het gewys dat sy baie goeie boomklimvermoë gehad het.
- Lucy se polsgewrig het met dié van die kneukellopende sjimpansees en gorillas ooreengestem.
- CAT-skanderings van die binne-oorgedeelte het bepaal dat Lucy eerder soos die huidige grootape (gorillas en sjimpansees) geloop het.
Ten spyte daarvan dat Lucy duidelik ’n aap was en nie ’n oorgangskakel tussen die aap en mens nie, word sy vandag steeds baie menslik uitgebeeld in museums, in ’n regop-lopende posisie met menslike voete en oë.
Kyk HIER.
Bronne
- No more love for Lucy?
- ‘Ape-woman’ statue misleads public: anatomy professor
- David Catchpoole: ‘New evidence: Lucy was a knuckle-walker’