Kairos Netwerk: lys van werksaamhede

Kyk ook:

Afkortings:

  • ASM = Algemene Sinode Moderamen (“topbestuur” van die NGK)
  • ASMD = Algemene Sinode Moderamen dagbestuur
  • KN = Kairos Netwerk
  • KNW = Kairos Netwerk Werksgroep (“topbestuur” van KN)

Hier volg ’n opsomming van die gesprekke wat die Kairos Netwerk met die Algemene Sinode Moderamen Dagbestuur (ASMD) en Algemene Sinode Moderamen (ASM) verteenwoordigers gehad het:

Okt 2020: Versoek tot vergadering met ASM

In September/Oktober 2020 rig die KN ’n skrywe aan die ASM om te vra vir ’n vergadering tussen die KN en die ASM (Kairos Netwerk Nuusbrief – 2 Okt 2020). Die datum word vasgemaak op 19 November 2021 (Kairos Netwerk Nuusbrief – 30 Okt 2020).

19 Nov 2020: Vergadering tussen KNW en ASMD

Op 19 November 2020 vergader die KNW met die ASMD. Die KNW versoek ’n buitengewone sinode om die 2019-besluit oor SGV om te draai. Die KN gee in ’n nuusbrief op 27 November 2020 daaroor terugvoer.

3 Des 2020: Terugvoer tydens geslote Zoomgesprek

Die voorsitter van die Kairos Netwerk, Pieter Breytenbach, gee ook terugvoer aan lede van die KN in ’n geslote Zoomgesprek. Die gesprek lek egter uit en maak groot opslae in die media. Kyk NG Kerk ‘gaan skeur’ (13 Des 2020).

22-23 Feb 2021: Vergadering tussen KN en ASM verteenwoordigers

Tydens hierdie vergadering word daar onder andere dokumente aan die ASM deurgegee. Later blyk dit dat hierdie dokumente nie na die res van die ASM versprei is nie. Die volgende is ’n aanhaling uit Kairos Netwerk Nuusbrief – 1 Apr 2021:

“KN het dokumente aan die ASM deurgegee wat die probleme met die teologiese fakulteite,  Skrifgesag en -interpretasie en Kerkordelike aangeleenthede aanspreek. Hierdie dokumente is nie versprei na die volle ASM en is ons bekommerd dat die ASM nie die volle omvang van die probleme verstaan nie;”

3 Mrt 2021: ASM vergadering

Tydens die volgende ASM vergadering (op 3 Maart 2021) word die gesprek met die KN bespreek en daar word besluit om nie die versoek tot ’n buitengewone sinode toe te staan nie. Die media berig soos volg hieroor:

Kyk ook Kairos Netwerk Nuusbrief – 8 Mrt 2021.

Een van die opmerkings in die ASM se besluit is:

“Die ATR en Algemene Kuratorium sal verder met u skakel met die oog op u voortgesette deelname aan ons gesprekke en dus die uitvoering van die besluite van die ASM”.

Die KN kry ook ’n uitnodiging van die kuratorium, maar die KN besluit om nie van die uitnodiging gebruik te maak nie omdat gesprekke met die kuratorium bewys het om futiel te wees (uit Kairos Netwerk Nuusbrief – 1 Apr 2021).

Kyk ook Voorlegging aan die kuratorium van die Vrystaatse Sinode (20 Feb 2018)

16 April 2021: Bethal konferensie

15 Oktober 2021: Oos-Kaap konferensie

23 Oktober 2021: Kaap konferensie

28 Oktober 2021: Noord-Vrystaat konferensie

12 November 2021: Secunda Goedehoop konferensie

19 November 2021: Goudland konferensie

7-8 Feb 2022: KNW vergadering

Die KNW reik die volgende persverklaring uit na hulle vergadering op 7-8 Feb 2022:

Daarin word onder andere gesê dat die KN beplan om teen Julie 2022 ’n “Familie van Reformerende NG Kerke” te skep. Dit kry heelwat dekking in die media en eindig in ’n Radiokanselonderhoud met Anton Knoetze en Nelus Niemandt:

18 Feb 2022: KN reageer op “queering the prophet” konferensie

22 Mrt 2022: KN reageer op Namibiese sinode

KN reageer op die besluit van die Namibiese sinode om Artikel 37 uit te voer indien daar nie ’n pertinente voorneme kom dat die NG Kerk se dwaalbesluite omgedraai gaan word nie.

28 Jun 2022: Kairos Netwerk en ASM dagbestuur vergader weer op 28 Junie 2022

20-21 Jul 2022: Familiebyeenkoms van behoudende gereformeerde kerke en lidmate

Kyk die volgende:

12 Aug 2022: Verklaring van ASM-dagbestuur en Kairos se reaksie

1 thought on “Kairos Netwerk: lys van werksaamhede”

  1. Hierdie noukeurige oorsig toon aan dat die dagbestuur van die ASM nie hulle samewerking vir KN gegee het nie. Dit is egter van groot belang dat KN direk met die ASM by hul vergadering, moet kommunikeer. Dit klink onkerklik en ongesond dat die dagbestuur hulle eie interpretasie van die gesprekke met KN, met die ASM vergadering gedeel het. Wie is al hierdie dagbestuurslede? Probeer hulle iets wegsteek? Dit kan mos nie so aangaan ie?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui