Kyk ook:
Genesis 22:1-19 beskryf hoe God vir Abraham beveel om sy seun, Isak, te offer. Op daardie stadium was Isak 25 jaar oud en Abraham was 125 jaar oud.
Hierdie gedeelte wys op die volgende maniere heen na Christus:
Enigste seun
- Isak was Abraham se enigste seun.
- Jesus is God se enigste seun.
Moria
In vers 2 sê God dat Abraham vir Isak moet gaan offer in die landstreek Moria.
In 2 Kronieke 3 word gesê:
(1)Salomo het begin bou aan die huis van die Here in Jerusalem. Dit was op Moriaberg waar die Here aan Dawid, sy pa, verskyn het, op die plek wat Dawid laat regmaak het, waar die dorsvloer van Arauna die Jebusiet was.
Dus moes dit naby gewees het aan die plek waar Jesus gekruisig is.
Isak dra hout
- Isak moes self die hout vir die offer dra.
- Jesus het self sy hout kruis gedra.
Drie dae
- Abraham en Isak het drie dae na Moria gereis (Gen 22:4).
- Jesus was drie dae in die graf.
Plaasvervanger
- God voorsien ‘n plaasvervanger (skaapram) vir Isak (Gen 22:13).
- Jesus (die lam) is ons plaasvervanger.
Opstanding uit die dood
- In Hebreërs 11:19 lees ons dat Abraham geglo het dat God vir Isak uit die dood kon opwek sou hy hom moes offer.
- Jesus het uit die dood opgestaan.
Naskrif
Sommiges sê dat hierdie gebeurtenis nie werklik kon gebeur het nie, omdat Abraham nooit bereid sou wees om sy eie seun te offer nie.
In daardie tyd was dit die gewoonte onder heidene om hulle kinders aan afgode te offer.
Onthou ook dat Abraham se pa, Tera, ook ander gode gedien het (Josua 24:2).
Dus was dit waarskynlik nie vir Abraham so ‘n ongewone ding gewees nie.
Die verhaal van Abraham, Isak en Jakob is ‘n herhalende tema wat mens telkens in die Bybel raakloop van God se Belofte van Christus, en tog staan mens nie altyd lank genoeg stil by hierdie verhale nie. Ek dink dikwels tot mens se eie nadeel.
Mens moet in alle gevalle nie verwag in meesste moderne kerkruimtes, dat lank vertoef wíl word in die Ou Testament nie. Meesste het aanbeweeg na hul eie beweegruimtes, en dit blyk God se Stem het ver meer toepassings-waarde met ander vorme in luisteraars se gedagtelike ruimtes…altans, dit is mens se waarneming en belewenis reeds vir baie jare: die horlosie roep luid, en so ook die hoender in die oond, en die luilekker Sondagmiddag met ‘n boek of Televisie of ‘n rolrent, of die groot braai en kuier met familie of vriende, of die geroep van die nuwe winkelkompleks se nuwe verborge aantreklikhede en vermaak, is die ‘stem’ wat goed herken (en erken) word.
Sou mens ter voorbeeld teen slakkepas die bybelse verhaal van Izak lees, is dit asof mens die toekomstige Messias se Lig – vanuit daardie tydgleuf – reeds só kristalhelder sien weerkaats vanuit sovele ‘gebeurtenis-nodes’. God is EEN, maar tog praat Hy as Vader en Seun en Gees alreeds op soveel unieke wyses. En GOD Homself, gee dan ook dié merkwaardige belofte aan Abraham in Genesis 22:18, “…en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na My Stem geluister het…”
‘‘…O m d a t j y n a M y S t e m g e l u i s t e r h e t ….”
Hoe sou Abraham se gehoorsaamheid – ter voorbeeld – teenoor die moderne mens se gehoorsaamheid uitspeel, sou hy die volgende tekste onder oë gehad het. Sou die tekste hom genoodsaak het tot ‘n ander vorm van gehoorsaamheid? So hy Calvyn of Luther of Augustinus se ‘interpretasie stem’ moes nader trek, alvorens hy God se Stem ‘korrek’ sou kon interpreteer, en ook die ‘konteks’?
• Rom 10:8 Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig…
• 1Kor 1:18 Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God
• Openb 19:13 En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en Sy Naam is: Die Woord van God
• Kol 1:5 vanweë die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die woord van die waarheid van die evangelie
• Matt 13 :19 As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is—dit is hy by wie langs die pad gesaai is
Het ‘n vorm van ‘n TEKS eertyds met Abraham gepraat of…..hoe? Het God met hom gepraat deur woorde in sy gedagte wêreld….of deur beelde in sy gedagtes… of kombinasies van voorgenoemde….en/of het Abraham ook net ‘gehoor’ …. of ‘gesien’ binne die tydsraamwerk van ‘n minuut….of twee…of dalk was dit ‘n oortuiging/beeld wat stadig in hom gegroei het oor tyd…….dalk soms jare?… en sovele ander moontike meganismes wat mens ook hier sou kon noem?
Hedendaagse leraars – selfs vanuit hoogs geleerde konserwatiewe sfere – blyk intiem met Sy Stem vertroud te wees. Altans… dit blyk so. Maar is hul waarlik vertroud met Sy Stem?
Ek lees onlangs dié kort uitreksel vanuit ‘n tegnologiese joernaal wat in Februarie 2026 die lig gesien het, “Sycophantic Chatbots Cause Delusional Spiraling, Even in Ideal Bayesians”.
[https://arxiv.org/pdf/2602.19141 deur Kartik Chandra, Max Kleiman-Weiner, Jonathan Ragan-Kelley & Joshua B. Tenenbaum : MIT CSAIL/University of Washington, Seattle/MIT Department of Brain & Cognitive Sciences]
Dit het mens nogal laat dink aan die konsep van ‘geloof’ en ‘hoor’ en ‘stem’ en ‘praat’ in beide letterlike en nie-letterlike vorme daaroor, en mens kon onwillekeurig nie ánders, as om die tema van Isak en hierdie moderne Kunsmatige Intelligensie (KI) skrywe, met mekaar te laat ‘saamloop’ nie, al is dit bloot net binne konsepsuele kontoere van vrae handelend oor kognitiewe insig.
‘n Direkte Afrikaanse vertaling van dié KI-abstrak, lees só : “…Sikofantiese gesels veroorsaak waanagtige spiraling…, selfs in ideale Bayesiërs ”.
Dankie aan ‘Google AI’ se vertaling van Engels na Afrikaans, wat nie aldag so korrek is nie, maar tog insiggewende perspektiewe opper. In kort die volgende:
‘AI-psigose’ of ‘waanagtige* spiraalvorme’ [“AI psychosis” of “delusional spiraling” ] is ‘n opkomende verskynsel waar KI-kletsers hulself gevaarlik selfversekerd bevind in buitelandse** oortuigings na uitgebreide kletsbotgesprekke. Hierdie verskynsel word tipies toegeskryf aan KI-kletsbots se goed gedokumenteerde vooroordele om gebruikers se eise te bekragtig, ‘n eiendom wat dikwels ‘sikofaan’ genoem word. In hierdie artikel ondersoek ons die oorsaaklike verband tussen KI-sikofansie en KI-geïnduseerde psigose deur modellering en simulasie. Ons stel ‘n eenvoudige Bayesiaanse model voor van ‘n gebruiker wat met ‘n kletsbot gesels en idees van sikofansie en waanspiraling in daardie model formaliseer. Ons wys dan, dat selfs ‘n geïdealiseerde Bayes-rasionele gebruiker in hierdie model, kwesbaar is vir waan-spiraal, en dat sikofansie ‘n oorsaaklike rol speel. Verder, hierdie effek duur voort in die lig van twee kandidaat-verstellings: die voorkoming van kletsbotte om vals eise te hallusineer en gebruikers in te lig oor die moontlikheid van modelsikofansie. Ons sluit af met ‘n bespreking van die implikasies van hierdie resultate vir model-ontwikkelaars en beleidmakers wat gemoeid is met die versagting van die probleem van waan-spiraal.
Mens se vraag is dus: Leef GOD se Gees in die teks, of binne ‘n mens, en is dit vir die mens se brein vir GOD ‘n onmoontlike ruimte om te betreë met ‘n gedagte of ‘n beeld of prentjie of op enige ander manier, as net deur die Bybel?
Is GOD se GEES dus sô ruimtelik beperk, dat Hy nie die vermoë het – of kies om dit nie te gebruik – om nie te praat meer met die mens se brein direk, soos Hy met Abraham moontlik gekommunikeer het nie? Of het Abrahm ‘teks’ gehad om sy geloof te laat groei?
Of is dit blote ongeloof op ‘n enorme skaal van ‘n sikofantiese-Bybelse-eksegese wat oor eeue heen ‘reformeer’ op sikofantiese wyse verwar met ‘transformeer/vernuwing’ ?
——————————————–
μεταμορφόω
metamorphoō
met-am-or-fo’-o
From G3326 and G3445; to transform (literally or figuratively “metamorphose”): – change, transfigure, transform.
Total KJV occurrences: 4
——————————————–
* ‘waankragtige‘ : was die oorspronkilike vreemde vertaling teenoor ‘waanagtige’, en mens wonder onwillekeurig, of dié ‘foutiewe vertaling’ nie eerder die ‘waarheid’ is nie, gegewe die kragtige invloede van sovele modelsikofansie-vorme na die mens se brein. Die engelse term is ‘’delusional”
** buitelandse: die bedoelde vertaling is waarskynlik nie korrek van die engelse term ‘outlandish’ nie, maar vir doeleindes van die skrywe, word die tegniese grammatika nie as beperkend tot die bedoeling van die skrywe gesien nie.