Brief: Wie het vir die kerkgebou betaal?

Die volgende is ‘n antwoord op

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Brief: Wie het vir die kerkgebou betaal? – Kerkbode

Kerkbode

Vrydag, 16 Oktober 2026

Daniel Louw van Secunda skryf: Gerhard Ferreira wil dit laat blyk dat gemeentes wat skeur nie hulle bates (geboue) uit die verband kan neem nie.

Het Gerhard al daaraan gedink dat gemeentes wat reeds uit die verband getree het, goeie regshulp geraadpleeg het voordat hulle dit gedoen het? Miskien is dit hoekom dit so stil is vanuit NG Kerk geledere.

Hierdie idee dat die gemeente se bates nie uit die verband geneem kan word nie, het nog nooit vir my sin gemaak nie. Ek sal verbaas wees as sinodes of ringe enige sent bygedra het tot die bates van gemeentes. Dit was die gemeentelede wat die geld bymekaar gemaak het om die kerkgebou op te rig en vir baie jare in stand te hou. Die sinode of ringe het nog nooit enige van hierdie verantwoordelikhede gedra nie. Hoe maak dit sin dat die bates aan die kerkverband behoort?

Die beste vergelyking waaraan ek kan dink is ‘n konsessie, soos Spur. Die besigheid behoort aan die eienaar, nie aan Spur nie. Die eienaar is vir alles verantwoordelik, maar die eienaar betaal lisensiegeld om die reklamevoordele te trek om aan Spur verbonde te wees.

Dit is baie ironies as Gerhard praat van die oortreding van basiese etiese eise terwyl die leiers in die NG Kerk hulleself afvee aan kern geloofswaarhede en dan dwaalleer in die kerk inbring.

Ook, behoudendes verlaat nie die kerk vir onbenullige redes nie. Dit gaan oor die-evangelie-is-op-die-spel-waarhede.

Die NG Kerk het nou vir Tafelberg gemeente hof toe gevat. Kom ons kyk maar wie is reg.

Kommentaar

Geen

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui